“Enige individu wat opsetlik ‘n bomdreigement maak, sal vervolg word. Geen persoon is bo die wet verhewe nie, ook nie polisiebeamptes nie,” het Cele in dié verklaring gesê.
Kol. Tummi Shai het bygevoeg dat die bestuur in die polisie “ernstig bekommerd is oor die gebruik van plofstof in openbare plekke”.
Sy het ook gesê dit gee aanleiding tot verskeie valse bomdreigemente, wat mense traumatiseer en lei tot ‘n vermorsing van tyd en hulpbronne deur die polisie.
Sy het egter die versekering gegee dat die polisie sal aanhou om op bomdreigemente te reageer om openbare veiligheid te verseker. Hulle sal ook valse waarskuwings ondersoek om seker te maak dat oortreders vasgevat word.
“Verskeie verslae het onlangs die gereeldheid van valse bomdreigemente benadruk, asook die gebruik van onwettige plofstof, wat die berugte OTM-bomaanvalle insluit. Hierdie onwettige dade plaas die lewens van wetsgehoorsame burgers in gevaar.”
Sy het gesê die polisie verkeer ook in gevaar wanneer hulle OTM-bomaanvalle ondersoek, aangesien die oortreders gewoonlik swaar gewapen is.
