Drie aanvallers wat ‘n boer gewond toe hulle by Tarentaal buite Tzaneen in Limpopo op hom geskiet het, is nog op vrye voet.
Moatse Ngoepe, ‘n polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het by ‘n hoenderplaas opgedaag en ‘n werker vasgebind. Hy is glo aangerand het, het RSG berig.
Die radiostasie berig die 46-jarige boer het ‘n lawaai gehoor en ondersoek ingestel waarna die verdagtes op hom geskiet het.
Die rowers het ‘n onbekende bedrag geld uit die huis gesteel.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.