Aap sorg vir landwye algehele kragverlies in Kenia

Nie ‘n amptenaar nie, maar ‘n aap het die skuld gekry vir ‘n landwye kragonderbreking in Kenia ná hy op ‘n “transformator by ‘n kragstasie geval het”.

Die land aan ooskus van Afrika was Dinsdag sonder elektrisiteit vir meer as drie uur ná die voorval kort ná 11:30 plaaslike tyd.

Die elektrisiteitsmaatskappy Kengen het in ‘n verklaring beweer dat die onderbreking die gevolg was van ‘n aap wat op ‘n kragstasiedak geklouter het en oor ‘n transformator gestruikel het.

“Op 1129 uur vanoggend, het ‘n aap op die dak van Gitaru-kragstasie geklim en oor die transformator gestruikel.

“Dit het veroorsaak dat ander masjiene by die kragstasie oorlaai wat gelei tot ‘n verlies van meer as 180MW by die aanleg, wat ‘n nasionale kragverlies veroorsaak het.

“Die stelsel is intussen herstel en al ons krageenhede word normaalweg bedryf.

“Kengen kraginstallasies word deur elektriese heinings beskerm wat plunderende wilde diere weghou.

“Ons is jammer oor hierdie geïsoleerde voorval en die maatskappy is op soek na maniere om verdere verbetering van sekuriteit by al ons kragsentrales te verseker.”

Intussen duur openbare geweld in Kenia se westelike stad, Kisumu, voort met paaie wat deur brandende buitebande en klippe afgesper word.

Oproeriges eis dat die ­verkiesingsliggaam, wat volgende jaar se verkiesings moet reël, moet bedank.

Die polisie en betogers het sedert láát April herhaaldelik slaags geraak tydens protesoptogte wat byna weekliks deur die opposisie gereël is en waarin die onafhanklike verkiesing- en afbakeningskommissie van partydigheid beskuldig word.

Kisumu en ander dorpe in die weste van die Kenia is opposisievestings en het reeds van die ernstigste g­eweldpleging beleef. Drie mense is in gevegte in die streek op 23 Mei dood.

Die polisie het ook met betogers in Nairobi gebots, waar die opposisie gister vergaderings beplan het.

‘n Vergadering verlede week tussen pres. Uhuru Kenyatta en die opposisieleier, Raila Odinga, kon nie daarin slaag om die spanning te verlig in ’n land wat geneig is om politieke onrus te beleef nie. Geweldpleging ná die 2007-verkiesing het die lewens van ongeveer 1 200 mense geëis.

Die opposisie eis ’n dialoog om die verkiesingskommissie te hervorm.

Verkiesingskommissarisse ontken vooroordeel en sê hulle wil aanbly.

Die regering hou vol dat enige hervormings grondwetlike kanale moet volg, wat ’n petisie aan die parlement vereis waar Kenyatta se Jubilee-koa­lisie ’n meerderheid het.

32 thoughts on “Aap sorg vir landwye algehele kragverlies in Kenia”

    1. Rifrug! Regtig. Is jy n afrikaanse spel onderwyser of wat? Die mense van PRAAG doen ongelooflike moeite om vir JOU nuus en inligting aan te bied. N vrye diens waarvoor JY NIE BETAAL NIE. En al wat jy kan doen is om te kritiseer. Die een of twee tik foutjies wat hulle begaan sorg mos nie dat die hele boodskap nou verdraai is of vals raak nie. Of is die fout dalk by jou dat jy nie in jou kop die spelling self kan korregeer nie. Want ek weet ons almal kan dit doen en raak sien. Behalwe jy. Wees eerder dankbaar vir die vrye nuus. Agge nee man. As jy nie iets goeds kan se nie bly dan eerder stil. Kerm eerder oor die haaglike toestand van ons land en volk as om oor n tik foutjie jou poppe uit die kot te wil gooi. Of gaan soek vir jou n ander bron van inligting. Al wat ek van my kant af kan raak sien is dat jy n ontevrede buffel is wat die moeite nie raak sien wat daar gedoen word vir mense soos ek en jy nie.

          1. Jy het daarom nog `n humorsin, al is jy puntenerig oor spelling. Waarmee ek eintlik nie `n probleem het nie, want dis TOTALLY AWESOME as iemand nog aandring op korrekte Afrikaans.

    1. Jy is heeltemal reg, Rooikop! Dit moet 180MW (megawatt) wees en nie 180mW (milliwatt) nie.

      Nou wag ek net om te sien of Ignoramus Grobler jou ook gaan uittrap oor jou korreksie op die berig… want dis mos “vrye diens waarvoor JY NIE BETAAL NIE. En al wat jy kan doen is om te kritiseer. Die een of twee tik foutjies wat hulle begaan sorg mos nie dat die hele boodskap nou verdraai is of vals raak nie”

      1. Jy is reg – die ander ding wat my verskriklik grief is die ‘n se dingetjie (weet nie wat jy dit noem nie) Met veral Microsoft Word wys die ding gewoonlik verkeerde kant toe. Maklik om reg te maak maar meeste mense let dit nie eers op nie.

        1. Dankie TOG!

          Daar is nog een mens op die aarde vir wie sulke dinge ook steur. Die hele berig by http://praag.co.za/?p=38583 (en die opskrif) het presies daardie probleem, maar ek wou nie dít ook nog noem nie! (ek is daar vir die eerste keer in my lewe ‘n “deeltekenfuhrer” genoem … ek het toe maar ‘n simbool vir die woord gaan ontwerp – sien dit in my kommentaar hieronder.)

          Die ‘dingetjie’ langs die ‘n, is eintlik ‘n afkappings teken want ‘n is kort vir een.

          Ek dink dat baie min mense besef dat selfs diakritiese tekens saak maak, en soos jou kommentaar hierbo noem, maak hoof- en kleinletters soms ‘n enorme verskil!

          Die afkappingsteken word ook in ‘n aantal gevalle gebruik om aan te dui dat letters ontbreek.
          – Byvoorbeeld: ‘n (vir een), ‘k (vir ek), s’n (vir syn), sy’t (vir sy het)
          – Byvoorbeeld: aan’t werk of aan ‘t werk (vir aan het/die werk), as’t ware of as ‘t ware.

      2. Nie soos jy lig ek my meening en ek maak my punt duidelik. Verder gebruik ek my regte naam en van want dit waarmee ek my vereenselwig sal ek pa voor staan en my pak dra. Persoonlik dink ek dis n lafhard en plein drek wat hom self probeer beskerm en dan oor gaan na byname en beledingings. Nes n ou sub A seuntjie wat niks kan se om sy saak te laat dryf nie. Wat ek se en doen kan almal lees en weet wie dit is. Ek wonder of dit nou jy is of n hond is met wie ek praat. Laastens jou ou skuil naam se net vir my dat jy n skelm is en iets weg steek of te sussie is om joj man te staan en verantwoordlikheid te staan vir jou varkerige optrede. Heel duidelik moet jou hond maar die pak vat vir jou skaamte. En ek sal nog behoorlik my oe uit my kop uit geskaam het as ek myself met n hond vergelyk.
        Die punt of die gedagte daar agter was nie om jou sleg te laat voel of om jou af te kraak nie. Dit was n blote gedagte dat jy die ouens wat hard werk om vir inligting te verkaf net so n ou biekie tou te gee. “Afterall” doen hulle goeie en n harde werk om alles na te vors sodat ek en jy kan weet waar ons in die land op die oomblik staan. As ek jou te na gekom het vra ek jou onverskoning en ek hoop dat jy dit wel sal kan vind om my te vergewe.

        1. Ai, Ignus, kom ons begin by die einde van jou kommentaar.

          “… hoop dat jy dit wel sal kan vind om my te vergewe. ”

          Dit is ‘n baie mooi gebaar, en daarom sal ek dit wat ek vir jou moet sê so sagkens moontlik stel. Jammer dat ek jou Ignoramus genoem het (hoop nie jy het dit ge-google nie) – dit is nou maar hoe my brein werk. Vir elke woord is daar ‘n assosiasie in my kop en Ig-nus kort net die ‘oram’ voordat jou naam ‘n belediging is.

          Van name gepraat … jy vaar teen my uit in hierdie kommentaar van jou omdat ek ‘n skuilnaam gebruik. Ek sien nie dat jy Riempies, Rooikop, G, Mens, Mattewis Kat, kaiavas (die lys is té lank) daaroor aanvat en beskuldig dat hulle “n lafhard en plein drek” en “n skelm is en iets weg steek of te sussie is om joj man te staan” is nie. Die rede waarom ons dit doen is eenvoudig. Ons weet hoe die internet werk – alles wat jy hier sê, sal vir ALTYD aan jou naam bly vasklewe … dus is dit nie wys om ooit jou regte naam in kommentaar afdelings te gebruik nie. Iemand wat ‘n stok soek om jou mee te slaan kan net jou naam google … en siedaar!

          “… my oe uit my kop uit geskaam het … ”
          As ek jy was sou ek baie skaam wees as ander weet hoe vrot ek my moedertaal ken! Net uit hierdie kommentaar – ‘n paar glipse …
          “lig ek my meening” – “lug my mening”
          “lafhard” – “lafaard”
          “skuil naam” – “skuilnaam”
          “verantwoordlikheid” – “verantwoordelikheid”
          “biekie” – “bietjie”
          “onverskoning” – “om verskoning”
          (dit is nie almal nie)

          Ek hehaal my versoek aan jou “los my dat ek doen wat ek doen”.

          1. Ag ou rifrug jy het my nou so lekker laat lag. En wie kan nou vir iemand wat my dag op helder kwaad wees. Ek het regtig nie gedink jy is so sensitief oor die ou sakie nie. Daarom vra jou weereens onverskoning en dat ek hoop dit sal oor waai en wie weet later kan ons dalk sommer lekker saam gesels. Jy klink sommer vi my soos n “fun” ou vol sports.

          2. Nou bel jy my en waarsku my en dreig my!!. Dit nog met n unknown nommer ook nog. Hoekom kom jy dan nie tot by my en praat met my tot man nie. Aangesien jy my heel duidelik ken. As jy dan so wil waarsku kry ten minste die moed om met my te praat en nie foon in my oor neer te sit nie. En as jy wil dreig ou boet moet jy voluit deur gaan daarmee.

          3. “Aangesien jy my heel duidelik ken.”

            Ken jou nie, Ignus.

            Die punt wat ek wil maak is: Dit is nie ‘n goeie idee om jou regte naam op kommentaar afdelings te gebruik nie!

            En dit was NIE ek wat jou gebel het nie … maar ek het wel ‘n kennis gevra om dit te doen, jammer. As julle Suidlanders nie wakker skrik – en besef HOE groot die gevaar is nie … kan julle ons nie help nie.

          4. Jy is reg. Ek weet van die gevaar en die rede vir n skuil naam gebruik. Die verskil is dit wat ek se en wat ek doen is altyd reguit en eerlik. Wat ek se bedoel ek en ook anders om. Wat ek plaas is ook van so n aard dat dit nie skuldig maak aan enige samesweerings of bybedoelings of n opswepery of n gekonkel van n geheime organisasie nie. Ek sorg dat dit wat ek se eerlik reguit en binne my mense regte en vrye spraak val. Verder hou ek my nie op met enige onwettige gemors nie. So wat ek se of doen is ook geen sins enige krimenele optrede.Maar ja. Dit wat jy se maak sin en ek verstaan jou oogpunt.

          5. Dankie … ek waardeer jou insig.

            Spreuke 13:10 Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.

  1. ‘n Aap kan nie ‘sorg ‘ nie net ‘veroorsaak’ of hoe? Net soos ons Regering wat ‘veroorsaak’ en nooit ‘sorg’ nie behalwe vir hul eie sakke en buike..
    .
    Ons bure se Waaksaam Rifrug ‘veroorsaak’ die gemors as hy al die vullis sakke verskeur en die Munisipape ‘sorg’ dat die gemors opgeruim word.of ‘veroorsaak’ en ‘ sorg’ vir nog ‘n groter gemors…

    Ons bure se rifrug heet Ruscal

Maak 'n opvolg-bydrae