Opposisie sal Grondwethof nader oor Inligtingswet

Die Wetsontwerp op die Beskerming van inligting is Donderdag deur die parlement met 189 stemme teen 74 en een wat buite stemming gebly het, goedgekeur, het EWN berig. Pres. Jacob Zuma sal die wet bekragtig, alhoewel regte-organisasies sê daar is steeds ‘n gebrek aan deursigtigheid in die openbare belang. Murray Hunter van die Right2Know-veldtog het

Lees verder: Opposisie sal Grondwethof nader oor Inligtingswet

Swart jeug glo DA sal apartheid terugbring

Die ANC in die Wes-Kaap het Woensdag gesê swart jeugdiges is reg as hulle sê dat die DA apartheid sal terugbring indien die party aan bewind kom. Volgens ‘n opname wat Dinsdag vrygestel is, het 54% van swart jeugdiges gesê die DA sal apartheid terugbring indien hulle die verkiesing in 2014 wen. Altesaam 26% Indiërs,

Lees verder: Swart jeug glo DA sal apartheid terugbring

Driepunt is waarlik ‘n ster!

Wanneer ‘n mens aan sportmotors dink, kom name soos Porsche, Ferrari en Lotus by jou op. Mercedes het wel ‘n paar rasegte sportmotors, maar niks wat regtig aardskuddende emosie by ‘n mens ontlok nie. So paar jaar gelede het die Duitse ombouingsmaatskappy AMG deel geword van Mercedes en soos altyd was dit met positiewe ywer

Lees verder: Driepunt is waarlik ‘n ster!

SEB, die verskil tussen lewe en dood

“Ons kan nie toelaat dat SEB-Kodes wat nie bestaan nie, bepaal wie lewe en wie sterf nie”, sê Jean Kriek, VF Plus Jeugleier, Gauteng. Dit volg na aanleiding van die publisering van die gewysigde SEB-kodes deur die minister van Handel en Nywerheid, mnr Rob Davies verlede jaar in die Staatskoerant wat stipuleer dat maatskappye en

Lees verder: SEB, die verskil tussen lewe en dood

Storting knou SA-hoenderbedryf

“Storting” is roofprysvasstelling veral in die konteks van internasionale handel wanneer vervaardigers ‘n produk uitvoer na ‘n ander land teen ‘n prys óf onder die prys in sy tuismark, of in hoeveelhede wat nie deur normale markkompetisie verduidelik kan word nie. Goedkoop hoender veral uit Brasilië en Europa word tans in Suid-Afrika gestort. Chris Schutte,

Lees verder: Storting knou SA-hoenderbedryf

Okosa gee groenlig vir porno op TV

TopTV se aansoek om pornografie uit te saai is goedgekeur, het Channel24 berig. Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het die groenlig gegee. Geen datum is gegee vir wanneer die uitsendings sal begin nie. “Daar is geen wet wat die vervaardiging en verspreiding van volwasse inhoud in die Republiek verbied nie,” het Okosa gesê. Okosa

Lees verder: Okosa gee groenlig vir porno op TV

Dodelikste griepvirus nou buite China ook

Kenners wat China se dodelike H7N9-voëlgriepvirus internasionaal ondersoek, het Woensdag gesê dit is “een van die dodelikste griepvirusse” wat hulle tot dusver gesien het. Die eerste geval buite China is Woensdag in Taiwan bevestig. China het 108 gevalle en 22 sterftes bevestig sedert die eerste infeksies op 31 Maart aangemeld is. Taiwan het Woensdag sy

Lees verder: Dodelikste griepvirus nou buite China ook

Anton van Niekerk tokkel weer sy een snaar

Soos die nie-intellektueel Desmond Tutu wil Anton van Niekerk graag in die kalklig wees, maar as intellektueel. Albei is hoogs ingenome met die sogenaamde demokratiese rewolusie wat ons beleef het. Onlangs (13 April, p 9) het Van Niekerk ‘n forum-artikel in Die Burger onder die opskrif, “Uit die DNS van geloof”, gepubliseer. In hoe ‘n

Lees verder: Anton van Niekerk tokkel weer sy een snaar

AP twiet oor twee ontploffings by Withuis

Vroeg Dinsdagmiddag, is die geverifieerde Twitterrekening van die Associated Press gekraak. Die nuustwiet het beweer dat President Obama beseer is as gevolg van “twee ontploffings“ in die Withuis. Die twiet het uitgegaan na die AP se 1,9 miljoen volgelinge. Sien verder.

Lees verder: AP twiet oor twee ontploffings by Withuis

Polisie registreer nie Kovsie-verkragting nie

Die Kovsie-student wat verkrag is, is nie behoorlik behandel by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein nie. Haar vriend is intussen ontslaan. Die kapers en verkragters is nog op vrye voet, berig Volksblad. Volksblad het navrae per e-pos gestuur aan die woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, oor beweerde swak diens wat die student by die

Lees verder: Polisie registreer nie Kovsie-verkragting nie