‘n Pasgebore baba is in Mqanduli naby Mthatha doodgeskop, het die polisie in die Oos-Kaap Woensdag gesê.
Maj. Zamukulungisa Jozana, polisiewoordvoerder, het gesê ‘n vrou het Sondag na haar bure se huis gegaan toe sy begin kraam.
“Met haar aankoms by die bure se huis is die baba gebore.
“Kort daarna het die eienaar van die huis ingekom en die kind, wat in ‘n baadjie toegedraai was, begin skop. Die kind het onmiddellik gesterf.”
Volgens die polisie het die man weggehardloop toe hy besef die kind is dood. Die motief vir die voorval is nie bekend nie en niemand is in hegtenis geneem nie.
