praag.co.za

Super Aguri tree uit

Written by

in

Super Aguri is uit! Die Japannese span moes noodgedwonge uit die Formule Een-arena tree as

Imagegevolg van 'n tekort aan fondse. Die span worstel met finansiële probleme sedert 'n aanbod van 'n magnaat van Dubai, die Magma-groep, in April deur die mat geval het.

 

Die span se toekoms was op die spel nadat hulle toegang tot die naweek se F1 in Istanboel geweier is.

 

Met die hulp van Honda kon hulle tot op hede nog deelneem aan vanjaar se kompetisie maar is dit nie geskik vir die langtermyn nie. Honda het die span van enjins, ratkaste en ook fondse voorsien maar het gewaarsku dat hulle dit gaan onttrek aangesien die kleiner spanne hulself moet finansier.

 

Die Britse jaer Anthony Davidson, wat na dese sonder 'n F1-posisie is, waarsku dat dit byna onmoontlik is vir privaat eienaars om nog aan die sport deel te neem.

осушительпрокурор Фильчаков

Comments

Leave a Reply