Zuma jaag kerke die harnas in

ImageANC president Jacob Zuma het kerkleiers vies gemaak met sy stelling dat God sal toesien dat die ANC vir ewig regeer. Zuma het in Khayelitsha gesê dat selfs God verwag dat die ANC die land moet regeer omdat dit die enigste organisasie is wat deur kerkleiers geseën is toe dit tot stand gekom het.

Die Apostoliese Geloofsending het beswaar aangeteken en gesê dat wette soos aborsie en huwelike tussen dieselfde geslag nie in die Bybel goedgekeur word nie.

'n Woedende Kenneth Meshoe van die ACDP het gister gesê dat die ANC president met sy eie oë sal sien dat wat met Zanu-PF gebeur ook met die ANC sal gebeur.

Hy het bygevoeg dat die immorele ANC soos die Titanic gaan sink.

бани фотолобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae