Polisie in Alexandra ontplooi

Polisie is in Alexandra ontplooi nadat die dodetal in geweld teen buitelanders tot drie gestyg het. 'n Man is Maandagaand doodgeskiet en een is beseer, het die polisie vandag bekend gemaak. Albei slagoffers is Suid-Afrikaners.
Twee van die drie mense wat die lewe gelaat het sedert Sondag, is ook Suid-Afrikaans.

'n Totaal van 39 mense is gister in die Johannesburgse lokasie in hegtenis geneem.

Kriminele het intussen die situasie uitgebuit en plundery kom voor.

Die polisie-eenheid vir Openbare Orde is ontplooi om die toestand te monitor en kalmte te herstel.

кварцвиниловая плитка укладка на фанерулобановский александр фото

Ses gearresteer by ANC-konferensie

Ses mense is in hegtenis geneem by Sun City gister nadat hulle probeer het om die ANC se provinsiale konferensie by te woon. 'n Groep mense het deur 'n versperring van ANC-toesighouers by die ingang gebreek en die polisie met klippe bestook. 

Die polisie het van rubberkoeëls gebruik gemaak om hulle uiteen te jaag. Mbeki se volgelinge is in die meerderheid by die konferensie en Zuma-ondersteuners glo dit is 'n manier om hulle daarvan te weerhou om deel te neem.

Die mense wat nie kon inkom nie, glo dat die konferensie nie verteenwoordigend is nie. Sondagaand het die polisie 40 mense hardhandig uit die luukse oord verwyder nadat hulle aan die konferensie wou deelneem.

тамбов подъемникиФильчаков прокуратура харьков

Die einde van ‘n bus-era

Swart kinders en geel skoolbusse, wat swartes in staat gestel het om skole in hoofsaaklik wit gebiede by te woon, het geskiedenis

Image

Skoolbus in die VSA

gemaak in die VSA. Maar dit is op die punt om te verander in Milwaukee. Milwaukee is die grootste stad in die deelstaat Wisconsin.

Die Milwaukee Skoolraad het verlede week besluit om die getal busse drasties te verminder omdat hulle die $57 miljoen wat daarop bestee word as 'n vermorsing op 'n mislukte beleid beskou.

'n Lid van die Skoolraad en onderwysspesialis sê dat hulle besig was om skole in die mees stabiele swart woonbuurte in die stad te sluit as gevolg van die busse en dat iets met die prentjie geskort het.

Kennelik is skooldesegregasie in Milwaukee iets wat tot die verlede behoort soos die bekende 1945 hofuitspraak van Brown v. Board of Education, om nie van ware integrasie te praat nie.

какой генератор выбратьлобановский александр игоревич

SOO-verslag s? Zim is op Suid-Afrika se drumpel

'n Verslag wat deur die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming, die SOO, uitgereik is hierdie week sê 'n rassistiese Zimbabwe-styl houding jeens grondsake is besig om gestalte te verkry in Suid-Afrika. Volgens die verslag het grondhervormingsbeleid daartoe bygedra dat 'n situasie heers waar niemand wen nie en almal verloor.

Voorts beweer die verslag dat swart kommersiële boere wat vooruit boer ook met grondeise worstel, wat suksesvolle swartmense ontmagtig. Ten minste 50% van gondhervormingsprojekte word as totale mislukkings beskryf in die verslag.

Sloering met oordragte en gebrekkige ondersteuning van opkomende boere het voedselproduksie drasties verminder en het bygedra tot hemelhoë kospryse.

In Limpopo se Levubu-vallei, bekend as die vrugtemandjie van landbou, waar al die plase grondeise in die gesig staar, het produksie dramaties afgeneem die afgelope drie jaar vanaf 300 ton tot 60 ton.

cluedo gameЛобановский Харьков

Zille eis Mbeki se bedanking

Helen Zille, leier van die DA, het gister geëis dat Thabo Mbeki bedank as gevolg van sy inmenging met staatsinstellings soos die SAUK en die nasionale vervolgingsgesag. Sy hou hom ook verantwoordelik vir die huidige elektrisiteitskrisis.

Verder is Zille insgelyks gekant teen 'n toekomstige president Jacob Zuma. Volgens haar het Zuma en sy vennote reeds hul minagting vir die grondwet getoon.

Die DA eis dat die nasionale vergadering ontbind en dat daar 'n nuwe verkiesing gehou word.

online rouletteФильчаков Харьков

Skare val buitelanders aan in Alexandra

Image

Beseerdes in Alex

'n Skare in Alexandra, 'n lokasie in die noorde van Johannesburg, het gister 'n groep immigrante aangeval, twee doodgemaak en omtrent 40 beseer, volgens die polisie.

Hierdie voorval volg op ander soortgelyke aanvalle wat 'n maand gelede op buitelanders in lokasies in die Pretoria-omgewing plaasgevind het.

Konstabel Neria Malefetse, 'n woordvoerder van die polisie, sê dat die aanval plaasgevind het weens die misdaadbedrywighede in die lokasie wat aan buitelanders toegeskryf word.

Sekere van die slagoffers was Zimbabwiërs, wat tot die grootste enkele groep immigrante in die land behoort.

купить пуско зарядное устройство для автомобильного аккумуляторалобановский харьков

Minister s? daar is geen verband in SABC-geskil

Geen verband bestaan tussen die skorsings van Dali Mpofu en Snuki Zikalala nie, volgens die minister van Kommuniskasie, Ivy Matsepe-Casaburri. Matsepe-Casaburri sê Mpofu se skorsing het te make met 'n bestuurskwessie.

Sy het voorheen belowe dat die regering nie sal inmeng in die geskil tussen die SAUK-raad en sy uitvoerende bestuur nie.

Die minister het aangedui dat sy egter nog geen terugvoering van Mpofu ontvang het om haar siening meer gebalanseerd te maak nie.

Sy het die publiek gemaan om kalm te bly en om spekulasie te vermy sodat verdere skade aan die beeld van die openbare uitsaaier wat aan almal behoort, kan beëindig word.

светильники потолочные светодиодныеданильченко юрій Харків

Skerpioene wil Zuma vernietig, s? MK

Die Umkhonto weSizwe-veteranevereniging (MKVA) sê die Skerpioene moet ontbind word, omdat hulle ‘n teen-rewolusionêre mag is wat daarop uit is om mnr. Jacob Zuma, president van die ANC, te vernietig.

Mnr. Kebby Maphotsoe, die MKVV se nasionale voorsitter, het Saterdag by dié assosiasie se konferensie in Gauteng gesê die Skerpioene is die tande van ‘n teen-rewolusionêre beweging in Suid-Afrika en dat hulle vol gif is.

Hy verduidelik dat misdadigers soos Mark Thatcher en Adriaan Vlok vrygespreek is, maar ANC-leiers voel die “brandende haatsteek van die Skerpioene”.

Maphotsoe voer verder aan dat Zuma se ondersoek gelei word deur die Skerpioene, maar dat dit verder aangedryf word deur die media en die opposisie, spesifiek die Demokratiese Alliansie (DA).

“Die ondersoek duur te lank.  Mens kan nie iemand vir nege jaar lank ondersoek nie.  Eers vir die wapentransaksie van R500 000 en dan vir ‘n karwas van R10.  Geregtigheid wat uitgestel word, is geregtigheid wat ontken word,” sê Maphotsoe.

Hy sê ook dat politieke inmenging in dié saak broodnodig is, juis omdat dit ‘n polities gedrewe hofsaak is.

“Hoekom kan Tony Blair in die Verenigde Koninkryk ‘n ondersoek na ‘n wapentransaksie kanselleer om die land se belange te beskerm en ons kan nie dieselfde doen nie?  Is die motivering agter die hele ondersoek nie miskien om die ANC te vernietig nie?”

Maphotsoe kritiseer ook sekere ANC-lede daarvan dat hulle hulself nou skaar in die Zuma-kamp, net om vir hulle setels te verseker wanneer die verkiesing kom.  Hy doen ‘n beroep daarop dat dié mense, wat voor die Polokwane-konferensie in die Mbeki-kamp was, ontbloot moet word.

Nóg ‘n spreker by die MKVA-konferensie die naweek was die ANC-voorsitter in Gauteng en ook die party se provinsiale minister van finansies, mnr. Paul Mashatile.  Hy het op sy beurt gemaan daarteen dat ANC-lede hulself beskou as die bewaarders van besluite wat geneem is tydens die ANC-konferensie.  “Ons as party het almal saam besluite geneem en ons almal is die verdedigers daarvan,” sê Mashatile.

липецк очисткаАлександр Фильчаков

SA graankrisis neem toe

Image

Koringplaas

Suid-Afrika staar nóg ‘n krisis in die gesig, dié keer in die graanbedryf. ‘n Moontlike voedseltekort dreig met die stygende voedselpryse en die afname in plaaslike graanproduksie.

Die probleem is te wyte aan verskeie faktore, maar hoofsaaklik as gevolg van die regering se besluit om die buiteland ook op die plaaslike mark te laat meeding.  Ander bydraende faktore wat dit byna onbekostigbaar maak vir graanboere is vervoer en die verval van infrastruktuur in Suid-Afrika, soos byvoorbeeld spoorwegvervoer wat, hoewel goedkoper, onprakties geword het.

Volgens die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens het graanproduksie vanaf 2,5 miljoen ton in 1997, tot 1,8 miljoen verlede jaar gedaal.

Mnr. Nico Hawkins, bestuurder van Graan Suid-Afrika (GSA) se nywerheidsdienste, sê die regering het in die 1990’s begin wegbeweeg van ‘n selfonderhoudende beleid sover dit voedselproduksie betref.  Die nuwe voedselbeleid bring kortom mee dat:  “solank as wat voedsel goedkoper op die internasionale mark is as die produksiekoste in Suid-Afrika, gaan dit nie lonend wees om dit self te verbou nie”.

GSA doen nou ‘n beroep op die regering om invoertariewe te verhoog.  Hawkins verduidelik dat die vryemarkstelselbeleid dit moontlik maak vir die regering om tariewe te gebruik om boere te beskerm ten tye van lae winsgewendheid.

“Ons (die GSA) het die regering al in 2006 gevra om invoertariewe te verhoog, maar hulle het geweier.  Dit het tot gevolg gehad dat die plaaslike mark nie beskerm was nie en sommige boere is ontmoedig om verder te boer,” sê Hawkins.

Mnr. Hans van der Merwe, die besturende direkteur van AgriSA, meen weer dat verhoogde invoertariewe nie die antwoord is nie.  Ontwikkelende lande kan eenvoudig net nie meeding met die subsidies wat die staat aan reeds onwikkelde lande se boere betaal nie.  Deur te probeer om daardie subsidiebedrae te ewenaar, gaan dit in elk geval voedselpryse die hoogte in laat skiet. 

Van der Merwe sê: “Dit gaan heeltemal onbekostigbaar word vir arm mense om kos te koop, as die invoertariewe verhoog word.  Die belangrikste is egter dat alhoewel subisidies steeds aangewend word in ryker nasies om hul landbousektor te ondersteun, is dit teen die gees en reëls van die Wêreldhandelsorganisasie”.

Volgens mnr. Jannie de Villiers, besturende direkteur van die Meulenaarsvereniging, dra die steeds verslegtende toestand van Suid-Afrika se infrastruktuur ook by tot die groeiende graankrisis.  “In 1985 is 85% van Suid-Afrika se graan per spoor vervoer.  Vandag is dit net 50% daarvan, ten spyte van die feit dat padvervoer 30% duurder is,” sê De Villiers.

Nóg ‘n bydraende faktor tot die krisis is as gevolg van ‘n tekort aan navorsing op dié gebied.  Ferdi Meyer, ‘n senior lektor aan die Universiteit van Pretoria in landbou-ekonomie sê:  “Navorsing en ontwikkeling het so te sê heeltemal ineengestort as gevolg van beperkte fondse en swak bestuur die laaste paar jaar.  Baie min navorsing word nog gedoen met minimale finansiële ondersteuning van privaat instellings.”справка о болезниАлександр Фильчаков прокурор

Wiskunde en wetenskap te moeilik, s? SA leerlinge

ImageWiskunde en wetenskap is te moeilik en veeleisend, meen Suid-Afrikaanse skoolleerlinge. Meer as 60% van die 7 000 leerlinge wat aan 'n opname deur Mark Shuttleworth se stigting deelgeneem het, meen dit is waarom Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskappunte so laag is vergeleke met ander lande.

Die bevindinge is gister gepubliseer om saam te val met Wiskunde- en Wetenskapweek wat vandag begin en tot 17 Mei sal aanhou.

Terwyl Suid-Afrika se swak prestasie op dié gebied gewoonlik aan swak opgeleide onderwysers toegeskryf word, weet leerlinge van beter want slegs 13% dink dat slegte onderwysers vir die swak akademiese prestasie en klein aantal leerlinge wat wiskunde en wetenskap as vakke neem, verantwoordelik is.

nights gameФільчаков Олександр Васильович прокурор