Duitsers gaan reëls vir buitelanders verslap

Duitsland sal hulle streng maatreëls verslap om buitelandse dokters en ingenieurs toe te laat om ‘n groot aanvraag in die land se arbeidsmark te vul. Die land se minister van onderwys en navorsing, Annette Schavan, het gesê die regering sal in die komende week ‘n nuwe wetsontwerp opstel om duisende oorsese beroepsmense na die grootste

Lees verder: Duitsers gaan reëls vir buitelanders verslap

Moetimoordopstande prut in Tlokweng

Altesaam 44 mense het in die Madikwe-landdroshof verskyn in verband met betogings in Tlokweng in Noordwes, het die polisie Dinsdag bekend gemaak. Vyf-en-dertig volwassenes tussen die ouderdomme van 18 en 40 is op waarskuwing vrygelaat, het lt. kol. Lesego Metsi gesê. Nege jeugdiges is gestuur vir assessering deur ‘n maatskaplike werker. Hulle sal in die

Lees verder: Moetimoordopstande prut in Tlokweng

Man wat rower skiet, vas vir moord

‘n Vyf-en-dertigjarige huiseienaar is Dinsdag in Fordsburg, Johannesburg, vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy ‘n inbreker wat hom met ‘n pyp aangeval het, geskiet het. Volgens ao. Xoli Mbele is die man omstreeks 10:00 in hegtenis geneem nadat hy die 30-jarige man, wat hom in sy huis met ‘n staalpyp aangeval het, geskiet

Lees verder: Man wat rower skiet, vas vir moord

Cele waarsku teen valse bomdreigemente

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Bheki Cele, het Dinsdag ‘n waarskuwing aan mense gerig wat die polisie kontak met valse bomdreigemente en wat onwettige plofstof gebruik. “Enige individu wat opsetlik ‘n bomdreigement maak, sal vervolg word. Geen persoon is bo die wet verhewe nie, ook nie polisiebeamptes nie,” het Cele in dié verklaring gesê. Kol. Tummi

Lees verder: Cele waarsku teen valse bomdreigemente

Ondersoek na wapenskandaal heropen

Die Valke wat in November verlede jaar sy ondersoek na die wapen­skandaal sonder verduideliking laat vaar het, het onderneem om dit te heropen. Nuwe inligting van ‘n Sweedse verdedigingsmaatskappy, SAAB, het die Valke genoop om opnuut die regering se omstrede multimiljardrand-wapentransaksie onder die loep te neem. Dié inligting is ook aan die hoofaanklaer van die nasionale

Lees verder: Ondersoek na wapenskandaal heropen

Konflik en natuurrampe ontwortel 44 miljoen wêreldwyd

Die aantal mense wat wêreldwyd weens konflik uit hul wonings gedwing word, het in 2010 tot 44 miljoen gestyg – die hoogste vlak in ‘n dekade, volgens ‘n verslag van die Noorse Vlugtelingraad. Dié verslag is Maandag op Internasionale Vlugtelingedag bekend gemaak. Dié 43,7 miljoen mense sluit burgerlikes wat vóór 2010 gevlug het, en steeds

Lees verder: Konflik en natuurrampe ontwortel 44 miljoen wêreldwyd

Mubarak het maagkanker

Egipte se voormalige president, Hosni Mubarak, wat in Augustus verhoor sal word vir die dood van talle betogers, ly aan maagkanker. “Mubarak het maagkanker en die gewasse groei klaarblyklik,” het sy prokureur, Farid al-Dib, gesê. Die voormalige president is tans in aanhouding in ‘n hospitaal in Sharm el-Sheikh – ‘n vakansieoord neffens die Rooi See.

Lees verder: Mubarak het maagkanker