Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe gaan van aangesig tot aangesig met sy politieke aartsvyande te staan kom as hy Vrydag teen Julius Malema en ander ANC-Jeugligaleiers getuig. Mantashe sal voor die ANC se nasionale dissiplinêre komitee verskyn om die aanklag dat Malema en sy kamerade ‘n vergadering van die regerende partybase verlede maand binnegestorm
Zille skuif Wes-Kaapse misdaad af op ANC
Wes-Kaapse Premier, Helen Zille, sal ‘n dringende vergadering met President Jacob Zuma aanvra om die dwelm-en alkohol “pandemie” te bespreek. Zille sê die probleem is buite beheer en is verantwoordelik vir 80% van die geweldsmisdade in haar provinsie. Volgens Zille, is die dwelm-en alkohol verslawingskrisis in die Wes-Kaap erger as MIV/vigs of enige ander openbare
Rugby sal sonder Afrikamusiek gespeel word
Die eentonige blaasinstrument wat Afrika se sportondersteuning kenmerk, die vuvuzela, sal nie by Nieu-Seeland se Wêreldbeker-stadions toegelaat word nie. Dié instrument is een van verskeie items wat nie by die rugby-toernooi toegelaat sal word nie. Toeskouers mag ook nie fluitjies, sambrele, rolskaatse, meubels en motoronderdele saambring om ruby te kyk nie. Toernooi-beamptes mag ook hul
Minister ontken plaasmoorde
Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gesê alle plattelanders word deur misdadigers as sagte teikens beskou, want plase is moeilik bekombaar weens slegte paaie en groot afstande. Plattelandse polisiekantore bedien ‘n uitgestrekte gebied, het hy gesê. Die minister het gesê die moordkoers is die laagste sedert die einde van apartheid. In dié tyd het die ANC
SA bly onveilig, veral ook vir vroue
“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die afname in meeste van die geweldsmisdade soos moord met 6,5%. Dit is duidelik dat die Wêreldbekersokker met hoër en meer sigbare polisiëring ‘n groot rede was. Suid-Afrikaners moet egter nie mislei word deur die statistiek nie. Die wêreldgemiddeld vir moord is tans 7 per 100 000 van die bevolking en
Niger sal Gaddafi nie huisves nie
Libië se Nasionale Oorgangsraad het ‘n afvaardiging na Niger gestuur om te vra dat hulle nie skuiling bied aan die afgesette leier, Moeammar Gaddafi, indien hy probeer om die land binne te kom nie. Suid-Afrika het intussen aangedui dat hulle nie op hoogte is van Gaddafi se planne nie en ook nie daaroor geraadpleeg is
Solidariteit verwerp Eskomaanbod
Meer as 16-duisend Eskomwerkers maak gereed om te staak nadat loononderhandelinge vasgeval het. Die National Union of Mineworkers sê optogte is op koers as ‘n opbou vir die staking. Eskom het egter gesê die vakbonde moet eers arbitrasie deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie probeer voordat hulle staak. ‘n Woordvoerder, Hillary Joffe, sê
‘SADOU die probleem in die onderwys’
Die onderwysvakbond SADOU is daarvan beskuldig dat hy pogings in die wiele ry om gehalte-onderwys te lewer. Die uitvoerende direkteur van die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming, Ann Bernstein, sê die invloed waaroor die vakbond beskik, sal ingekort moet word, indien Suid-Afrika sy standaard van onderwys wil verbeter. SADOU het voorheen die skuld gekry vir
Implats gedagvaar deur Mugabe-regime
Die Zimbabwiese regering gaan Impala Platinum, die tweede grootste platinum-produsent ter wêreld, vervolg, berig RSG. Die besluit is geneem omdat dié maatskappy nog nie die vereiste 51% aandelebelang in sy Zimbabwiese bedrywighede aan plaaslike swart mense oorgedra het nie. Impala Platinum het vroeër die jaar gesê hy sal tot soveel as R73 miljard in Zimbabwe
Mugabe berispe MIV-rondslapers
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het manlike regeringsbeamptes daarvan beskuldig dat hulle “van een vrou na ‘n ander hardloop” en sodoende MIV versprei, het staatsmedia Dinsdag berig. “Ons mans is nie tevrede met een vrou nie, al weet hulle dat hulle MIV-positief is,” het Mugabe tydens ‘n MIV/Vigs-konferensie in Harare gesê. “Ek weet van gevalle
