Lulu Xingwana onbevoeg, s? DA

Image

Xingwana

Die DA het die minister van grondsake van onbevoegdheid beskuldig. Die party se parlementêre leier, Sandra Botha, het gevra dat die regering moet ingryp om te verhoed dat sy grondhervormingsplan tot stilstand kom.

Botha het gedurende die sitting gister gesê dat indien Thabo Mbeki vir sy nalatenskap omgee, hy sal erken dat me. Lulu Xingwana, minister van landbou, heeltemal onbevoeg is om die proses vorentoe te dryf.

Die DA steun die samestelling van 'n taakspan om die proses te bespoedig. Volgens Botha het dit geen sin vir die regering om voort te gaan met grondhervorming terwyl die mededingendheid en produktiwiteit van die landbousektor gekniehalter word, met erge armoede op die platteland en voedselpryse wat die hoogte inskiet nie.

flower hair combsОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae