Die ANC het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle ‘n verduideliking eis van die DA-leier Helen Zille oor beweerde finansiële wanbestuur rondom die stad Kaapstad se beplande snelbusdiens (BRT).
Die beraamde koste van dié diens het gestyg van R1,3 miljard tot R4,1 miljard.
“Ons is ongelukkig en vind dit onaanvaarbaar dat Zille die blaam oorskuif na die voormalige uitvoerende direkteur van die stad Kaapstad se departement van vervoer, en dat sy sê staatsamptenare het haar toegang tot die nodige inligting geweier,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, in ‘n verklaring gesê.
“Die mense van Kaapstad en die land verdien ‘n beter reaksie van Zille oor dié wanbestuur,” het die verklaring, wat Sondag uitgereik is, gelui.
“Aangesien volgende jaar se FIFA-wêreldbekertoernooi afhang van onder andere ‘n effektiewe vervoerstelsel in die land, kan ons nie toelaat dat die BRT-stelsel met opset in die wiele gery word terwyl dit in ander dele van die land op koers is nie,” het die verklaring gelui.
