08:09:50 Die oorgretigheid van SARU om die Bok van die baadjie af te haal en die Protea nou prominensie te gee, bewys weereens die ANC-regering se beheptheid om die Afrikaner en wit rugbyondersteuners te vervreem van sport in plaas van om die groter prentjie raak te sien. SARU sal enigiets doen om die ANC te lek en tevrede te hou; dit wys ook op swak leierskap in SARU.
SARU sal enigiets vir ANC doen

Die Springbok mag nie meer op die groen-en-goud-baadjies wees nie. Daarmee word 'n hoofstuk van 'n 100 jaar in Suid-Afrikaanse rugby afgesluit.