Die polisie sê lede van die ANC Jeugliga of pro-Zuma ondersteuners het waarskynlik die sproei gebruik.
Die 68-jarige Aplheus Moseri van Matatadibeng by Denelton is Donderdag dood nadat hy pepersproei ingeasem het toe die skare voor die lesing handgemeen geraak het.
Vyf ondersteuners van die ANC-jeugliga, wat Dinsdag in hegtenis geneem is, is op waarskuwing vrygelaat.
Minstens 300 ondersteuners van die geskorste president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het buite die Holy Worship-kerksaal in Thohoyandou saamgekom voordat Zuma opgedaag het.
Die polisie se hulp is ingeroep om die situasie te ontlont en vyf van die ondersteuners is in ‘n polisiewa gebondel en weggeneem.
Hulle is slegs ‘n ernstige waarskuwing gegee om nie weer probleme by die verrigtinge te veroorsaak nie. Hulle het daarna ingestem en is op waarskuwing vrygelaat.
Die oud-MK sekuriteitsbeamptes wat Malema-ondersteuners aangerand het, het blykbaar geen waarskuwing ontvang nie.
