Hy ontvang steeds binne-aarse voeding, maar kon al jellie en sop eet.
Intussen is al Hofmeyr se konserte uitgestel, maar nie afgestel nie. Daar is egter geen aanduiding wanneer hy weer sy normale program sal kan hervat nie.
Steve Hofmeyr is al gesond genoeg om foto's van sy operasiesny op sy persoonlike webjoernaal te plaas en het glo al uit sy
hospitaalbed opgestaan en trappe geklim. Die gewilde sanger moes drie dae gelede 'n noodoperasie op sy dikderm ondergaan.