Agt vroue en vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering klaskamers aan die brand gesteek het gedurende ‘n betoging oor dienslewering in Bona-Bona, het die polisie Saterdag in Noordwes gesê.
Brig. Thulani Ngubane het gesê die 12 mense sal van brandstigting, openbare geweld en opsetlike eiendomsbeskadiging aangekla word.
Hulle het glo Woensdag twee gassilinders in twee aparte klaskamers geplaas. Die 15 rekenaars was in die twee klaskamers wat aan die brand gesteek is.
Die inwoners het betoog oor die swak dienslewering in die omgewing.
Hulle het ook glo drie watertenks in ‘n brand vernietig.
Die 12 mense sal na verwagting Maandag in die Ganyesa-landdroshof verskyn.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.