Tweede ronde in Zim eers oor ‘n jaar

Die voorsitter van die Zimbabwiese verkiesingskommissie sê die tweede ronde van die presidentsverkiesing mag eers oor 'n jaar plaasvind. Dié amptenaar, George Chiweshe, het so 'n uitspraak teenoor die hoof van 'n span parlementariërs van die Pan-Afrikaanse Parlement, Marwick Khumalo, gemaak.

Volgens Chiweshe is dit nie moontlik om die verkiesing binne 21 dae te organiseer soos wat die grondwet van Zimbabwe vereis nie. Daarom gaan die ZVK gebruik maak van 'n uitstelklousule waarvoor die wet voorsiening maak.

Omdat die verkiesingskommissie eers verlede Vrydag die uitslag van die eerste ronde aangekondig het, het dit teoreties tot 24 Mei om die uitklopverkiesing te hou.

 

ТепловойАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae