Michelle Obama kom struggle prys

Michelle Obama het laat Maandag in Pretoria aangekom vir haar eerste groot solo oorsese reis as Amerikaanse eerste dame. Sy besoek Suid-Afrika en Botswana.

Haar besoek kom direk na afloop van die ANC se Jeugligakongres waar ‘n duidelike verharding teen wit Suid-Afrikaners te bespeur was.

Obama het by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria vergesel deur haar dogters, Malia en Sasha, en haar ma, Marian Robinson, aangekom. Haar man, die Amerikaanse president Barack Obama, het nie saamgekom vir die reis wat fokus op jong vroueleiers en die anti-apartheidstryd nie.

Die eerste dame, geklee in ‘n formele rooi-en-swart baadjie en swart broek, is begroet deur die Suid-Afrikaanse minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika Donald Gips, sy vrou, Liz en drie seuns.

‘n Bos proteas is aan haar oorhandig en haar dogters het elk ‘n kombers, ontwerp soos die Suid-Afrikaanse vlag, ontvang.

Gips aan joernaliste gesê: “Ons is baie opgewonde … Dit wys die respek wat ons vir Suid-Afrika het.”

Obama sal ook die monument vir Hector Pieterson, ‘n 12-jarige wat tydens die Soweto-opstand in 1976 gesneuwel het, opsoek.

“Sy onderneem hierdie reis om te praat oor vroue se ontwikkeling en jeugontwikkeling, en Suid-Afrika is ‘n leier op daardie gebied, nie net op die vasteland nie, maar wêreldwyd,” sê Elizabeth Trudeau, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade in Pretoria.

Obama sal een van president Jacob Zuma se vroue, Nompumelelo Ntuli-Zuma, in Pretoria ontmoet, en daarna Johannesburg toe vertrek vir ‘n besoek aan die Nelson Mandela-stigting, saam met die voormalige president se vrou, Graca Machel.

Dinsdagmiddag, sal Obama ‘n dagsorgsentrum in Johannesburg besoek, asook die Apartheidmuseum.

Sy sal ook Kaapstad en die hoofstad Gaborone in Botswana besoek. In Kaapstad sal sy Desmond Tutu sien en ‘n safari-reis in Botswana onderneem.

Die Wit Huis het klem gelê op die belangrikheid van die Suid-Afrika se anti-apartheidsbeweging vir President Obama. Dit is volgens die verklaring die Amerikaanse president se grootste politieke belangstelling.

для диагностикилобановский александр

Maak 'n opvolg-bydrae