Westerse magte stres oor Iran se satelliettegnologie

Westerse magte worstel om Iran se kernambisie hok te slaan en sê hulle is “intens besorg” oor die Islamitiese Republiek se tegnologiese sprong met die lansering van hulle eerste binnelandsgeboude satelliet in 'n wentelbaan in. Die tegnologie om satelliete te lanseer is “uiters soortgelyk aan ballistiese (missiel)-vermoë,” sê 'n segsman vir die Franse buitelandse ministerie,

Lees verder: Westerse magte stres oor Iran se satelliettegnologie

Gasa-vuurpyl land in Israeli-stad

'n Vuurpyl wat afgevuur is uit die Hamasbeheede Gasastrook het Dinsdag in die Israeli stad Ashkelon geland, maar geen beserings veroorsaak nie, het Israelse Amptenare gesê. Daar was geen onmiddellike erkennings van verantwoordelikheid vir die aanval van Palestynse gewapende faksies in Gasa nie. Die gebied herstel steeds na 'n moordende 22-dae lange Israelse aanval wat

Lees verder: Gasa-vuurpyl land in Israeli-stad

Tweede treinongeluk binne 24 uur tref PWV-gebied

Gauteng is Maandag getref deur twee treinongelukke binne 12 ure, beide met meer as 100 beserings wat aangemeld is. Meer as 100 mense is Maandag laatmiddag beseer toe twee passasierstreine in 'n kop aan kop botsing betrokke was by die Springs-Wes stasie in Ekurhuleni, het ER24 nooddienste gesê. Vroeër is omtrent 160 mense, insluitend 'n

Lees verder: Tweede treinongeluk binne 24 uur tref PWV-gebied

Cholera in Krugerwildtuin ‘geen gevaar vir toeriste’

Die riviere in die Nasionale Kruger Wildtuin se riviere wat met cholera besmet is, hou geen gevaar in vir toeriste en personeel nie, het Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SAN Parke) Maandag gesê. Dr. David Mabunda, die hoof uitvoerende beampte van SAN Parke het gesê daar is geen gevaar dat cholera gekry kan word deur drinkwater in

Lees verder: Cholera in Krugerwildtuin ‘geen gevaar vir toeriste’

Serwi?r verloor app?l teen uitlewering oor oorlogsmisdade

'n Selferkende Serwiese paramilitêre bevelvoerder het Dinsdag sy appèl teen uitlewering aan Kroasië, waar hy moet teregstaan vir oorlogsmisdade, verloor. Dragan Vasiljkovic (54) het beskuldigings ontken dat hy beveel het dat ondergeskiktes moord moet pleeg en op burgerlikes moet skiet gedurende die bloedige verdeling van die voormalige Joegoslawië in die vroeë 1990's, en het teen

Lees verder: Serwi?r verloor app?l teen uitlewering oor oorlogsmisdade

Olie bly steeds bo $40 in Ooste

Oliepryse het Dinsdag in Asië steeds bo $40 per vat gebly na dit oornag afgetrek is deur nog slegte Amerikaanse ekonomiese nuus, wat dui op 'n ergerwordende resessie in die wêreld se grootste ekonomie. Ligte, soet ru-olie vir lewering in Maart het met 35 sent gestyg tot $40,43 per vat teen middagtyd in Singapoer in

Lees verder: Olie bly steeds bo $40 in Ooste

Johannesburgse metropolisie staak vir 2de dag

Johannesburgse metropolisie gaan nog 'n protesoptog hou op Dinsdag, die 2de dag van 'n staking wat werk by lisensiëring- en toetsstasies tot 'n stilstand gebring het, het 'n woordvoerder gesê. Hoof superintendent Wayne Minnaar het gesê die opmars sal omtrent 10uur begin by die Brixton brandweerstasie en na die metropolisie se hoofkwartiere gaan in Martindale.

Lees verder: Johannesburgse metropolisie staak vir 2de dag

Menseregtegroep vra Kongo om Ntaganda aan strafhof te oorhandig

'n New York gebaseerde menseregte advokaat het Maandag 'n beroep gedoen op die DRK om die voormalige rebelleleier Bosco Ntaganda te arresteer en te oorhandig aan die internasionale kriminele hof vir 'n verhoor. "Ons doen 'n beroep op julle om aan julle juridiese diens opdrag te gee om Ntaganda te arresteer en oor te dra

Lees verder: Menseregtegroep vra Kongo om Ntaganda aan strafhof te oorhandig

VN-hoof dink Zim-kompromie is ‘nie volmaak nie’

Die VN-hoof het Maandag gesê dat hy nie dink die nuutgevormde nasionale eenheidsregering is 'n volmaakte oplossing nie, en dat dit slegs Zimbabwe se politieke krisis kan oplos indien president Mugabe verdere vooruitgang maak. VN sekretarisgeneraal Ban Ki-Moon, wat Sondag met Mugabe vergader het terwyl die Afrika Unie beraad aan die gang was in Addis

Lees verder: VN-hoof dink Zim-kompromie is ‘nie volmaak nie’

Soedannese bomme klap naby dorp in Darfoer

Soedannese vliegtuie het Maandag bomme gegooi naby aan 'n dorp wat deur rebelle beset word in Darfoer, nadat die regering gevra het dat die vredesmaglede die gebied moet verlaat voor die beplande aanval, het die internasionale mag gesê. Duisende burgerlikes het skuiling gesoek rondom 'n basis wat bestuur word deur 'n gesamentlike VN/Afrika Unie mag

Lees verder: Soedannese bomme klap naby dorp in Darfoer