Vettel is baas in Abu Dhabi

Die Duitser Sebastian Vettel het die F1-kampioenskap vir 2009 met glorie afgesluit toe hy die heel eerste dag/nag-formule-eenwedren in die geskiedenis gewen het. Vettel het net voor sy Red Bull-spanmaat, die Australier Mark Webber, oor die wenstreep geblits om die laaste wedren vir 2009 te wen. Dit is ‘n eerste en tweede plek vir die

Lees verder: Vettel is baas in Abu Dhabi

Nuwe belasting vir SAUK-finansiering

Suid-Afrika gaan persoonlike belasting met 1% opstoot om sy bankrot uitsaaier te finansier, pleks daarvan om op lisensiegeld staat te maak, het die Johannesburgse dagblad Business Day vandag berig. Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het in die 2007/2008-boekjaar ‘n totaal van R822 miljoen vanuit lisensie-inkomste verkry, maar die nuwe heffing op belasting sal waarskynlik twee keer

Lees verder: Nuwe belasting vir SAUK-finansiering

Ministeriële vliegtuig val

Ses mense is dood toe die vliegtuig van die Russiese minister van binnelandse sake in die oostelike Jakoetia-streek van Ria-Nowosti neergestort het. Die Iljoesjin het 11 mense aan boord gehad en het omstreeks 01:40 Satredagoggend kort ná dit in Mirni opgestyg het, neergestort. “Ses lyke is op die toneel gevind en ‘n soektog na die

Lees verder: Ministeriële vliegtuig val

Charlize veil Mandela op

Die Oscar-bekroonde Afrikaans-gebore aktrise Charlize Theron het erken sy het ’n ontmoeting met oudpres. Nelson Mandela opgeveil sonder dat hy toestemming daarvoor gegee het. Me. Amanda Silverman, Theron se reklamekonsultant, is soos volg aangehaal: “Charlize het te midde van die opgewondenheid om geld by ’n liefdadigheidsveiling in te samel ’n ontmoeting met Mandela by ’n

Lees verder: Charlize veil Mandela op

Gelykheidshof hoor Malema se argument aan

Die Gelykheidshof in Johannesburg gaan vandag die finale argument in die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, se haatspraaksaak rondom verkragting aanhoor. Malema staan tereg op klagtes van haatspraak en teistering omdat hy tydens ‘n verkiesingsvergadering in Januarie gesê het dat president Jacob Zuma se beweerde verkragtingslagoffer ‘n “goeie tydjie gehad het”. Die Sonke-netwerk vir

Lees verder: Gelykheidshof hoor Malema se argument aan

Johannesburg se ou poskantoor brand af

Sowat 30 brandweermanne is op die toneel waar die ou Johannesburgse poskantoor, ‘n historiese monument,l deur ‘n brand in puin gelê is. Nana Radebe, ‘n woordvoerder, het gesê die binneste gedeelte van die gebou is heeltemal deur die brand vernietig. Dié gebou is oorkant die Gautengse wetgewer, waar bouwerk gedoen word, geleë. Die bouwerk het

Lees verder: Johannesburg se ou poskantoor brand af

ANC eis verduideliking oor DA se wanbestuur

Die ANC het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle ‘n verduideliking eis van die DA-leier Helen Zille oor beweerde finansiële wanbestuur rondom die stad Kaapstad se beplande snelbusdiens (BRT). Die beraamde koste van dié diens het gestyg van R1,3 miljard tot R4,1 miljard. “Ons is ongelukkig en vind dit onaanvaarbaar dat Zille die blaam oorskuif na

Lees verder: ANC eis verduideliking oor DA se wanbestuur

Chirac gaan van korrupsie aangekla word

Oudpres. Jacques Chirac, 76, van Frankryk gaan van korrupsie aangekla word, het ’n vroulike ondersoekregter, Xavière Simeoni, gelas. Die aanklagte het betrekking op die tyd voordat Chirac in 1995 staatshoof geword het, toe hy burgemeester van Parys was. Hy het na bewering toe 21 poste in die Paryse munisipaliteit geskep sonder dat daarvoor gewerk is.

Lees verder: Chirac gaan van korrupsie aangekla word