Charlize veil Mandela op

Charlize Theron

Die Oscar-bekroonde Afrikaans-gebore aktrise Charlize Theron het erken sy het ’n ontmoeting met oudpres. Nelson Mandela opgeveil sonder dat hy toestemming daarvoor gegee het.

Me. Amanda Silverman, Theron se reklamekonsultant, is soos volg aangehaal: “Charlize het te midde van die opgewondenheid om geld by ’n liefdadigheidsveiling in te samel ’n ontmoeting met Mandela by ’n Suid-Afrikaanse reispakket gevoeg sonder om vooraf toestemming by sy kantoor te vra.”

Dit het daarna geblyk so ’n ontmoeting is nie moontlik nie. “Die skenker wat suksesvol op die pakket gebie het, is nou bewus daarvan dat die ontmoeting met Mandela nie sal plaasvind nie. Almal is egter steeds in die wolke oor die suksesvolle veiling,” het Silverman gesê.

Die internasionale media het vroeër vandeesweek berig dat Theron by ‘n liefdadigheidsveiling ‘n ontmoeting met Mandela in Suid-Afrika opgeveil het, tesame met ‘n reis na die 2010-sokkerwêreldbeker.

Aanvanklik kon Theron die bod net tot R280 000 opstoot, waarna sy die bedrag verhoog het deur ’n soen by die pakket in te gooi. ’n Vrou was bereid om meer as R1 miljoen vir die soen en ’n ontmoeting met Mandela te betaal.

Sowel Silverman as die Nelson Mandela-stigting het gesê dat so ‘n ontmoeting nie moontlik is nie.

Die uitvoerende beampte van die stigting, Achmat Dangor, het op berigte verlede Woensdag gereageer deur te sê dat daar ‘n baie streng proses gevolg word om ‘n ontmoeting met Mandela te verkry.

“Nie eens die liefdadigheidsorganisasies wat Mandela self tot stand gebring het, word toegelaat om tyd met hom op te veil nie,” het Dangor gesê.

декоративное освещение магазиновОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae