Nou Vrydag het ek ‘n onverwagse besoek van die balju gehad. Media24, Leopold Scholtz en Christo van der Rheede wil op my bates beslag lê. Om hul regskoste van ons vorige lastersaak te verhaal, gaan hulle waarskynlik poog om my te sekwestreer en my huis onder my uit te verkoop. Dis nou volgens die balju.
12 wat skool afbrand vas
Agt vroue en vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering klaskamers aan die brand gesteek het gedurende ‘n betoging oor dienslewering in Bona-Bona, het die polisie Saterdag in Noordwes gesê. Brig. Thulani Ngubane het gesê die 12 mense sal van brandstigting, openbare geweld en opsetlike eiendomsbeskadiging aangekla word. Hulle het glo Woensdag
‘n Uitgekontrakteerde buitelandse beleid
Afrikaners se rol en posisie binne Suid-Afrika is ten minste die laaste 20 jaar doelgerig ondergrawe deur die onderhandelaars van Kodesa – met die hulp van die monopolistiese media – in die naïewe geloof dat ‘n swart “demokraties verkose” regering in toom gehou sal word deur ‘n uitgekontrakteerde buitelandse beleid, en dat ons op een
Boer gewond in jongste plaasaanval
Drie aanvallers wat ‘n boer gewond toe hulle by Tarentaal buite Tzaneen in Limpopo op hom geskiet het, is nog op vrye voet. Moatse Ngoepe, ‘n polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het by ‘n hoenderplaas opgedaag en ‘n werker vasgebind. Hy is glo aangerand het, het RSG berig. Die radiostasie berig die 46-jarige boer het ‘n
Uiterste koue in 5 provinsies verwag
Vyf provinsies is gewaarsku om uiters koue toestande die naweek te verwag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, suidelike Vrystaat en KwaZulu-Natal. Volgens die waarskuwing sal ‘n afgesnyde laagdrukstelsel en kouefront vandag oor die land inbeweeg, wat bitter koue toestande, swaar reën, sneeu en sterk wind tot gevolg sal hê.
Polisie ontken dat hulle pepersproei wat tot dood lei, gebruik het
Die polisie het ontken dat hy pepersproei gebruik het op ‘n skare buite ‘n lesingsaal in Thohoyandou in Limpopo waar president Jacob Zuma die Nelson Mandela-eeufeesgedenklesing gelewer het, berig RSG. Die polisie sê lede van die ANC Jeugliga of pro-Zuma ondersteuners het waarskynlik die sproei gebruik. Die 68-jarige Aplheus Moseri van Matatadibeng by Denelton is
Lees verder: Polisie ontken dat hulle pepersproei wat tot dood lei, gebruik het
Oerknal was ‘n Aprilgek-grap
Die oerknal was niks meer as ‘n Aprilgek-grap nie. So sê een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde wetenskaplikes, professor Jan Boeyens wat onder meer dekaan by Wits se Fakulteit Wetenskap was en tans by Tukkies se Departement Fisika betrokke is. Boeyens is al met verskeie toekennings vereer onder meer die Alexander von Humboldt-prys vir teoretiese
Buthelezi deur Amakhosi in die rug gesteek
IVP-president Mangosuthu Buthelezi, het ‘n belangrike posisie as die voorsitter van die Zoeloelandhuis van Tradisionele Leiers verloor hierdie week. Mangosuthu Buthelezi beweer dat die ANC die Amakhosi omgekoop het om hom van die politieke kaart te vee. Hy het Woensdag gesê dat die uitslag nie demokraties was nie. Buthelezi, die voormalige voorsitter van die Huis,
Betogers val pa en seun aan in Durban
Een betoger is dood en ander ernstig beseer nadat ‘n pa desperaat probeer het om weg te kom van oproeriges wat hom en sy seun wou aanval tydens ‘n diensleweringsopstand in Durban Donderdag. Sowat 500 inwoners van die Puntans Hill-informele nedersetting het om 03:00 begin amok maak, omdat die munisipaliteit onwettige elektriese verbindings vroeër hierdie
Monopolistiese media bedreig mediavryheid sê SAKP
Die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Blade Nzimande, sê ‘n gebrek aan diversiteit in media-eienaarskap is die grootste bedreiging tot mediavryheid in die land. Volgens RGS het Nzimande by die party se nasionale kongres by die Universiteit van Zoeloeland teen monopolistiese media-eienaarskap gepleit. Nzimande sê nog een van die probleme is buitelandse inmenging dmv die
Lees verder: Monopolistiese media bedreig mediavryheid sê SAKP
