Slagting onder boere neem toe

Terwyl die wêreld se oë op die sterftesyfer in die konflikteater in Afghanistan gerig is, het ‘n meer opspraakwekkende dodetal aan die lig gekom in ‘n land wat veronderstel is om voorspoed en vrede te beleef. Uit statistieke van die landbou-organisasie TLU SA blyk dit dat 91 Britse soldate vanjaar in die oorloggeteisterde Afganistan dood

Lees verder: Slagting onder boere neem toe

Suid-Afrikaner wen wêreldargitektuurprys

’n Suid-Afrikaanse argitek, Peter Rich van Johannesburg, het die prys vir die beste gebou ter wêreld ingepalm. Hy is by die wêreldargitektuurfees-prysuitdeling in Barcelona, Spanje, vir die ontwerp van sy Mapungubwe-interpretasiesentrum in Limpopo vereer. Sy wenstruktuur is digby die samevloeiing van die Limpopo- en die Sheshe-rivier in die Mapungubwe- Nasionale Park opgerig vir die artefakte

Lees verder: Suid-Afrikaner wen wêreldargitektuurprys

Breë konsensus dat regbank moet verswart

Sandile Ngcobo, nuwe hoofregter, het Woensdag gewaarsku dat die regbank erg skade kan ly wanneer die uitvoerende gesag “onbeheerste kritiek” teenoor die regbank uitspreek. Hy het ’n gesamentlike sitting van die parlement toegespreek. Pres. Jacob Zuma het die gesamentlike sitting byeengeroep om Ngcobo te verwelkom en van afgetrede hoofregter Pius Langa afskeid te neem. “Spanning

Lees verder: Breë konsensus dat regbank moet verswart

Krygkor-HUB gevra om te gaan

Die raad van Krygkor het die HUB Sipho Thomo gevra om te gaan, maar hy weier. Raadsvoorsitter Popo Molefe het Woensdag aan ‘n portefeuljekomitee van die parlement gesê dat hy Thomo verlede week gevra het om te bedank en hom drie dae gegee het om die saak te oordink. Hy het die komitee toegespreek nadat

Lees verder: Krygkor-HUB gevra om te gaan

Foltering kan ter sprake kom in Bennett-saak

‘n Regter het gesê dat aantygings dat die hoofgetuie in die Roy Bennett-saak gemartel is, in die saak ter sprake kan kom. Die regter het ‘n versoek dat die verdediging verbied word om te argumenteer dat ‘n wapenhandelaar, wat die hoofgetuie teen Roy Bennett is, gemartel is totdat hy skuld erken het en ander by

Lees verder: Foltering kan ter sprake kom in Bennett-saak

Nuwe dinosourusspesie ontdek

Wetenskaplikes by die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdag ‘n nuwe spesie dinosourus aangekondig. “Dit is een van die groot juwele wat Suid-Afrika het,” het dr. Adam Yates van die Bernard Price instituut vir Paleontologie navorsing gesê. Aardonyx Celestae word geskat as tussen 183 en 195 miljoen jaar oud en sowat 7m lank. Volgens Yates

Lees verder: Nuwe dinosourusspesie ontdek

Internasionale Mandela-dag afgekondig

Die Verenigde Nasies (VN) het Dinsdag gedurende hul algemene vergadering 18 Julie as die “Internasionale Nelson Mandela-dag” verklaar om erkenning te gee aan sy bydrae tot vrede. Die 192 lede van die wêreldliggaam het ‘n beroep gedoen op alle lande om vanaf 2010 Mandela se verjaardsdag (18 Julie) te herdenk en sodoende eer te bring

Lees verder: Internasionale Mandela-dag afgekondig