Konflik en natuurrampe ontwortel 44 miljoen wêreldwyd

Die aantal mense wat wêreldwyd weens konflik uit hul wonings gedwing word, het in 2010 tot 44 miljoen gestyg – die hoogste vlak in ‘n dekade, volgens ‘n verslag van die Noorse Vlugtelingraad. Dié verslag is Maandag op Internasionale Vlugtelingedag bekend gemaak.

Dié 43,7 miljoen mense sluit burgerlikes wat vóór 2010 gevlug het, en steeds ontheem is, in.

Sowat die helfte wat as binnelands ontwortel geklassifiseer is, is van vyf lande afkomstig – Colombia, Soedan, Irak, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Somalië.

“Daar is geen rede vir optimisme nie,” het die organisasie se sekretaris-generaal, Elizabeth Rasmusson, gesê.

“Daar is geen aanduiding dat die getalle kan afneem nie,” het sy bygelas.

Natuurrampe het ook tot die ontworteling van die meer as 42 miljoen mense in 2010 gelei – twee en ‘n half keer meer as die vorige jaar, het ‘n ander verslag van die organisasie gelui.

Suid-Afrika het die grootste toevloei van asielaansoekers. Meer as 180 600 van die wêreld se 850 000 amptelike asielaansoekers is in Suid-Afrika, blyk uit ‘n verslag van die VN wat Maandag in Rome bekend gestel is.

Dit val saam met Wêreldvlugtelingedag en die 60ste herdenking van die Geneefse Konvensie wat vlugtelingstrome reguleer.

Amerika kry 54 300 asielaansoeke en Frankryk 48 100.

Meer as 150 000 asielsoekers is Zimbabwiërs en 6 000 Somaliërs. Nege uit elke tien Zimbabwiërs doen in Suid-Afrika aansoek om asiel, lui die verslag.

тамбов абразивныйДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae