Egipte se voormalige president, Hosni Mubarak, wat in Augustus verhoor sal word vir die dood van talle betogers, ly aan maagkanker.
“Mubarak het maagkanker en die gewasse groei klaarblyklik,” het sy prokureur, Farid al-Dib, gesê.
Die voormalige president is tans in aanhouding in ‘n hospitaal in Sharm el-Sheikh – ‘n vakansieoord neffens die Rooi See.
Hy is vroeg in April weens hartkwale daarheen gestuur.
Mubarak (82) en sy seuns sal in Augustus voor die hof gedaag word vir die sterftes van teen-regeringsbetogers in die onlangse rewolusie in dié land.
