Winnie Rust-moord: Kleurlingskare klap hande vir aangeklaagde Plaatjies

Deel op

‘n Kleurlingskare in Wellington het gister ná afloop van verrigtinge in die Landdroshof op die dorp vir die aangeklaagde Nigel Plaatjies hande geklap (sien YouTube-video hier onder). Sowel Plaatjies as sy oom Johannes Plaatjies het op ‘n klag van moord op die 77-jarige skryfster Winnie Rust verskyn. Die ouer Plaatjies het volgens berigte vir die gehoor in die hof gekyk en gelag, waarna iemand in die gehoor op hom geskree het: “Jy lag, jou gemors!”

Nigel Plaatjies se ma, Lien, wat geruime tyd by een van mev. Rust se dogters as huisbediende gewerk het, het oor hom gesê: “Die verlore seun moet nou huis to‎e kom.”

Die saak is gister tot 13 Junie vir ‘n amptelike borgtogaansoek uitgestel. Beide Plaatjies en sy oom ontvang regshulp en daar is gister aan die hof gesê dat hul borgtogaansoek steeds deur hul prokureurs voorberei word.

Die liberale mev. Winnie Rust het onder andere Nigel Plaatjies se uitgawes op atletiek en liggaamsbou finansieel geborg. Sy is grusaam in haar huis doodgeslaan en haar selfoon en bankkaarte is uit haar handsak gesteel. Selfoonseine het agterna die polisie in staat gestel om die Plaatjies-mans vas te trek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.