Met belangstelling het ek van die menings op u webblad kennis geneem. Dit is duidelik dat Afrikanereenheid steeds 'n byna onmoontlike doelstelling is, dat misdaad en die stryd daarteen die denke oorheers en dat Afrikaners in hul geboorteland om regmatige erkenning moet stry.
Nie 'n enkele van hierdie sake interesseer buitelanders ook maar vir een oomblik nie. Ja, die media gee hier en daar aandag aan die agteruitgang van Afrika maar altyd teen die agtergrond van "die resultaat van apartheid, verdrukking van swartes, die gevolge van slawerny en diskriminasie in die verlede." Baie Afrikaners praat uiteindelik maar mee in die koor.
Dit is opvallend dat ook diegene wat Afrika ken (dit behoort tog veral Afrikaners te wees nie waar nie ?) geen duidelik gemotiveerde en omlynde verklaring vir die geweldskultuur en misdaadeskalasie in Suid-Afrika maar ook die hele swart Afrika, gee nie. Die lied van die bogenoemde koor kry geen teëgeluid nie. Bly die "apartheid, diskriminasie, uitbuiting, kolonialisme, slawerny" koor die botoon sing, dan het die Afrikaner by name verloor, heeltemal verloor en sal hy altyd met die gevolge van sy politieke verlede gekonfronteer bly. Vanuit propaganda oogpunt gesien wen die ANC en Mbeki steeds.
Dat die res van die wêreld Afrika afgeskryf het is bekend. Weinig stel belang om die toestand te vebeter. Afrika moet homself met sy eie skoenveters oplig.
Vanuit die buiteland gesien (waar ek woon) is Afrika 'n enigma en die Afrikaners 'n onbeduidende tragiese oorblyfsel van 'n tydperk. Die oomblik as hierdie besef tot 'n mens deurdring dan emigreer jy – soos baie Afrikaners dan ook doen. Dit is 'n geldige en waardevolle antwoord op 'n oorlewingsprobleem wat in werklikheid soos 'n swart afgrond lyk.

Lees verder: Afrikaners en die buiteland