Johannesburg se ou poskantoor brand af

Sowat 30 brandweermanne is op die toneel waar die ou Johannesburgse poskantoor, ‘n historiese monument,l deur ‘n brand in puin gelê is.

Nana Radebe, ‘n woordvoerder, het gesê die binneste gedeelte van die gebou is heeltemal deur die brand vernietig.

Dié gebou is oorkant die Gautengse wetgewer, waar bouwerk gedoen word, geleë.

Die bouwerk het veroorsaak dat brandweermanne nie toegang tot die brandende gebou kon kry nie.

Teen laat Sondagaand, het twee verdiepings van die gebou meegegee.

‘n Voorlopige ondersoek na die brand sal gedoen word sodra die brand geblus is.

‘n Oogetuie het glo gesien hoe die brand gestig is deur koperdiewe.

Brandweerwaens het Rissik-, Mark- en Presidentstraat versper.

Niemand is in die brand beseer nie.

 

циклевка паркета без выноса мебелиАлександр Фильчаков прокурор