Twee van Misdaadintelligensie voor vir korrupsie

Twee polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle geld van misdaadintelligensie gesteel het, sal Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Maj.genl. Solly Lazarus, geskorste finansiële hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, en kol. Hein Barnard, logistieke hoof, staan tereg op aanklagte van diefstal, bedrog en korrupsie van sowat R1,1 miljoen.

Hulle is verlede jaar Desember op borgtog van R10 000 elk vrygelaat, en is uit die polisie geskors.

“Die beskuldigdes het gedurende die periode van 2006 tot Desember 2011 naby Pretoria… verkeerdelik en wederegtelik, direk of indirek betalings ter waarde van R1 144 086 ontvang, of daartoe ingestem,” luidens die klagstaat, het City Press berig.

Maak 'n opvolg-bydrae