Wat was in daai handsak?

Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Suid-Afrikaanse belastingbetalers R235 000 uit die sak gejaag omdat sy geweier het om haar handsak deur ‘n skandeerder op ‘n lughawe in Oslo, Noorweë, te sit, berig die Mail & Guardian. Nkoana-Mashabane was vroeër dié maand op ‘n staatsbesoek aan die land toe sy geweier het

Lees verder: Wat was in daai handsak?

Malema haal Forbes se toptien-lys

Die insluiting van die ANC-jeugliga president Julius Malema op die Forbes-lys van Afrika se 10 mees invloedryke jong mans is “redelik duidelik”, volgens Pat Roberts, ‘n leierskap-afrigter. Malema word gelys as een van 10 manne onder 40 “wie enorme invloed in Suid-Afrika se politieke en sakekringe uitoefen” skryf die tydskrif Forbes gister. Ten spyte dat

Lees verder: Malema haal Forbes se toptien-lys

Suidkus opgeruim vir COP17

Die adjunkminister van Waterwese en Omgewingsake, Rejoice Mabudafhasi, sal vandag ‘n opruimingsprojek van 11 miljoen rand bekendstel op die vooraand van die 26ste jaarlikse Internasionale Kus-skoonmaakdag môre. Die projek genaamd “Werk vir die kus: van Umthanvuna tot Umkomaas” sal by die Park Rynie kampeerterrein op die KwaZulu-Natalse suidkus bekendgestel word. Die projek sal sowat 112

Lees verder: Suidkus opgeruim vir COP17

Lugtaxi’s van Santaco styg op

Die Suid-Afrikaanse taxi-bedryf stel vandag amptelik sy nuwe lugredery op Lanseria, noord van Johannesburg, bekend. Die Burgerlike Lugvaartowerheid sê die diens sal heeltemal veilig wees en opgeleide personeel sal die vliegtuie beman. Die doel van die Santaco-lugdiens is om vlugte meer toeganklik en bekostigbaar vir alle Suid-Afrikaners te maak. Dié taxi-bedryf lewer daagliks ‘n diens

Lees verder: Lugtaxi’s van Santaco styg op

Israel se uur van waarheid

In hierdie program gesels Karin Roodt, redaktrise van praag.co.za, oor die komende stemming in die Algemene Vergadering van die VN wat waarskynlik op ‘n Palestynse staat gaan uitloop. Daar word ook oor strategiese kwessies in die Midde-Ooste gepraat. Klik op hierdie skakel. Фільчаков Олександр Васильович

Lees verder: Israel se uur van waarheid

Skiet die Boer-uitspraak ‘absurd’

Die hooggeregshof-beslissing wat die sing van die woorde “awudubule ibhunu” (skiet die Boer) tot haatspraak verklaar, is ‘n “absurde en drastiese” skending van die reg op vryheid van spraak, meen prof. Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad. In ‘n rubriek wat Donderdag in The Star gepubliseer is, kritiseer de Vos regter Colin

Lees verder: Skiet die Boer-uitspraak ‘absurd’

Ondersoek na wapenskandaal verwelkom

“Die aankondiging dat pres. Jacob Zuma ‘n kommissie van ondersoek gaan aanstel om die Wapenaankope-program te ondersoek, word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. Verlede maand het die Vryheidsfront Plus skriftelik die president versoek om ‘n kommissie van ondersoek, verkieslik ‘n regterlike kommissie, aan te stel om die saak te ondersoek (skrywe hieronder). Ons standpunt was

Lees verder: Ondersoek na wapenskandaal verwelkom

Polarisasie en staatkunde

Die voortslepende regeringskrisis in België herinner tegelyk aan die polariserende werklikheid wat met die haatspraakverhoor in Suid-Afrika aksént gekry het, en hoe dit binne ‘n demokrasie aangespreek kan, en behoort te word. Benewens die regsbeginsels wat in regter Collin Lamont se uitspraak in die Julius Malema-haatspraakverhoor na vore gekom het, staan ‘n realiteit duidelik uit:

Lees verder: Polarisasie en staatkunde