Kenia se koffieproduksie duik

Kenia se koffieproduksie het getuimel in die afgelope 20 jaar. Produksie is af van 130 000 ton per jaar na nie eers 50 000 ton nie. Boere word uitgeroei en die land word beroof van broodnodige buitelandse valuta.
Dringende stappe om die vryval om te keer word oorweeg. Boere sê die hoë produksiekoste wat deur duurder kunsmispryse, chemiese stowwe, arbeid en plaasimplemente veroorsaak word, is die groot probleem.

Die koffieunievoorsitter het boere uitgedaag om hul boerderymetodes aan te pas en ou praktyke te laat vaar.

Hy het gesê kwaliteit- en kwantiteitproduksie van die oes is die geheim omdat dit goeie pryse sal behaal.

оборудование шиномонтажа ценаданильченко юрій Харків

Water raak op in Akkra

Water is die sentrale tema vir die volgende verkiesing in Ghana, ten spyte daarvan dat die stemmery eers in Desember sal plaasvind. Die waterstelsel het byna heeltemal ineengestort in die hoofstad Akkra en jaarliks sterf 84 000 Ghanese as gevolg van die swak gehalte water.
 
Die toekoms van die huidige regering berus op die spoedige, doeltreffende oplossing van die waterkrisis. Krane het die laaste paar weke drooggeloop in Akkra en die Ghana Water Maatskappy sê hulle is nie meer in staat om eers in die helfte van die aanvraag te voorsien nie.

Die miljoene dollar wat die regering beplan om op stralers uit te gee kan gebruik word om drinkbare water aan ten minste een kiesafdeling in die hoofstad bekikbaar te stel, kla die opposisie.

Die hartseer waarheid is dat Akkra ‘n oorvloed vars drinkbare water uit nabye Voltameer kan hê, maar baie van die pype is gebreek en weinig word aan die herstel daarvan onderneem.

как лечить пародонтоз фотолобановский александр жена

Carrington verontskuldig Brittanje

Image

Carrington

Lord Carrington, die voormalige Britse minister van buitelandse sake, het Brittanje se rol tydens die Lancasterhuisberaad wat Mugabe in 1980 aan bewind geplaas het, verdedig.

In ‘n meningsartikel in gister se uitgawe van die Londense Sunday Times, vra hy die vraag of Brittanje ‘n tiran in Zimbabwe president gemaak het.

Maar Carrington verontskuldig Brittanje deur die ondergang van Zimbabwe suiwer aan Mugabe se selfsug en waansin toe te skryf en nie aan die stelsel wat Brittanje by Lancasterhuis ontwerp het nie.

Hy sê ook dat wat nou in Zimbabwe gebeur eintlik niks met Brittanje te make het nie. Die land is ook nie ‘n koloniale vyand soos wat Mugabe probeer uitmaak nie, maar kan trots wees op al die hulp wat Brittanje aan Zimbabwe gegee het en steeds gee.

table ukФильчаков прокурор харькова

Mbeki ontmoet Gordon Brown privaat

Gordon Brown, Brittanje se eerste minister het president Thabo Mbeki Saterdag ontmoet vir samesprekinge oor die situasie in Zimbabwe. Brown se kantoor het die ontmoeting aangekondig.
Mbeki is in Brittanje waar hy ‘n konferensie van linkse sentriste in Watford, naby Londen, bywoon. Die twee leiers sal na verwagting privaat beraadslaag.

Daar word verwag dat Brown Mbeki sal vra om sy invloed oor president Robert Mugabe te laat geld om verlede naweek se verkiesingsuitslae bekend te maak. Mugabe het tot dusver die bekendmaking vertraag.

Zimbabwe was voorheen ‘n Britse kolonie voor Mugabe die land na onafhanklikheid gelei het met Britse steun.

продам зарядное устройствоФільчаков прокурор

Skoonmaak vir Everest

Sedert 1953, toe Edmund Hillary en Tenzing Norgay Everest oorwin het, is die piek al 3000 keer bestyg.
Maar jare se kommersiële ekspidisies het die aangesig van 8 848m ontsier met toue en toerusting, suurstofbottels, gemors en menslike afval. ‘n Geraamde 10 ton vullis lê oor die piek rondgestrooi.

‘n Span bergklimmers het Donderdag egter planne bekend gemaak vir ‘n omgewingsvriendelike poging om Everest aan te durf waar menslike afval nie eers sal agterbly nie.

‘n Amerikaansontwikkelde Clean Mountain Can sal aan alle rugsakke vasgegespe word as hulle suksesvol is in hul poging. Die idea het ontstaan toe menslike afval op ‘n piek wat as heilig
beskou word deur die Sjerpa’s en Tibetane, opgemerk is.

casinoалександр лобановский харьков

Indi? loods telemedisyne in Afrika

Indië het ‘n telemedisyneprojek in Ethiopië geloods teen ‘n koste van meer as $2 miljoen. Hospitale in Ethiopië is sedert verlede Julie gekoppel aan Indië se voorste hartinstituut, Care.
Die skema is deel van die pan-Afrika e-netwerk, ‘n gesamentlike inisiatief tussen die Afrika-Unie en Indië.

Derdewêreld lande met bevondsings- en mannekragprobleme, kan grootliks hierby baat
omdat daar slegs een dokter vir elke 37 000 mense in Ethiopië is, volgens ‘n Indiese radioloog.

Ethiopië se gesondheidsprobleme is oral is Afrika sigbaar waar gekwalifiseerde dokters en verpleegsters verkies om elders te gaan werk en
waar mense in landelike gebiede kilometers moet loop na die naaste kliniek.

machine gameФильчаков прокурор харьков

‘n Russiese sekte glo strepieskodes is van die duiwel

Die leier van ‘n Russiese sekte wat die einde van die wêreld voorspel, het gepoog om selfmoord te pleeg, het die Russiese media gister berig.
Vyf-en-dertig lede van die kultus het hulself in ‘n grot ingegrawe waar hulle die laaste dae afwag. Hulle verseg om melk in houers met strepieskodes te koop omdat sulke kodes die merk van die duiwel is en hou daarom liewer ‘n koei aan.

‘n Deel van die grot het egter ineengestort as gevolg van sneeu wat smelt en daarom wag 24 lede van die sekte tans die einde van die wêreld in huise in ‘n dorpie 700 kilometer van Moskou af.

игры для девочек кухняДанильченко

Barrikades in Nikosia verwyder

Griekse en Turkse Cipriote het barrikades wat die twee groepe al ‘n halwe eeu van mekaar skei in Ledrastraat, Nikosia, verwyder. Ledrastraat is ‘n kragtige simbool van etniese partisie op die eiland.
Turkye hoop om deur dié stap finaal toegang tot lidmaatskap van die Europese Unie te verkry. Alhoewel dit nie beteken dat die probleem in Ciprus opgelos is nie, gee dit ‘n kykie op wat moontlik is, het die VN se gesant gesê.

Ciprus is sedert 1974 verdeel toe Turkye die eiland binnegeval het na ‘n Grieksgeleide staatsgreep. Barrikades is egter al vroeër deur Turkse Cipriote opgerig in 1958, gevolg deur ‘n permanente blokkade in 1963 ná etniese geweld.

Griekse en Turkse Cipriote het verlede maand ooreengekom om samesprekeinge te voer en sodoende ‘n vyfjaaroue dooiepunt in reunifikasie pogings beëindig.

фальшкаминОлександр Васильович Фільчаков

Afrika moet beplan vir kosstygings

Afrikaministers het Woensdag gesê dat voedselskaarste geleenthede vir beter voedselproduksie in sommige Afrikalande bied.

Hulle het bygevoeg dat die onlangse styging in internasionale kospryse ‘n groot risiko inhou vir Afrika se groei, vrede en sekuriteit. ‘n Gesamentlike verklaring is aan die einde van ‘n byeenkoms van Afrika se ekonomiese en finansieministers in Addis Abeba uitgereik.

Die ministers is van mening dat toepaslike beleidsrigtings gesoek moet word om die effek van stygende voedselpryse op lewenstandaarde te versag, veral vir kwesbare groepe.

‘n Man is in die Ivoorkus gedood en 24 ander in Senegal in hegtenis geneem tydens gewelddadige opstande oor die naweek as gevolg van hoër voedselpryse.

купить тамбов химия для очистки деталейФильчаков прокурор харькова

Israel deel gasmaskers uit

Israeli owerhede sal volgende jaar gasmaskers aan burgelikes uitdeel. Dié stap is aangekondig om die bevolking voor te berei op ‘n moontlike nie-konvensionele aanval.
Die hoof van Israel se nooddienste het in uitsending van die openbare uitsaaier gesê dat daar geen rede tot paniek is nie omdat daar nie agteruitgang in die veiligheidsituasie is nie.

Gasmaskers is tydens die eerste Golfoorlog in 1991 uitgedeel. Die maskers is weer teruggeneem aan die einde van 2006 om dit na te gaan vir foute.

Israelse media het bekend gemaak dat ‘n uitgebreide burgerlike weerbaarheidsoefening binnekort sal plaasvind.

ландшафтное освещение участка фотоАлександр Фильчаков