Afrikaanse regter pleit vir Engels
‘n Afrikaanssprekende regter wil Engels as enigste hoftaal in Suid-Afrika hoor. Regter Cynthia Pretorius, van die hooggeregshof in Pretoria, het gesê sy dink nie Afrikaans moet ‘n besondere plek hê nie. “Ek dink die hoftaal moet Engels wees,” het sy gesê en bygevoeg dat die meeste hofgeskrifte in Engels is en die meeste mense Engels
SA-wapensmous in SAR vasgekeer
Dit is onthul dat die Suid-Afrikaanse wapensmous Paramount die Sentraal-Afrikaanse Republikeinse hoofstad, Bangui, besoek het om ‘n wapentransaksie met François Bozizé op die vooraand van die staatsgreep te bespreek. Paramount se werknemers, Miles Chambers en Clement Salanga, het in die land se hoofstad aangekom op Vrydag 22 Maart om die Fransman Emmanuel Rutman uit Parys
Twee van Misdaadintelligensie voor vir korrupsie
Twee polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle geld van misdaadintelligensie gesteel het, sal Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn. Maj.genl. Solly Lazarus, geskorste finansiële hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, en kol. Hein Barnard, logistieke hoof, staan tereg op aanklagte van diefstal, bedrog en korrupsie van sowat R1,1 miljoen. Hulle is verlede jaar Desember op borgtog van
Lees verder: Twee van Misdaadintelligensie voor vir korrupsie
Pasgebore baba doodgeskop
‘n Pasgebore baba is in Mqanduli naby Mthatha doodgeskop, het die polisie in die Oos-Kaap Woensdag gesê. Maj. Zamukulungisa Jozana, polisiewoordvoerder, het gesê ‘n vrou het Sondag na haar bure se huis gegaan toe sy begin kraam. “Met haar aankoms by die bure se huis is die baba gebore. “Kort daarna het die eienaar van
‘Die heks is dood’ topverkoper op Amazon
“Ding Dong! The Witch is Dead,” soos vertolk deur Judy Garland in The Wizard of Oz, was Dinsdag die gewildste liedjie op Amazon se aanlynverkope in Brittanje. Dié lied het op topverkopers gehaal ‘n dag na die dood van die voormalige premier, Margaret Thatcher. ‘n Ander weergawe van die liedjie, gesing deur die jazz-legende Ella
DA prys Hani se stryd teen apartheid
Chris Hani, die SAKP-leier, het gelewe en gesterf vir dit waarin hy glo, het die DA Woensdag gesê. Mmusi Maimane, woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, het by die 20ste herdenking van Hani se dood gesê hy was ‘n inspirerende persoon. “Ongeag sy ideologiese neigings kan ons almal erken dat hy ‘n beginselvaste en vasbeslote leier
Afrikaans verloor ‘n groot gees
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie onder leiding van Tom McLachlan het hulde gebring aan een van Afrikaans se groot taalkundiges, die bekende prof. F.F. Odendal, wat op Saterdag 6 April in Kaapstad oorlede is. Baie mense sal die naam F.F. Odendal herken omdat dit al so lank prominent op die omslag
Swart aanbieder sê AWB-klag is nie aandagsoekery nie
‘n Politieke ontleder het haar humeur verloor nadat sy beskuldig is daarvan dat sy ‘n insident met die AWB vir ‘n publisiteitsfoefie wil gebruik. Liepollo Pheko het ‘n klag van intimidasie gelê, ‘n hele drie jaar na ‘n onderonsie in ‘n televisie-ateljee, het eNCA Dinsdag berig. In April 2010 Pheko en die Afrikaner Weerstandsbeweging se
Lees verder: Swart aanbieder sê AWB-klag is nie aandagsoekery nie
Hou Hani se weduwee Mbeki verantwoordelik?
Die weduwee van die vermoorde Chris Hani, Limpho Hani, sê twintig jaar na die sluipmoordaanval op haar man, is sy nog steeds op soek na die waarheid sodat sy berusting kan kry. Hani wat ten tye van sy dood die sekretaris-generaal van die ANC was, is in 1993 voor sy huis doodgeskiet. ‘n Poolse immigrant,
