‘Die heks is dood’ topverkoper op Amazon

“Ding Dong! The Witch is Dead,” soos vertolk deur Judy Garland in The Wizard of Oz, was Dinsdag die gewildste liedjie op Amazon se aanlynverkope in Brittanje.

Dié lied het op topverkopers gehaal ‘n dag na die dood van die voormalige premier, Margaret Thatcher.

‘n Ander weergawe van die liedjie, gesing deur die jazz-legende Ella Fitzgerald, is die vierde meeste afgelaai, en is ook die meeste op iTunes in Brittanje afgelaai.

Dié lied word as ‘n draakstekery oor die afsterwe van die 87-jarige Thatcher gesien.

Thatcher, die eerste vroulike premier van Brittanje, wat destyds ‘n hoogs omstrede figuur was, is Maandag aan ‘n beroerte oorlede.

Maak 'n opvolg-bydrae