Die voorsitter van die Zimbabwiese verkiesingskommissie sê die tweede ronde van die presidentsverkiesing mag eers oor 'n jaar plaasvind. Dié amptenaar, George Chiweshe, het so 'n uitspraak teenoor die hoof van 'n span parlementariërs van die Pan-Afrikaanse Parlement, Marwick Khumalo, gemaak. Volgens Chiweshe is dit nie moontlik om die verkiesing binne 21 dae te organiseer
22 Sterf in Mosambiek-tronke
Ongeveer 22 gevangenes is die afgelope vier maande in Mosambiek oorlede, meeste van hulle weens ‘n tekort aan mediese hulp. Mosambiek se staatsbeheerde koerant berig dat Francisco Mathe, bestuurder van die Tjimoio-gevangenis in die Manica-provinsie, sê meeste van die oorledenes is aangehoudenes wat nog nie skuldig bevind is aan enige misdaad nie. Die meeste slagoffers
Mpofu geskors nadat hy Zikalala skors
Dali Mpofu Dali Mpofu, hoof van die SAUK, is geskors met onmiddellike ingang. Mpofu is 'n Zuma-ondersteuner. Die aankondiging kom 'n dag nadat Mpofu Snuki Zikalala, die nuushoof, geskors het. Die Raad sê dat beweringe teen die Uitvoerende hoof sluit in dat hy nie die Raad se besluite uitgevoer het nie. Mpofu is geskors met
Suid-Afrika voer krag uit!
Elektrisiteitsuitvoere het met soveel as 6,1 persent gestyg in 'n jaar-op-jaar vergelyking, terwyl elektrisiteitsvoorsiening na die nege provinsies met 1,7 persent gedaal het volgens Statistiek Suid-Afrika. Hoofekonoom Mike Schussler van T-sec het gister in Business Report verklaar dat Suid-Afrikaners ook 3,7 keer meer vir elektrisiteit betaal as wat die gemiddelde verkoopprys in naburige lande is.
Zuma jaag kerke die harnas in
ANC president Jacob Zuma het kerkleiers vies gemaak met sy stelling dat God sal toesien dat die ANC vir ewig regeer. Zuma het in Khayelitsha gesê dat selfs God verwag dat die ANC die land moet regeer omdat dit die enigste organisasie is wat deur kerkleiers geseën is toe dit tot stand gekom het. Die
Malariaweerstand mag vergroot
'n Derde van antimalaria medisyne wat in Ghana, Kenia, Nigerië, Rwanda, Tanzanië en Oeganda verkoop word, slaag nie basiese kwaliteitstoetse nie. Substandaardantimalaria medisyne veroorsaak 200 000 sterftes wat vermy kon word elke jaar. Dr. Roger Bate van die Amerikaanse Ondernemingsinstituut sê dat substandaardmedisyne nie alleen lewens vandag bedreig nie, maar ook die toekoms van toekomstige
Etniese geweld vlam weer in Ghana op
Etniese geweld in die noorde van Ghana het weer opgevlam hierdie week waarin vyf mense gedood is. Die polisie het om en by 70 mense in hegtenis geneem wat betrokke was by gevegte. 'n Aandklokreël is van toepassing in Bawku en die minister van Binnelandse Sake sê die polsie het mense so te sê onder
Oorlogspraatjies in Georgi
Spanning is stadig maar seker besig om op te laai nadat Georgië Rusland daarvan beskuldig het dat hulle 'n onbemande vliegtuig oor Abkhasië, 'n wegbreekgebied van Georgië, afgeskiet het verlede maand. 'n Georgiese minister het gister aan die media in Brussel gesê dat hulle nou defnitief 'n oorlog moet verhoed. Georgië, 'n lewensbelangrike energievervoerroete in
Diewe diskrimineer nie, dankie tog
Libertas Diewe diskrimineer nie, dankie tog. Dis vir my hartsverblydend om te sien dat die gemiddelde dief en skelm nie 'n rassis is wat aandring daarop om slegs blankes te teiken nie. Dit spreek duidelik uit die insident waar die presidentswoning deur dié soort mense uitgesoek is vir regstellende inkopies in die vorm van weerligafleiers
Super Aguri tree uit
Super Aguri is uit! Die Japannese span moes noodgedwonge uit die Formule Een-arena tree as gevolg van 'n tekort aan fondse. Die span worstel met finansiële probleme sedert 'n aanbod van 'n magnaat van Dubai, die Magma-groep, in April deur die mat geval het. Die span se toekoms was op die spel nadat hulle
