Die Europese menseregtehof het Donderdag eenparig bevind dat Brittanje se beleid om vingerafdrukke en DNS van alle kriminele verdagtes in te samel en te stoor, selfs die van mense wat onskuldig bevind word, 'n skending van menseregte is.
Lees verder: Europese hof bevind teen Britse beleid oor verdagtes-databasis

Die genetiese handtekeninge van mense in Spanje en Portugal toon nuwe en eksplisiete bewyse van die massaomskakelings van Sefardiese Jode en Moslems na Katolieke in die 15de en 16de eeue nadat Christenweermagte Spanje weer teruggewen het van Moslembeheer, het 'n span genetici gesê.
Die departement van buitelandse sake sal die familie van 'n Suid-Afrikaanse man bystaan wat as gevolg van die arenavirus in Rio de Janeiro gesterf het, het hulle Woensdagaand gesê.