Wat van Namibi

Dis ‘n moelike brief om te skryf, want ek wil regtig soveel hier in sê. Ons is regtig keelvol vir die manier waarop hierdie land bestuur word en die absolute verval van alles. Ons skole, paaie, krag, gesondheidsdienste, alles is een groot gemors. Die ergste is wanneer jy begin wonder oor die toekoms. Dan besef jy dit gaan nie verander nie. Die leiers wat in die tou staan om oor te neem is die een meer korrup as die ander. Gisteraand op Carte Blanche kon ’n mens in Zuma se oë sien hy gaan vir ons probleme veroorsaak. Ons kan maar mooi broodjies probeer bak, maar die skrif is aan die muur. Daar is ook geen manier waarop die ANC die geweld in die land gaan oplos nie.

Ek lees tans ’n boek getiteld Ou Pretoria en in die geskiedenis van ons land het dit soveel keer gebeur dat ons die swartes vertrou en saam met hulle bly, net om een aand vir geen rede aangeval en vermoor te word nie. Dan trek ons maar almal weer in ons laers en staan saam todat ons weer te gerus word. Dit het ‘n 1822 gebeur, weer in 1922 gebeur en ek is seker 2022 gaan nie anders wees nie. Die laers van vandag lyk net bietjie anders as destyds. Dis nou veiligheidskomplekse en afgesperde woonbuurte.

In ’n gesprek met ’n vriendin oor een of ander sinnelose moord vra sy “hoe kan hulle ons soveel haat?”. My antwoord was, dat hulle in 1822 net so min die beeste nodig gehad het vir oorlewing as wat hulle die selfoon nodig gehad het waarvoor die vrou in Waterkloof met haat lewe geboet het. Dis nie haat nie, dis net hulle manier. Jy het iets, en ek wil dit hê. Destyds was dit beeste en vandag is dit of ’n selfoon, BMW of ’n TV. Dis ook nie noodwendig ’n anti-wit ding nie, want in 1822 het hulle ander stamme gaan vermoor en hulle beeste gevat. Hulle val die swartes net soveel soos ons wittes aan. Ons wittes is net sagte teikens wat meer het. Dit gaan nooit ophou nie!

Die ergste is dat ons geen beskermingsfronte meer in plek het nie. Ons het onsself so blootgestel. Nie voordat ons begin terugveg soos in 1822 gaan dinge verbeter nie! Die regering het nie die vermoë om ons te beskerm nie. Plan een is dus: Hoekom kom daar nie ’n boerekommando in die vorm van ’n sekuriteitsmaatskappy in Pretoria tot stand nie, wat ons kan huur om ons huise, woonbuurte en besighede te beskerm? Ek betaal tans vir Ubuntu R5000 pm vir ’n gewapende wag snags by my besigheid. Hoekom kan dit nie aan ’n kultuureie instansie betaal wat so ook dan ’n gewapende mag op die been bring nie?

Plan Twee: Volgens Wikipedia is Namibië ’n land met slegs 2 miljoen inwoners. Daarvan is slegs sowat 100 000 wit en die res gekleurd en swart. Die meeste mense praat en verstaan Afrikaans. Indien 2 miljoen Afrikaners soontoe sou trek sal ons ’n meerderheid stemme hê en sodoende die eerste Afrikaland wees waar blankes demokraties verkies word tot die regering van die land. Ek dink dit is die enigste land in Afrika waar dit ooit kan werk.  Verder glo hulle daar is 210 000 mense wat MIV het, met ’n aanwas van 39%. Dit was in 2005 en ons weet almal hoe verkeerd daardie statistiek altyd is. Dit gaan nie maklik wees nie, maar dit is baie makliker as om na Nieu-Seeland toe te trek. Meeste van ons kwalifiseer in alle geval nie vir immigrasie nie na dié lande toe nie! Daar is talle voordele aan die plan! Ek is seker ons kan ’n korrupte Namibiese binnelandsesake amptenaar kry om 2 miljoen paspoorte te produseer. Meeste van die huidige Zimbabwiers kry dit in die land reg!

Ek neem niemand kwalik wat die land verlaat nie, maar ek wil nie. Die swartes kla so dat ons met apartheid hulle menswaardigheid weggeneem het deur hulle nie toe te laat om op sekere bankies te sit of te stem nie. My geboortereg word egter ontken met uitsprake soos “Gaan terug Europa toe, dis nie julle land nie.”  Ek word my mensereg om veilig te lewe ontneem. Hulle het talle mense vermink met bomme en aanvalle vir stemreg. Wat moet ek doen om my regte te behou?

<!–[if !supportEmptyParas]–>Stephan <!–[endif]–>

 

<!–[endif]–>

monopoly game logoДанильченко Юрий Брониславович компромат

So lyk SA oor 20 jaar…

Tot die onsteltenis van die liberale kliek en tot my eie verligting, het die NSA nou uiteindelik begin om die lang verwagte regressiepad te stap. Ek kon die volgehoue voorspoed van die NSA net nie verklaar nie. Die boodskap kom nou hard en duidelik deur, ja selfs hier in Engeland, dat dinge nie goed gaan met die ANC-regering nie. In hierdie week nog het die BBC op hulle Panoramaprogram 'n minder rooskleurige prentjie van die NSA en sy regering geskets.

Die interessante vir my was egter die feit dat die Afrikaner nie eens genoem is in hierdie program nie. Dis asof die ou SA met al sy eerstewêreldtegnologie nooit bestaan het nie. Net apartheid is nog op die kaart. Dis ook opmerklik dat daar vir geen oomblik erken word dat swart SA is waar hy is agv swart onvermoë nie. Nee, die verklaring vir die ineenstorting is baie meer ingewikkeld en amper magies. Apartheid speel natuurlik 'n aansienlike rol.

Ons is ons land kwyt. Ek het dit aanvaar. Die meeste van my Afrikanergenote dink liefs nie daaroor nie. Ek het dit goed gedink om 'n tydsprong van 20 jaar te waag en 'n verwagtingsblik weer te gee. Ek baseer my verwagtinge tot 'n groot mate op wat met Rhodesië en sy blankes gebeur het.

Staatkundig:

Afrikaners word nog deur enkele individue in een of ander irrelevante politieke struktuur verteenwoordig. Die enigste nut daarvan is inligting en dit onderhou 'n paar gesinne. Dis meestal vertoon deur die swart regering. Blankes in die algemeen neem nie meer aan politiek deel nie. Engels is die amptelike spreektaal, met 'n vertoon van Xhosa en Zoeloe vir effek. Die staatsdiens is swart en baie korrup soos die norm is in Afrika suid van die Sahara. Al die belangrike stede en instellings het Afrikaname. Daar is geen amptelike Afrikanerinstellings oor behalwe dié wat self geskep en uitgebou word nie, en hulle is maar klein.

Kommunikasie:

Radio Pretoria is die enigste Afrikaanse uitsaai-instansie en doen nou ook op klein skaal tv-uitsendings. Daar is nog enkele Afrikaanse liberale koerante oor. Die meeste kommunikasie in Afrikaans geskied op die internet.

Onderwys:

Alle skole en universiteite is Engels en oorwegend swart. Privaatinstellings word deur wetgewing gedwing om die bevolkingsamestelling te weerspieël. Vir die meeste blankes is tersiêre studie in die buiteland wenslik maar finansieel onmoontlik.

Besigheid:

Groot besighede is ten volle getransformeer. Klein sake is baie klein en beweeglik om al die Afrikawetgewings te fnuik – dis elke man vir homself. SA is grotendeels 'n invoerland. Landbou is meestal in die vorm van bestaansboerderye met moontlik enkele groot spogeenhede.

Stede:

Slegs sekere woonbuurtes word onderhou en massas plakkerskampe verswelg die groter sentra. 'n Mate van verval in riolering en infrastruktuur is nou al sigbaar. Daar bestaan nog groot blanke woonbuurte in dele van die vorige bedeling se stede, maar dis maar klein in vergelyking met die massas rondom.

Kultuur:

Die amptelike kultuur is dié van die heersende ANC. Alle ander kulture is op hulle eie aangewese en grotendeels irrelevant. Afrikaners en tot 'n mate die Engelse blankes skakel grotendeels in by die NSA en probeer maar net ekonomies oorleef. Dit word algemeen aanvaar dat dié wat kan, emigreer of ten minste hulle familie vanuit die buiteland ondersteun. Daar is 'n lewendige Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.

Kortom, die NSA het net soos al die vorige kolonies die pad van onafhanklikheid gestap. Dis 'n geleidelike proses en mense pas aan by hulle omstandighede. Dit kan ook nie anders nie. Een van my Zimbabwekliënte sê nou die dag vir my dat daar nog ongveer 18 000 blankes oor is na alles wat gebeur het in Zim. Sy sê haar man gaan vang nog gereeld vis in Kariba en hulle lewenskwaliteit is oor die algemeen goed. Ek verwag dieselfde tendens in SA. Die vraag is of dit vir my en vir jou as kultuurbewuste Afrikaner goed genoeg is. As ons aanvaar dat bogenoemde senario taamlik akkuraat is, wat kan ons doen om ten minste iets van ons Afrikanertrots en -identiteit te laat geld? Ja, jy is heeltemal reg, ons het 'n land nodig, 'n volkstaat, 'n stadstaat – enigiets met 'n amptelike struktuur wat ons ten volle beheer en besit, al is dit klein – liewer dít as 'n dagdroomkoninkryk. Iets wat ons vir onsself kan toe-eien. Die meerderheid Afrikaners gaan ongelukkig nes die Rhodesiërs niks doen om hulleself as groep te laat geld nie, en gaan maar net stadig deel word van die NSA.

Die slotsom is dat dié wat wil deel hê aan 'n Afrikanerprojek, bereid sal moet wees om nederig te begin – van voor af. Ek voorspel daar gaan net een so 'n projek wees oor 20 jaar en dis Orania. Die oorgrote meerderheid sal altyd genoeg argumente hê waarom Orania nie sal werk nie, maar self gaan hulle op die lang duur niks vermag nie. Nes die Rhodesiërs sal hulle met hulle klere aan hulle lywe wegkom as hulle nie deel geword het van die NSA-statistiek nie. Vir die res sal daar altyd 'n plekkie wees soos vir die 18 000 blanke Zimbabwiërs – al kruipende voor hulle Afrikameesters.

free games onlineДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Is u gereed vir die donker prentjie?

Is u gereed vir die donker prentjie?

Die realiteit is dat Eskom nie genoeg krag kan voorsien aan Suid Afrika nie. Hierdie stuk is egter nie gerig op wie se skuld dit is nie of selfs oor hoe die situasie gered kan word nie, maar eerder op die moontlikheid van ‘n totale “black-out”.

Volgens Eskom kan die hele netwerk van krag-voorsiening in Suider Afrika tot stilstand kom indien ons nie minder krag gebruik nie. Dit klink verregaande, maar die hele land kan vir dae, selfs weke sonder krag sit.

Op die oomblik werk meeste kragsentrales op maksimum kapasiteit om die land van krag te voorsien. Dit laat dus geen kans vir onderhoud van die netwerk nie. Die probleem sal egter begin as ‘n paar van hierdie stasies ophou funksioneer. Dit het ‘n domino-effek tot gevolg. Die oomblik as die een stasie tot stilstand kom, plaas dit druk op die ander stasies wat klaar teen maksimum toere funksioneer, totdat daar nog een of twee ingee en so kan dit aangaan tot die hele netwerk tot stilstand kom.

Maar al hierdie dinge is die tegniese kant van die saak en daar is nie veel wat ons, die gewone man op die straat, kan doen om dit te keer nie. Het u al gaan sit en dink hoe lyk Suid Afrika na 48 ure sonder krag?

In die volgende sketse lig ek net ‘n paar moontlikhede uit van wat kan gebeur:

Dag 1: (0-24 ure)

§    Die bevolking word wakker sonder Eskom. Meeste mense is al so gewoond aan beurtkrag dat hulle redelik gemaklik sonder krag gereedmaak vir werk. Omtrent niemand is bewus dat die hele Suid Afrika sonder krag sit nie. Die wat dit reeds weet, vermoed egter dat dit nie te lank sal wees voor die krag aankom nie. Mense is moedeloos, maar maak praktiese planne om aan die gang te kom. Dit is eers as hulle die radio in die kar aansit dat hulle besef dat daar geen krag in die land is nie. Daar is nie daaglikse koerante beskikbaar nie, die drukperse staan. Die radiostasies wat wel kragopwekkers het, probeer soveel as moontlik inligting deurgee na die publiek. Eskom beweer al hulle aandag is toegespits om die krag weer aan die gang te kry, maar daar is niemand wat durf waag om te sê hoe lank die onderbreking gaan duur nie.

§    Hospitale se kragopwekkers loop al van die vorige aand af, maar krag-gebruik word beperk tot die nodigste. Die gange is stil en donker, pasiente word aanbeveel om so min as moontlik krag te gebruik en televisiestelle staar vaal en flikkerloos terug na die siekes.

§    Melkboere sonder kragopwekkers begin bekommerd raak. Hier en daar kry hulle dagwerkers in om te help om die beeste met die hand te melk. Dit gaan stadig en die melk is nie so skoon as wat dit moet wees nie. Al die pompe staan, die spilpunt kan nie loop nie, maar gelukkig is daar genoeg water in die tenks om die diere van water te voorsien.

§    Inkopie-sentrums en winkels met kragopwekkers maak oop soos gewoonlik. Hier en daar maak klein ondernemings hulle deure in die donker oop, ander stuur hulle werknemers huistoe en hoop dat die krag gou weer gaan aankom. Mense sit rusteloos na hulle rekenaarskerms en staar met die hoop dat dit enige oomblik sal aangaan.

§    Pendelaars drom saam voor stilstaande elektriese treine. Diesulkes wat op ‘n bus of taxi sitplek kry probeer om by die werk te kom. Die jong klomp raak rusteloos en hulle misnoeë klink al harder op.

§    Die verkeer is een groot knoop. Die karre beweeg teen ‘n slakkepas op die hoofweg. Hier en daar vat iemand ‘n kans om oor ‘n kruising te kom. Toeters word uit frustrasies gedruk en humeure begin toenemend opvlam. Polisie, verkeerspersoneel en nooddienste het hulle hande vol om orde te hou.

§    In die skole sit kinders in donker klaskamers en probeer konsentreer op wat die onderwysers sê. Die projektor staan soos ‘n wit olifant voor in die klas. Die skoolklok werk nie en onderwysers hou maar die horlosie dop om klasse te verdaag.

§    In die ouetehuis spook die personeel om almal kos te gee. Die mense in die siekeboeg word op noodstelsels aan die gang gehou. Die ander oumensies moet maar tevrede wees met koue pap.

§    ‘n Ry motors vorm by elke vulstasie. Daar is nie krag vir die pompe nie. Dié wat nog genoeg brandstof het, word aanbeveel om na stasies te gaan wat kragopwekkers het. Hier en daar besef mense dat hulle nie genoeg kontant aan hulle het om iets te ete of te drinke te koop nie. Al die kitsbanke staan verlate en al die kaarte in die beursie beteken niks nie, want al die banke is “offline”. Groot banke se deure staan toe.

§    Moeders krap in die yskas rond op soek na iets om ‘n ete van te maak. Hier en daar begin goed in die vrieskas stadig ontdooi. Die huise is stil, in die verte dreun ‘n buurman se kragopwekker. Die gelukkiges trek die gasstofies nader, ander probeer hout by die naaste kafee te kry om te braai as die krag nog nie vanaand aan is nie.

§    Gerugte versprei via sms dat die krag landwyd aan is en mense begin stadigaan meer en meer bekommerd raak. Talle keer terug huistoe, sukkelend om deur die verkeersknope te kom.

§    By die reservoirs begin ingenieurs ook bekommerd raak. Die watervlakke daal vinnig, met geen manier om dit aan te vul nie. Die pompe staan spookagtig stil.

§    Teen die middag begin dinge vereger. Ouers probeer hulle kinders by skole gaan haal met die hoop om sommer iets te koop op pad om te eet. Al die wegneem-etes-plekke se venstertjies is toe. Talle sit in die kar en radio luister met die hoop om uit te vind wanneer die krag weer gaan aankom.  

§    In baie yskaste begin daar ‘n bedompige reukie hang.

§    Donker daal neer oor Suider Afrika. Die reuk van braaivleis hang oor woonbuurte, maar die bier is al warm. Hier en daar gee ‘n krag-opwekker sy laaste ruk voor dit sonder brandstof gaan staan. Meeste mense gaan slaap vroeg en hoop dat daar more sal krag wees.

Na 24 uur:

Die skets beeld ‘n paar moontlike situasies uit. Dit is egter onmoontlik om menslike reaksies akkuraat vooruit te bepaal.

In 24 uur behoort daar egter nie te groot probleme te wees nie. Die verkeer gaan vreeslik ophoop sonder werkende verkeersligte, ‘n paar besighede gaan dalk hulle deure tydelik moet sluit, maar die gemiddelde man op straat behoort ‘n dag sonder krag redelik gemaklik te oorleef.

Een van die grootste frustrasies, naas die verkeer, gaan defnitief die tekort aan kontant wees. Met die hoë misdaadsyfer, die gemak van internetbankdienste en kaarte het baie min van ons ‘n groot bedrag harde kontant tot ons beskikking. Die oomblik as die krag afgaan het ons geen toegang tot ons fondse nie. Die banke kan nie kontant uitreik sonder dat hulle data-basis aanlyn is nie, al het jy miljoene in die bank. Ondernemings is ook huiwerig om tjeks te aanvaar, veral as hulle besef hulle kan dit nie wissel voor die krag aankom nie. Geen kitsbank of kaartfasiliteit kan werk sonder krag nie. Dit gaan dus ongelooflik moeilik wees om kontant in die hande te kry en sonder kontant gaan dit nog moeiliker wees om te kan koop.

Na 24 uur gaan yskaste ook begin warm word. Produkte soos melk en vars vleis, beide in ons eie yskaste, sowel as die winkels se yskaste gaan begin afgaan. Gevriesde produkte kan dalk nog na 24 uur relatief koud wees, maar elke minuut daarna gaan dit vinniger begin ontdooi. By slaghuise gaan die skade aansienlik groter wees as hulle nie kragopwekkers het nie. Warm karkasse word in koelkamers gestoot om so gou moontlik na slagting af te koel. As so yskas vol warm vleis nie werk nie, gaan die vleis vinnig bederf.

Die seisoen gaan ook ‘n groot rol speel in die situasie waarin mense hulle bevind. Indien die krag in die middel van die somer afgaan en temperature draai in die dertigs, gaan produkte baie vinniger bederf as byvoorbeeld in die winter. Die winter bring egter probleme van sy eie. Dink maar aan temperature onder nul grade in die aand, met geen manier om warm te bly nie, behalwe ‘n vuur. Die tyd van die maand kan ook ‘n bydraende rol speel in die noodlot van burgers. Indien dit volmaan is, gaan mense redelike gemaklik kan beweeg in die nag, maar met donkermaan, waar jy nie jou hand voor jou oë kan sien nie, kan dit dalk dinge nog erger maak.

Alles in ag geneem behoort Suid Afrika 24 uur sonder krag te kan trotseer.

Dag 2: (24 -48 ure)

§    Mense word moedeloos wakker. Daar is nie warm water vir koffie of gesig-was nie.
§    Op die plase begin boere oorweeg om die melk in die tenks weg te gooi. Dit is die derde sessie wat met die hand gemelk word.

§    In die stede besluit klomp mense om nie werk toe te gaan nie. Hier en daar probeer besigheidseienaars nog om winkels oop te hou. Karre begin aan die kant van die hoofweg vergader. Die bestuurders het dit probeer maak, maar die brandstof was net te min om die huis te haal.

§    Ontstoke pendelaars begin treine aan die brand steek. Sekere besighede begin deurloop onder groepe jeugdiges wat op soek is na iets om te eet. Asblikke word omgedop en op party plekke word hope vullis in die straat aan die brand gesteek om ontevredenheid te demonstreer.

§    Kinders eet langtand aan kits-pap en oorskiet van die vorige aand se braai. Hulle sit verveeld om die huis rond, met geen televisie, rekenaar of  radio wat werk nie. In sommige woonbuurte speel groepe kinders in die strate. Volwassenes loop bekommerd heen en weer.

§    Die druk van die water begin nou vinnig afneem. Die wat besef wat aan die gang is maak soveel as moontlik houers vol water.

§    Kommunikasie word ‘n al groter probleem. Selfone se batterye begin doodgaan, die landlyne werk nie meer nie en slegs ‘n paar radiostasies is nog op die lug. Die boodskappe om kalm te bly word oor en oor herhaal.

§    Paniek begin posvat by sommiges.

§    Plattelandse dorpies se strate is spookagtig leeg. Een of twee besighede hou nog hulle yskaste aan die gang, maar al die ander se deure staan toe. Kontant is skaars en besighede is onwillig om tjeks te aanvaar. Ook hier word die water vinnig minder.

§    In lykshuise begin die  reuk van dood rondhang soos wat lyke warm word en begin ontbind.

§    Die ou mense in die ouetehuis trek ook nou swaar. Die kos is skaars en hulle verswak vinnig.

§    Skole, universiteite en ander akademiese instellings staan verlate.

§    Alarmstelsels, straatligte, en die afwesigheid van selfone skep ‘n groot geleentheid vir misdadigers.

§    Die manne in uniform het hulle hande vol met ongelukke. Hulle probeer help, maar die feit dat niemand kan bel nie bemoeilik hulle taak.

§    In party woonbuurte begin inwoners saamdrom in groot groepe en dade van vandalisme, diefstal en selfs aanranding begin al meer en vinnger kop uitsteek. Teen hierdie tyd is ‘n noodtoestand al afgekondig. Die weermag word ook gebruik om te probeer orde hou, maar die logostiek daaraan verbonde ooreis hulle kapasiteit.

§    Op lughawens sit mense al vir ‘n paar uur rond, maar daar gaan niks aan nie. By die hawens le skepe geduldig en wag vir die hyskrane om weer te beweeg.

§    Eskom se taak word al moeiliker. Omgekrapte burgers steek kragpunte aan die brand, gooi Eskom bakkies met klippe en vandaliseer substasies.

§    Teen sononder op die tweede dag begin water op sommige plekke opdroog. Gesinne op die agste vloer van woonstelblokke sit nou sonder water om te drink of ‘n manier om kos gaar te maak. Die vrieskaste is nou al sterk afgeloop en die reuk van kos wat begin vrot hang in die woonstelblok se gange. Inwoners begin planne maak om iets in die hande te kry om te eet en te drink.

§    Duisende honger mense toi-toi in die strate. Hulle dring aan op kos en water. Hulle beweeg al nader na bekende kettingwinkels se deure.

§    In baie huise word die laaste blikkies kos oopgemaak. Die hout is op en party mense begin ou meubels uitmekaar breek om op te braai.

§    48 ure later sak die son oor ‘n donker prentjie. Die grootste deel van die Suid-Afrikaanse burgers sit met min of selfs niks kontant by hulle nie, hulle het nie meer water in die krane nie, brandstof word vinnig skaarser, selfone se batterye is pap, die kos-kaste begin leeg raak, as dit nie klaar leeg is nie, vrot produkte word in swart sakke op die erf weggesteek waar dit kan en toilette kan nie meer spoel nie. Sonder enige ligte in die strate en huise word dit stik-donker in die nag, net hier en daar sit mense om ‘n battery-kamplig of ‘n klein vuurtjie.

Na 48 uur:

Die verskil tussen 24 en 48 uur sonder krag is drasties. Die gemiddelde Suid-Afrikaner rig hom/haarself in om beurtkrag te oorleef. ‘n Kragopwekker met 20/30 liter petrol, ‘n klein botteltjie gas, ‘n paar ekstra batterye sien jou deur ‘n hele paar epsisodes van beurtkrag. Na 48 uur gaan meeste van ons se “beurtkragreserwes” redelik opgedroog wees. Iets wat ook nog nie juis ‘n probleem was gedurende beurtkrag nie, is die beskikbaarheid van water, maar na 2 dae sonder pompe gaan heelwat munisipaliteite se reservoirs begin leeg raak.

U mag dalk dink dat water nie so noodsaaklik is nie, maar het u al gedink aan al die moontlike gevolge?

–    Sekerlik die ligste van gevolge is tuine wat tot niet gaan. Indien die krag in die somer afgaan, gaan plante vinnig verdor in die Afrika-son. As mens in ag neem wat kos plante deesdae by kwekerye, kan dit opsigself duisende rande se skade veroorsaak. (om nie eers van die kwekery se verliese te praat as hulle sonder water sit nie)

–    Badwater. Meeste van ons probeer om ten minste een keer ‘n dag te bad of te stort. Sonder water gaan mense skaars kan was. Alhoewel mens dalk nog kan saamleef met die reuk van sweet, bevorder dit onhigiëniese toestande, veral as mense nie eers kan hande was, kos afspoel of tande borsel nie. Na ‘n paar dae sonder hierdie funksies kan die tot mediese probleme lei. (Dit is nou as jy nie klaar dood is van dehidrasie nie)

–    Toilette. Die oomblik as die druk afneem en die water opdroog gaan ons ook nie meer kan gebruik maak van spoel-toilette nie. As die laaste bek water deurgespoel het, gaan die toilet so staan totdat daar eendag weer water is. Dink u self in, ‘n huis met 5 of 6 mense in, en niemand kan gebuik maak van die toilet nie. Neem ook in ag dat kos wat ontdooi het, die verhoogde spanning en moontlike vreemde dieët mense se mae verder kan omkrap. Mense wat toegang het tot ‘n groot erf kan dalk nog ‘n ‘veld-toilet’ patenteer, maar waar gaan iemand heen wat op die agtste vloer van ‘n woonstelblok bly heen? Weereens is dit nie die reuk nie, maar eerder die gunstige omstandighede vir kieme om uit te broei wat hier die groot probleem is.

–    Die grootste probleem is egter die tekort aan drinkwater. ‘n Mens kan nog planne maak om begenoemde probleme te oorbrug, maar sonder water, gaan mense dehidreer en sterf. U mag dalk glimlag omdat u ‘n boorgat op u erf het… Maar as daardie pomp met krag werk, gaan dit u absoluut niks baat nie.

Die gesegde is dat mens nie iets mis, totdat jy dit verloor het nie. Dit is verseker die geval met beide krag en water. Dit is eers as ons nie meer kan stort, bad, die toilet gebruik en water het om te drink nie, dat ons gaan besef hoe bevoorreg ons is op die oomblik.

In die eerste 24 uur gaan die res van die wereld hulle ook nie juis steur aan ons nie. Daar is baie land/gebiede wat vir ‘n dag of twee sonder krag gaan, maar na die eerste dag kan alarms begin afgaan by instansies wat noodwerk doen. In Suid-Afrika behoort daar ook teen die tyd ‘n noodtoestand afgekondig te wees. Dit gaan egter vreeslik moeilik wees vir buitestaanders om hulp te verleen. Onthou dat Eskom groot dele van buurlande ook aan die gang hou. As iemand dus wil ingryp gaan hulle omtrent die hele Suider-Afrika moet help. Die logostiek verbonde aan hierdie hulp is ook belaglik. Gestel iemand sou water wou beskikbaar stel vir die mense van Gauteng, sal hulle eerstens ‘n voertuig moet hê. Kom ons gebruik ‘n 34 ton trok as voorbeeld. Dit werk ongeveer op 34 000 l water uit. Om 4 miljoen mense ‘n enkele liter water te gee sal so trok 118 keer moet ry. So gestel ons kry die trok, diesel, met die tenks, waar gaan ons die water kry? Die praktiese oplossing is van damme rondom Gauteng, maar hierdie water moet eers uitgepomp word sonder die gebruik van krag. Hierdie trokke sal ook onder militere begeleiding moet beweeg om te keer dat paniekerige mense nie in hulle vrees trokke oorval nie. Dit is dus duidelik dat dit ‘n ernstige probleem gaan wees om 4 miljoen liter water daagliks te versprei.

Dieselfde probleem geld wanneer dit by kos kom. Ons sien altyd hoe die VN met vliegtuie en helikopters kos aflaai vir mense. Daardie kos bestaan grootliks uit basiese produkte soos meel, sout ens. Alhoewel dit groot verligting gaan wees, gaan dit ‘n krisis wees as mense nie water of vuur het om dit gaar te maak nie. weereens moet ons kyk na die logostiek. Net in Gauteng gaan jy duisende vliegtuie met voorraad moet kry om al die miljoene mense daar te voed vir ‘n week of twee.

Dus, na 48 uur sonder krag staar Suid-Afrika ‘n ontsettende krisis in die gesig. Die finansiële markte is ook al 48 uur af. Beleggers gaan, indien moontlik, vinnig uit Suid-Afrika wil onttrek. Elke liewe sektor van produksie kom tot stilstand. Van mynbou en landbou deur tot by die kleinhandel gaan tot stilstand kom. Neem in ag dat groot besighede op skedules begroot en dan sal u besef hoe ver so stilstand die ekonomie kan terugruk. Elke uur wat die krag af is, gaan daar miljoene rande verlore. Die ironie is verder dat hierdie besighede nie net weer kan begin produseer die oomblik as die krag aankom nie. Massas produkte gaan tot niet gaan en sensitiewe prosesse gaan van voor af moet begin. Brandstofmaatskappye raak al klaar agter met beurtkrag, dink net hoe ver hulle gaan agter raak as die krag af is vir meer as 48 uur. Die finansiele gevolge van 48 uur sonder krag is biljoene in skade. Daar is geen manier hoe Eskom hierdie eise sal kan vergoed nie. Dus, sou die krag na 48 uur aankom, sal Eskom(soos ons dit tans ken) dit nie finansieel oorleef nie. Hierdie verliese gaan deur die groot besighede en ons op straat gedra word, hetsy op die kort- of op die langtermyn.

Die oomblik as mens oor die goed begin dink is daar heelwat vrae wat ontstaan. Eenvoudige vrae soos gaan ons rente kry op ons geld in die bank vir hierdie tyd, gaan ons dienste moet betaal vir die tyd, wat gaan die wisselkoers wees as die krag weer aankom, gaan hierdie tyd van ons salaris afgetrek word, gaan ons salarisse moet betaal vir hierdie tyd of gaan versekering uitbetaal op ons eise ten opsigte van diefstal en saakbeskadiging? Die groot vraag is, gaan ons weer in die finansiële en sosiale posisie wees waarin ons was voor die verduistering. Die antwoord is: Nee!

Neem in ag die trauma wat so verduistering op die publiek en meer spesifiek, kinders gaan wees. Die vrees dat die water in ons krane gaan opdroog, of erger, die realiteit van krane sonder water gaan defnitief ‘n sigiese impak op mense hê. Mense gaan in vrees leef dat dit weer kan gebeur. Ná so episode is dit ook voorsienbaar dat ‘n klomp mense hulle tassies gaan pak en na ‘n ‘veiliger’ omgewing gaan verhuis. Al word ons op een of ander manier vergoed of ten minste weer in dieselfde finansiële posisie geplaas waar ons was voor die tyd, gaan ons geen vertroue hê in die mense in beheer nie.

Iets wat interessant gaan wees om te sien is hoe mense gaan optree in hierdie tyd. Neem in ag dat kommunikasie al meer beperk gaan word en inligting al skaarser gaan word. Die perpektief van ‘die land is in krisis’ gaan verskuif na ‘ons is in krisis’. Daar is niks wat jy gaan kan doen vir iemand 50km van jou af nie, maar bure kan mekaar help. Die vraag is net of ons mekaar gaan help en of ons eerder op ons eie gaan probeer oorleef. Groepe kan positief wees om struktuur te skep, paniek te beheer en mekaar by te staan, maar groepe het ook meer hulpbronne nodig as individue. Dit sal nie snaaks wees as baie mense hulle hekke sluit en hulle voorraad eerder vir hulle-self probeer hou nie. Dit is egter onmoontlik om te sê hoe mense in hierdie situasie gaan optree. Wat wel gesê kan word, is dat daar helde en lafaards sal wees.

Om op te som, na 48 uur behoort meeste van ons nog te kan oorleef. Dit gaan haglike omstandighede wees en paniek gaan begin inskop. Noodvoorrade gaan begin min word en finansiële skade gaan drasties begin meer word. Hierdie is egter oorkombare probleme as die krag na 48 ure aankom, maar sê nou dit gebeur nie?

Dag 3 ( 48-72 ure):

§    Omstandighede begin nou vinnig verswak regdeur Suid-Afrika.

§    Melkboere ervaar nou die vyfde en sesde sessie sonder krag. Op ‘n stal gemiddeld van 20liter per koei het hulle nou al 120 liter melk per koei verloor, bo en behalwe die melk wat alreeds in die koeltenks was. Die direkte verlies is omtrent R360 per koei sover. Op 100 koeie het die boere reeds R36 000 verloor in net 3 dae. Verdere verliese aan inkomste deur siektes soos mastitis gaan oor die lang termyn die boere duur te staan kom om nie te praat van die reuk van 12 000 liter vrot melk nie.

§    Besproeiingsgewasse begin ook duidelike tekens van droogte wys en boere wat nie alternatiewe bronne van water het, soos wind- en sonpompe, nie se vee trek ook nou swaar. Alle moontlike bronne word teen die tyd ontgin en benut.

§    Mielies en koring in groot silo’s kan nie benut word nie en die land se voorraad meel word vinnig minder omdat daar nie meulens is om aan te hou produseer nie. Die vleis by die slagpale is vrot en die krale staan leeg.

§    Water word al skaarser. Groot massas mense sak neer op besoedelde stroompies en riviere om water te kry. Baie van hulle is so dors dat hulle nie die water kook nie en so word die risiko vir ‘n epidemie al groter.

§    Groot skare honger jeugdiges begin om winkelsentrums te plunder op soek na iets om te eet en te drink. Die polisie en weermag is uitgedun omdat baie van hulle eerder hulle eie gesinne probeer help om aan die lewe te bly. Dit maak dit makliker vir misdadigers om te maak wat hulle wil. Moord, verkragting, diefstal en vandalisme bereik nuwe hoogtes.

§    Eskom se werk word nog moeiliker gemaak deur ontevrede burgers wat hulle kantore, stasies, voertuie en werknemers aanval.

§    Regeringsamptenare begin ook paniekerig raak omdat mense hulle verantwoordelik hou vir die penarie. Die wat uit die land kan vlug, doen dit in aller yl.

§    Die buiteland probeer soveel moontlik hulp mobiliseer, maar die logostieke probleme is ‘n groot struikelblok. ‘n Klomp onwettige immigrante steek die grens oor wat nou yl beman word. Die buurlande sit ook sonder elektrisiteit, kos en water. Hierdie mense hoop naïewelik dat dit beter sal wees in Suid Afrika.

§    In meer gegoede woonbuurte begin daar ook paniek inskop. Die realiteit dat die krag nog etlike dae kan af wees maak mense al hoe meer bekommerd. Baie mense pak hulle goed en probeer uit die stad kom met die hoop dat hulle dalk iewers water en kos in die hande kan kry.

§    Hospitale begin ook tot stilstand kom. Kragopwekkers loop nou al vir 50 uur. Slegs die uiters kritieke pasiente se masjiene kan nog voorsien word. Kos en water is ook hier omtrent op. Pasiënte wat nog kan aangaan is lankal huistoe gestuur. Die personeel is ook erg uitgedun omdat klop mense nie kon of wou terugkom werk toe nie. Ander pasiente moet maar inspring en help waar dit kan. Die toilette wat nie kan spoel nie laat ‘n gruwelike reuk in die lug. Die noodgevalle saal lyk soos ‘n toneel uit ‘n oorlogfilm. Mense wat deurgeloop het onder bendes, ongelukke en ander tragedies sit en lê oral. Water om die saal skoon te maak is skaars, die lugversorging werk nie en mediese voorraad word vinnig minder. Party dokters stap eenvoudig net weg omdat hulle nie kans sien nie. Hulle eie families is honger en dors.

§    Die reuk van ontbindende liggame hang rondom die lykshuis. Die yskaste is ook nou al amper 60 uur af. Nuwe lyke stroom nog in, maar daar is geen manier om hulle af te koel nie.

§    In die ouetehuise begin ou mense sterf van honger en dors. Ook hier is die onhigiëniese toestande nou op kritieke vlakke en met min kos en water verswak die bejaardes verder.

§    Inflasie skiet die hoogte in. Mense besef gou dat ‘n brood en ‘n liter water in die hand meer as ‘n duisend rand in die sak werd is. Ruilhandel begin ook gou kop uitsteek. Mense sal enige iets doen om net kos en water in die hande te kry.

§    Duisende mense stroom na die platteland. Vreemde mense stop op plase en smeek vir water. Meeste boere probeer soveel moontlik mense help as wat hulle kan, maar op ander plase word mense begroet met die loop van ‘n haelgeweer. Vee wat teen grootpaaie loop word kos vir honger mense. Klein ‘dorpies’ vorm rondom windpompe naby die pad.

Na 72 ure:

Na 72 uur sit ons weliswaar met groot probleme.

Soos alreeds genoem gaan water en kos al skaarser word. Brandhout, gas, brandstof en ander alternatiewe om die kos gaar te maak en water te steriliseer gaan net so skaars word. Skaars hulpbronne is die oorsaak van oorlog.

Oorlog word altyd gevoer oor “iets”. Geld, geloof en grond is die onderliggende motiewe vir talle oorloë. In ontwikkelende lande onstaan konflik oor edelgesteentes soos diamante. Die een ooreenkoms tussen hierdie konflikte is dat daar gewoonlik twee of drie groot rolspelers of kante is wat aanspraak maak op die “iets”. Konflikte soos dié is uitgerek en die betrokke partye kan oor weke, maande en jare voorberei en beplan. Wanneer die “iets” egter kos en water is, is daar nie tyd om te beplan of voor te berei nie. Die dringendheid van die situasie verhoog emosie en desperate pogings om hierdie “iets” in die hande te kry kan maklik lei tot geweld.

Die konflik is egter nie wit teen swart of Christen teen Moslem nie, dit is elke man of groep vir homself teen al die ander in ‘n geveg om oorlewing. Hierdie konflik gaan moontlik baie primitief wees. Enige iets wat as wapen gebruik kan word, gaan só ingespan word. In Engels praat hulle soms van ‘get rich or die trying’, maar hier is die geval eerder, ‘get food or die starving’. Dit is wat die situasie so vlambaar maak. Ons verwag dat misdadigers steel, maar wat gebeur as ‘n wetsgehoorsame Pa sien hoe sy kinders honger en dors na hom kyk?

Wat ons ook in ag moet neem is dat daar sekere groepe in Suid Afrika is wat nie oor die weg kom nie. Dit gaan dinge net vererger. Op die oomblik is daar klaar rassespanning en ‘n lang kragonderbreking kan dalk die perfekte geleentheid skep vir mense met verskuilde agendas om ander groepe te probeer aanval.

Wat gaan in die tronke gebeur? Na drie of vier dae gaan wagte net nie meer opdaag nie. Die mense in die tronk gaan òf doodgaan van honger en dors òf iemand gaan die deure vir hulle oopmaak om hulle ‘n kans te gee om vir hulle self iets te gaan soek om te eet of te drink. Duisende misdadigers dood in hulle selle of los op straat. Watter opsie is die menslike een?

Ek kan u belowe dat staatsamptenare wat hierdie stuk lees u gaan gerus stel dat dinge nie so erg gaan wees nie. Hulle gaan ons belowe dat daar voldoende noodplanne in plek is om so katastrofe te voorkom en te beheer. Die realiteit is dat hulle en Eskom al klaar gefaal het om ons van krag te voorsien. Hulle werk met geen reserwes nie en die netwerk staan op genade.

Alles gaan dalk nie presies gebeur soos ek dit hier uiteengesit het nie. Wat ek hier probeer skets het, is net een moontlikheid van hoe ‘n kraglose paar dae kan lyk vir ons. Dalk gebeur alles wat ek geskryf het binne die eerste 24 uur, dalk oorleef ons ‘n week sonder enige voorvalle. Die punt bly dat ons in ‘n land woon waar die infrastruktuur uitmekaar begin val, daar erge tekort is aan elektrisiteit, dat ons nie ingerig is om ‘n verduistering te hanteer nie en politieke en kulterele spanning al hoe meer begin oplaai. Sit die ligte af in so ‘n land en dit is ‘n wenresep vir lewensverlies.

                                      

Toets uself:

As ons vooraf weet wanneer die krag afgaan kan ons darem so effens voorberei. Met beurtkrag het ons al geleer om voorsiening te maak vir wanneer die krag afgaan, maar wat gebeur as die krag nou, terwyl u hier lees, landswyd sou afgaan? Doen hierdie eenvoudige toetsie om te kyk hoe gereed is u.

Kommunikasie:

Kom ons gaan uit van die veronderstelling dat selfoonnetwerke onafhanklik van Eskom kan funksioneer:

1. Hoe lank kan jou battery hou van nou af?                                             …………………….

2. As jy ‘n skootrekenaar het, hoe lank kan sy bettery nog hou?              …………………….

3. Het jy toegang tot enige ander kommunikasiemeduim?                      …………………….
     
4. Het jy toegang tot ‘n laaier vir jou foon/skootrekenaar?                      ……………………..

Hierdie vragies behoort jou ‘n aanduiding te gee oor hoe lank jy nog met jou geliefdes sal kan kommunikeer.

Logistiek:

1. Hoe ver is jy nou van jou huis af?                                                        ……………………

2. Hoeveel brandstof het jy in jou motor?                                                …………………….

3. Wat is jou brandstof verbruik?                                                              …………………..
   (Dit behoort jou ‘n idee te gee oor hoe ver jy nog kan ry)

4. Het jy afhanklikes wat op jou staatmaak vir vervoer?                           ……………………
    (byvoorbeeld kinders wat by die skool is, ens.)

5. Weet jy waar is die naaste vulstasie wat ‘n kragopwekker het?            …………………….

6. Hoeveel kontant het jy by jou?                                                               ……………………

Die antwoorde op hierdie vrae sal jou ‘n aanduiding gee van hoe ver jy sal kan ry. Wat jy moet onthou is dat slegs vulstasies wat kragopwekkers het vir jou brandstof sal kan gee, en slegs as jy kontant het. Geen kitsbank kan funksioneer as die krag af is nie. Onthou ook dat verkeer baie stadiger as gewoonlik gaan vloei omdat verkeersligte gaan af wees. Probeer agterpaaie gebruik, veral as jy nog mense moet oplaai, dit kan baie brandstof spaar.
 
Nadat jy almal opgelaai het en by die huis uitgekom het, hoe lank kan jy oorleef?

Water:

1. Het jy toegang tot water wat onafhanklik van die munisipaliteit s’n werk?  …………….

2. Het jy houers om water in te berg?                                                                  …………..

3. Het jy toegang tot ‘n funksie om water te kan steriliseer? (kook)                   …………..

4. Hoeveel mense is saam met jou afhanklik van hierdie bron?                          …………..

Hierdie vrae behoort jou ‘n aanduiding te gee oor hoe lank jy toegang tot water gaan he. Neem in ag dat die vlakke van jou munisipaliteit se reservoir ook ‘n rol gaan speel ten opsigte van hoe lank jy lopende water by jou krane gaan hê. Daar is sommige munisipalieite wat toegang tot kragopwekkers het en hier sal die water langer hou as op ander plekke onder swakker bestuur. As jy nie afhanklik is van die munisipaliteit vir water nie, antwoord die volgende vrae:

5. Met water tipe krag werk jou primêre waterbron?                                         ………………
    -indien jy ‘n son- of selfs ‘n windpomp het, behoort jy glad nie ‘n probleem te hê nie!

6. Indien jou pomp met elektrisiteit werk, hoe vol is jou reservoir of tenk?      ……………..

7. Hoe ver is die naaste bron van water wat nie van elektrisiteit afhanklik is nie?  ………….

8. Het jy maklike toegang tot hierdie alternatiewe bron?                                        …………..

As jy kyk na die antwoorde op hierdie paar eenvoudige vrae, behoort jy ‘n idee te hê hoe lank jy jouself van water sal kan voorsien.

Kos:

1. Hoeveel kos is daar op die oomblik in jou yskas?                                       ………………..
 (omtrent hoeveel etes?)

2. Hoeveel van hierdie kos gaan na 24 uur nog reg wees?                               ……………….

3. Hoeveel van hierdie kos gaan na 36 uur nog reg wees?                           …………………..

4. Hoeveel van die kos moet eers gaar gemaak word?                             
…………………….

5. Het jy toegang tot ‘n kragopwekker om die yskaste koud te hou?        ……………………

6. Het jy toegang tot ‘n funksie om die kos gaar te maak?                        …………………….

7. Hoeveel etes sal jy kan gaarmaak met die hout/gas wat jy nou het?       ……………………

8. Hoeveel kos het jy in jou vrieskas?                                                   ………………………….

9. Hoe lank kan kos in jou vrieskas gevries bly sonder krag?                   ……………………..

10. Het jy toegang tot ander voedsel-bronne?                                             ……………………
      (bv. Boere op die plaas wat ‘n groente tuin het of ‘n slagskaap…)

11. Hoeveel blikkieskos is in jou kaste?                                                   
…………………….

12. Hoeveel basiese produkte soos meel, sout en suiker het jy?             ………………………

Nadat jy al die vrae beantwoord het, behoort jy ‘n idee te kry oor hoe lank jou kos-voorraad sal hou indien die krag afgaan. Wat jy moet in ag neem is dat die tyd van die jaar (bv. somer) ‘n groot invloed gaan hê op hoe lank die kos gaan hou. Die ander dinge wat in gedagte gehou moet word is dat party kossoorte vinniger sleg word as ander.

Algemeen:

1.    Werk jou ligte met Eskom krag?                                                             
…………………..

2. Hoeveel ligte het jy wat met bv. gas/batterye werk?                               ……………………
  (flitse, kerse, lanterns ens)

3. Hoe lank behoort hierdie ligte jou te hou?                                               ……………………

4. Werk jou alarm met elektrisiteit?                                                             …………………..

5. Werk jou motorhuis-deure of ander hekke met elektrisiteit?                     ………………….

6. Het jy toegang tot ‘n radio wat nie met Eskomkrag werk nie?              ……………………

7. Het jy toegang tot ‘n plek waar jy al jou vullis kan weggooi/brand?      ……………………
    (neem in ag dat na 36-48 ure daar heelwat vrot kos gaan wees)

8. Het jy toegang tot ‘n noodhulpkissie?                                                     …………………..
    (Pille vir maagpyn, hoofpyn ens kan baie handig wees)

Hierdie is maar net ‘n paar vrae om jou bewus te maak van hoe onvoorbereid sommiges van ons is. Ons is nie ingerig om ‘n ‘black-out’ te hanteer nie en so krisis kan ons baie onverwags oorval. Na aanleiding van die vrae wat jy nou net beantwoord het, hoe lank dink jy sal jy gemaklik kan oorleef voordat jy probleme gaan ondervind? Daar is mense wat maande sal kan oorleef op hulle voorraad, maar daar is ook baie van ons wat nie 72 uur gaan haal nie.

Wat kan jy doen?

Ons kan niks doen aan die ‘black-out’ self nie. Om die netwerk weer aan die gang te kry gaan deskundiges op die gebeid vereis. Kom ons hoop en vertrou dat Eskom se tegnici so stilstand vinnig kan regmaak. Maar wat kan ons doen?

Voorkoming:

Dit kan dalk effense ongerief en bietjie tyd neem, maar ons kan baie elektrisiteit spaar deur oordeelkundig daarmee te werk. As ons die elektrisiteit verbruik van die land verlaag, gaan dit defnititief die risiko van ‘n ‘black-out’ baie verminder. Hier is ‘n paar eenvoudige wenke.

–    Moenie ligte onnodig laat brand nie. Die laaste persoon uit ‘n vertrek sit die ligte af.
–    Skakel buiteligte af as dit nie nodig is dat hullemoet brand nie.
–    Gebruik van die nuwe gloeilampe wat energie bespaar.
–    Moenie meer water kook as wat jy nodig het nie.
–    As die waterverwarmer vir tye kan afgeskakel wees, spaar dit baie krag.
–    Skakel jou televisie af as jy nie kyk nie..
–    Skakel toerusting wat nie werk nie af.
–    Maak meer gebruik van gas.

Hierdie paar wenke kan jou baie geld spaar en as almal dit doen kan ons baie elektrisiteit ook spaar. Probeer sover moontlik om jouself van Eskom te speen. Koop meer toerusting wat met gas of ander energie werk, sodoende gaan dit jou baie minder pla as die krag af is, omdat jy klaar gewoond is om met alternatiewe krag te werk.

Op hierdie manier kan ons verhoed dat die elektrisiteitsnetwerk ineenstort, maar hoe kan jy jouself voorberei vir ‘n regte, landswye ‘black-out’?

Voorbereiding:

Elke fase in hierdie verduistering gaan ‘n verskillende klem plaas op wat jy gaan nodig he.

0-24 uur:

In die eerste 24 uur is die klem op ongerief. Hier is ‘n paar dinge wat jy kan doen om die ongerief te verminder:

§    Vermy hoofpaaie. Verkeersligte gaan nie werk nie en karre gaan kilometers aaneen staan op die gewilde roetes. Werk vir jou vooraf ‘n roete uit met so min as moontlik verkeersligte. ‘n Goeie idee sal wees om ‘n vulstasie, waar jy weet ‘n kragopwekker is, in die roete te inkorporeer.

§    Sorg dat jy altyd toegang tot ‘n redelike bedrag kontant het. Baie mense is bang om ‘n groot bedrag kontant in hulle huis aan te hou, maar ‘n paar duisend rand kan jou dalk net baie ongerief spaar.

§    Maak vol. Sodra die krag afgaan moet jy probeer om soveel moontlik voorraad op te bou. Maak jou motor se tenk vol. As jy later besluit om uit die stad te kom, kan jy darem bietjie verder kom. ‘n Motor help ook om inligting te bekom deur die radio (as daar nog stasies is wat werk) en om goed soos selfone te laai (as die netwerk nog bestaan). As jy ‘n kragopwekker het, maak seker dat jy soveel moontlik brandstof vir hom in die hande kry.

§    Ander nuttige voorraad om aan te koop is hout, gas (as jy ‘n stofie of liggie het wat met dit werk), langlewe melk, blikkieskos en gebottelde water. Die twee belangrikste funksies wat ons verloor as die krag afgaan is verhitting en verkoeling. Ligte word ook by verhitting ingesluit. As jy nie iets kan verhit nie, kan jy nie lig maak of kos gaar maak nie. Probeer dus voorraad aankoop wat jou help om te verhit, of om kos te koop wat nie verhitting of afkoeling nodig het nie.

§    Spaar jou kragopwekker. Baie mense sit die kragopwekker aan sodra die krag afgaan en dan moet hy nou maar net loop tot die krag weer aankom. Indien die krag landwyd af is, kan dit dalk lank vat voor jy weer gaan krag het. Probeer dus om die kragopwekker so spaarsamig moontlik te gebruik. ‘n Yskas hou produkte net koel. So jy kan ‘n paar uur kans gee voor jy jou kragopwekker aansit om die yskas te laat loop. My raad is egter om die yskas heeltmal uit te sny as jy ‘n aparte vrieskas het. Plaas produkte wat jy nie dadelik kan gebruik nie eerder in die vrieskas sodat hulle kouer word en laat net jou vrieskas elke paar ure op die kragopwekker loop.  ‘n Vrieskas vat baie langer voordat dit afloop as ‘n yskas en so kan jy baie brandstof van jou kragopwekker spaar.

§    Doen ‘n vinnige voorraadopname. Kyk in jou yskas vir produkte wat vinnig kan afgaan en gebruik hulle eerste. Dit help nie om die lewe van bederfbare produkte te probeer uitrek nie.

§    Gaar water op. Dit klink simpel, maar water is die een ding waarsonder ons nie kan klaarkom nie. Maak soveel moontlik houers vol water, tap die bad en wasbakke vol water en gebruik dit spaarsamig. Probeer om die water wat gebruik word heeltyd te vervang solank as wat daar water in die krane is. Op so manier sal jy sorg dat al jou houers nog vol water is die oomblik as die water in die krane ophou. Die oomblik as die water ophou loop kan jy dan van jou opgegaarde water begin gebruik. Moenie waswater of vuil water laat uittap nie, gooi dit eerder in die toiletbak. Op die manier kan jou toilet vir ‘n rukkie langer werk.

§    Hou die kinders besig. Ons besef nie hoe afhanklik ons kinders geword het van elektrisiteit nie. Met alle televisies, radio’s en rekenaars af, gaan kinders gou verveeld word. Sorg dat daar iets is vir hulle om te doen. Dit gaan klaar ‘n gespanne situasie wees en kinders wat verveeld rondhang kan dit net vererger.

§    Bly rustig. Die belangrikste ding is om rustig te bly. Dit is moontlik dat die krag enige tyd kan aankom en al wat mense in die eerste 24 uur kan doen is om te wag en nie paniekerig te raak nie. Die oomblik as mense gaan paniekerig raak, gaan dit ‘n baie plofbare situasie veroorsaak. Om ‘n dag sonder krag te oorleef is dalk ongerieflik, maar baie maklik as jy voorbereid is en kalm bly.

§    Probeer toegang tot inligting bekom. Pasop vir vals gerugte. As daar amptelike verslae uitkom wat sê dat die krag twee of drie dae gaan af wees kan mens daar rondom beplan. Probeer dus uitvind wat aangaan en bly op hoogte van verwikkelinge. Daar gaan baie vals gerugte versprei word deur paniekerige mense dat die krag vir altyd gaan af wees, ens. Probeer om gerugte te toets.

Soos aanvanklik gesê, behoort die eerste 24 uur bloot ongerieflik wees vir die burgers van die land. Moet dus nie paniekerig raak nie, maar hou in gedagte dat die krag dalk ‘n rukkie gaan neem om aan te kom.

24-48 ure:

Op die tweede dag gaan ongerief aansienlik verhoog en hier begin die klem verskuif na voorraad en logistiek toe.

§    Weet waarnatoe jy ry. Aangesien jy nie weet hoe lank die krag nog gaan af wees nie is dit ‘n goeie idee om soveel moontlik brandstof te spaar. Moet dus nie brandstof mors deur op en af te ry as dit nie nodig is nie. Indien jy besluit dat dit beter is om uit die stad te kom gaan jy genoeg brandstof nodig hê. My voorstel is om op die tweede dag van ‘n ‘black-out’ nie eers te probeer om by die werk uit te kom of kinders skool toe te vat nie. Dit gaan jou dalk op die lang termyn duur te staan kom.

§    As jy nog kontant het, of toegang tot produkte het soos iemand wat jou tjeks gaan aanvaar is dit dalk nou die regte tyd om jou voorraad op te bou. Mense gaan begin paniekerig raak en produkte gaan begin minder raak. Koop dus soveel moontlike nuttige voorraad as wat jy kan. Die inflasie op “verhoogde aanvraag, verminderde aanbod” gaan gou begin inskop en baie mense gaan probeer om die situasie uit te buit.

§    Vervang die water. As daar nog water in die krane is, kan jy nou die gestoorde water gebruik in jou tuin of vir iets anders en vars water opgaar. Maak net seker dat die water nie vreemd ruik of lyk nie. Indien die water begin vreemd ruik is dit beter om dit eers te kook voor jy dit gebruik.

§    Maak eers yskaste leeg. Vir baie mense is ‘n kragonderbreking ‘n goeie verskoning om in die blikkieskos in te vaar. Onthou net dat die blikkieskos baie langer kan hou as die kos in jou ys- en vrieskaste. Probeer dus om heeltyd die kos wat die vinnigste gaan afgaan te gebruik. Vir mense wat nie kragopwekkers het nie, gaan hierdie ‘n moeilike tyd begin word, want vrieskaste gaan ook nou begin afloop. Probeer om so min as moontlik die ys- en vrieskaste se deure oop te maak. Baie koue lug ontsnap elke keer as jy dit oopmaak.

§    Verskerp jou sekuriteit. Na 36 uur gaan daar dalk baie mense wees wat begin honger en dors raak. Hierdie mense is op soek na iets om te eet en te drink en hulle kan dalk kanse begin waag. Neem in ag dat baie alarms nie meer werk nie, die polisie klaar hulle hande vol het met moeilikheidmakers en die straatligte nie gaan werk nie. Dit skep heelwat geleenthede vir ‘n krimineel.

§    Neem ‘n besluit. Die realiteit is dat dinge in stede baie vinniger moeilik gaan word as op die platteland en meer spesifiek op plase. As jy dus toegang het tot die platteland, byvoorbeeld vriende of familie wat op ‘n plaas bly, oorweeg dit om eerder soontoe te gaan. Die gewenste is dat jy alreeds vooraf met iemand sou gereël het dat as so ‘n kragonderbreking plaasvind, jy daar welkom is. As jy dus sien jou voorraad is beperk, die situasie word onveilig of dat die krag vir nog ‘n lang ruk gaan af wees, maak die besluit en klim in jou kar.

§    (Probeer maar soveel kos en proviand as moontlik saam te vat. Onthou net dat al kan mense op die plaas makliker oorleef, hulle krag ook af is en hulle ook erg verontrief is.)

§    Kry almal bymekaar. As jy familie het wat in die hospitaal is, en daardie familie kan nog oorleef buitekant die hospitaal is dit dalk nou die tyd om hulle te gaan haal. Ouers in ouetehuise, kinders in koshuis en almal wat gestrand is moet nou bymekaar gekry word.

 
Suid-Afrika behoort 48 uur sonder krag te kan oorleef, maar dit sal afhang van hoe die burgers van hierdie land optree. As paniek ‘n houvas kry oor die massas kan dinge dalk vinnig lelik word. Dit hang alles af van die houding wat die massas gaan inneem. As hulle gaan besluit om Eskom se eiendom en werknemers aan te val, gaan die krag baie langer neem om aan te gaan. Na 48 uur gaan daar ook heelwat finansiële skade begin kop uitsteek. Plunderaars en bendes kan dalk besighede begin aanval. Groot verliese as gevolg van produksie wat stilstaan gaan deur besigheidseienaars gevoel word. Hierdie verliese gaan ‘n groot impak maak op die langtermyn en talle besighede sal hulle deure moet sluit na so onderbreking. Een van die sektore wat groot langtermyn skade gaan lei is die toerismebedryf. Vasgekeerde toeriste en die buitelandse media gaan defnitief nie ‘n goeie beeld van Suid-Afrika uitdra nie.

 
48-72 ure:

“Die donker prentjie”

In hierdie fase gaan die klem begin verskuif na oorlewing.

§    Weet wat aangaan. Inligting gaan al skaarser begin word. Dit is dus noodsaaklik om te probeer uitvind wat die stand van sake is. Sodoende kan jy ingeligte besluite maak. Noodvoorraad, water of ander hulp kan dalk tot jou beskikking wees as jy net daarvan weet. Die teenoorgestelde geld ook, dalk begin geweld al vinniger toeneem en dit word onveilig vir jou en jou gesin, as jy die nodige inligting het, kan jy makliker besluit wat om te doen.

§    Wees paraat. Onthou net dat die polisie en weermag klaar tot hulle uiterste gerek gaan wees. Die paar van hulle moet meer as 40 miljoen mense kalm en aan die lewe hou. As jy dink die reaksietyd van die polisie is nou traag, verbeel jou hoe gaan dit lyk na 72 ure sonder krag. Jy gaan verantwoordelikheid moet neem vir jou en jou gesin se veiligheid. Hou in gedagte dat hierdie situasie ongelooflik baie geleenthede kan skep vir kriminele. Wees dus uiters versigtig wanneer jy met vreemde mense in aanraking kom of wanneer jy iets verdags opmerk. Iemand wat honger en dors is kan iets desperaats aanvang en dit is net jy wat dit kan voorkom en/of beheer.

§    Wees realisties. Dink logies. Hoe langer die krag af is, hoe moeiliker gaan dit wees om weer aan te sit. Hoeveel van Eskom se mense gaan vir werk opdaag as daar nie water by hulle eie huis is nie, die mense op straat hulle onder klippe steek en hulle gedreig word? Hoeveel polisielede gaan opdaag om miljoene oproerige jeugdiges weg te hou van inkopiesentrums as hulle self honger en dors is? Hoeveel misdadigers gaan verby huise stap sonder krag, alarms of selfone met die polisie wat klaar hulle hande vol het? Waar gaan die water vandaan kom as die pompe met krag werk en die reservoirs leeg is? Hoe gaan jy kos gaar maak as jy nie ‘n bron van hitte het nie? Hoe gaan dit ruik as niemand se toilette meer spoel nie, die vullis nie meer verwyder word nie, die ys- en vrieskaste almal afgeloop het en mense nie meer kan bad nie? Raak rustig, neem jou tyd en dink logies oor jou volgende stap. Een realiteit is dat die platteland veiliger is en dat kos en water meer volop is daar. In die stad is daar baie meer mense wat vir dieselfde voorraad gaan kompeteer. Dit beteken dat die voorraad vinniger gaan op raak en dat konflik vinniger gaan uitbreek. Dit gaan nie hier oor politiek, velkleur of geloof nie, dit gaan oor desperate pogings van mense om aan die lewe te bly. Dit maak die situasie baie gevaarliker.

§    Glo en hoop. Hoop ons kom nie op hierdie punt in Suid-Afrika nie. Hoop dat tussen ons verbruikers en Eskom daar ‘n oplossing sal kom sodat ons nooit in ‘n totale ‘black-out’ beland nie. Hoop dat as die krag afgaan, dit vinnig weer gaan aankom. Wanneer die tyd kom dat dit nie meer lyk of die krag gaan aankom nie, glo. Ek weet nie wat ander gelowe glo of bid nie, maar as Christen, glo ek dat God vir ons sal sorg en dat daar niks met ons sal gebeur wat nie Sy wil is nie. Geloof en genade sal jou deur enige situasie dra. Dit help dus nie om paniekerig te raak nie. Plaas jou vertroue in die hand van die Here en weet Hy sal voorsien.

‘n Laaste woord:

Kom ons kyk na die feite:

-Suid Afrika sit met ‘n krag-tekort.
-Eskom sit met ‘n tekort aan goeie bestuur sowel as tegniese vaardigheid.
-Suid Afrika se hele infrastruktuur begin vinnig agteruitgaan.
-Rasse en politieke spannning in hierdie land is hoog.
-Ons is ‘n semi-woestyn land.
-Ons is afhanklik van elektrisiteit vir water, verhitting en verkoeling.
-Ons is nie voorbereid vir drie of vier dae sonder elektrisiteit nie.

As jy al hierdie feite in een bak gooi en jy sit die krag af het jy die resep vir potensiele chaos. Een of twee dae, selfs drie dae sonder krag gaan vir ons baie ongemaklik wees en enorme finansiele skade berokken oor beide die kort-termyn sowel as die lang-termyn. Dit is egter ‘n klein prys om te betaal indien die land nie in ‘n bloedbad verander nie.
 
My tydlyn kan dalk te vinnig of te stadig wees, maar wat ek wel met oortuiging kan se is dat mense paniekerig gaan raak as daar te min kos en veral water is, veral as niemand weet hoe lank die krag nog gaan af wees nie. Ons sien nou al in die media hoe ontstoke pendelaars treine aan die brand steek omdat hulle nie loop nie. Dink jouself in wat hulle alles gaan aan die brand steek as treine vir twee of drie dae nie loop nie, daar nie water is nie, myne leeg staan en kos skaars word.

Suid Afrika soos ons dit nou ken, kan nie sewe dae sonder elektrisiteit klaarkom nie, die vraag is… Kan jy?

<!–[endif]–>

справка кэк купитьФільчаков Олександр Васильович

Genoeg is genoeg!

Ek wil nie meer die koerante lees nie want dit maak mens te neerslagtig. Het egter vandag by 'n vriend  net vlugtig gelees van die jong skrander dogter wat vyf keer geskiet is. Hoe lank gaan ons dit nog verdra/verduur ? In die nuus word daar nie meer daaroor berig nie behalwe as dit wit-op-swart moord is.
Wanneer gaan ons blankes hande vat en end kry met ons selfsugtigheid en gaan toi-toi iewers sodat die regering en die wêreld die boodskap kry. ONS IS NOU AL GENOEG VERMOOR!!

блузка для девочки 4 летпрокурор Фильчаков

Poison case figure flees to Britain

Tension between Britain and Russia has taken a new twist after a man linked to murdered dissident Alexander Litvinenko sought political asylum in Britain.

The Russian secret service prevented Andrei Sidelnikov, 32, from leaving Moscow last week, but it is understood he arrived in London on Sunday from Kiev.

Mr Sidelnikov, the leader of a small Russian opposition youth movement, is known to have met Litvinenko in a central London cafe on October 30 last year, two days before Litvinenko was poisoned with polonium-210.

Mr Sidelnikov, thought to be close to the exiled billionaire Boris Berezovsky, a leading foe of President Vladimir Putin, said he wanted asylum because his life was in danger in Russia.

настенные браалександр лобановский супермаркет класс

Die pas-gekroonde ‘Zoeloekoning’

Zuma is 'n Zoeloe, en inderwaarheid nou die pas-gekroonde "Zoeloekoning". Heel waarskynlik dan ook die volgende "Koning" van Suid-Afrika. Ons is hier in sy kraal, sy domein. Onthou jy nog die verraderlike moord op Piet Retief, sy seun en sy manskappe deur Dingaan? Onthou jy Bloedrivier? Die Gelofte?
Zuma is al lankal aan't huppel om sy makkers op te sweep – hul bloedlus aan te wakker. Sy handelsmerkstrydlied weergalm oor die eter in Suid-Afrika: "Awuleth' umshini wami" (bring my masjiengeweer) hier reg voor ons oë in sy kraal, maar bedwelm kyk ons toe hoe ons eie vernietiging in hierdie skouspel ontplooi. Soos Piet Retief, wis ons nie die gevaar…
ShakesPierre

 

медицинскую справкуФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zuma kan verbeter op die huidige

Ek kan nou nie sê dat ek vasgenael voor die televisie gesit het om die Zuma/Mbeki-debakel se uitslag te kyk nie maar ek het dit tog gevolg. Nie dat die uitslag, asook die grootte van die meerderheid my verbaas het nie. Ek, soos baie ander het dít verwag. Nie dat ons enigsins in 'n kristalbal gekyk het of enige dolosse gegooi en vir krag van die voorvaders gevra het nie. As 'n president gedurig iewers in die buiteland uithang soos 'n wafferse ambassadeur kan mens verwag dat sy aansien en populariteit sal taan. 'n Man wat gedurig op 'n sakebesoek iewers is kan verwag dat sy vrou kan afsydig raak, sy hond hom dalk mag byt en sy kinders hom "Oom" kan begin noem. Ja, Onse Neef Thabo het gesneuwel en soos die Engelse altyd sê: "He had it coming."

Sedert die dae van Jan Smuts wat meer tee gedrink het by die Koningin van Engeland as haar eie man het onse Thabo sy voete onder menige tafel ingedruk. Ek is bevrees dat dit nie genoeg onder sekere Suid-Afrikaanse burgers s'n was nie. Sy ewige soeke na vrede in Afrikalande is verbysterend. Dít, terwyl die vure van 'n burgeroorlog in ons eie land lustig brand. In watter land word meer burgers deur hulle eie vermink en vermoor as juis hier? Dan is daar Mbeki se hantering van die wapenskandaal waarvan die stof maar steeds nie wil gaan lê nie. Hoop hy om dit aan die volgende president en sy kabinet oor te laat? Dan praat ons nie van die koue aanslag van VIGS wat hy in 'n oomblik van onkunde, of dalk oorgretigheid, totaal ontken het tot vermaak van talle en afsku van menseregteaktiviste dwarsoor die wydte van hierdie planeet nie. Sy inmenging in die Mantokwessie het die tipe van modder op die gesig gelaat wat nog lank daar gaan wees en tot menige bespreking gaan lei. Die mees onlangse inmenging wat tot die ontslag van Pikoli gelei het, spreek van self. Laat mens wonder hoe baie blapse kan een mens maak voordat hy struikel. Waar staan hy werklik ten opsigte van die Selebikwessie en alles rondom hierdie duistere saak?

Nee wat, ons is nie verbaas nie en ek glo baie sê dankie vir almal wat vir Zuma gestem het. Zuma word deur talle vir sy kateleskapades onthou maar steeds wonder ek hoe baie daar vanaf sekere magsgroepe ingemeng is om hom te diskrediteer. Sy verhouding met Shaik en sekere transaksies gedurende die tydperk word steeds bevraagteken. Indien Zuma nooit 'n kans kry in 'n hof nie is die tyd nou om sy naam skoon te kry en die kiesers daar buite vir eens en vir altyd die waarheid te vertel. Zuma is defnitief die volgende Staatspresident, of ons nou daarvan hou of nie. Of hy noodwendig 'n beter president gaan wees moet gesien word maar ek glo stellig hy kan baie maklik verbeter op die huidige…
Geluk, Jacob!

бане наФильчаков прокурор харькова

Ons enigste Heimat is Orania

Welkom in die NSA, Vlad. Ek het nou al drie briewe geskryf op PRAAG in dieselfde trant oor die afgelope jaar of so. Ek probeer om mense te laat insien dat Afrikaners regtig nie meer enige bedingingsmag oor het nie. Ons kennishefboom is eenvoudig nie genoeg om die politieke kragte teë te werk nie. Afrikaners maak bohaai oor Afrikaans op die SABC, kla oor pleknaamverandering, kla oor regstellende aksie en diskriminasie, kla oor skole en universiteite wat verengels. Dis te laat. Ons het ons kanse verbrou. Ons is irrelevant. Dis een minnuut oor twaalf. Die demografie het ons ingesluk.

Hoe hanteer ons die werklikheid? Die eerste belangrike stap is om ons situasie te begryp. Eers as die diagnose gemaak is, kan ons die kwaal dokter. Die meeste Afrikaners steek hulle koppe in die sand en glo op een of ander manier sal dinge regkom. Hier op PRAAG word daar gepraat van woonbuurtes en elektroniese verkiesings, van protesoptogte en boikotte en hoe om die swart gemeenskappe te manipuleer om nog steeds hulle arbeid te benut terwyl ons 'n streek rondom Pretoria beding vir onsself. Dis natuurlik alles bog. Dit dui op 'n grootheidswaan. Die beste wat dit tot gevolg kan hê, is tydelike beveiliging in woonbuurtes. Ons kan die opmars van swart Afrika nie meer keer nie. Dis nou ná twaalf.

Die tweede stap is om na ons opsies te kyk. Emigrasie gaan ons nageslag uitwis en is dus net 'n individuele oorlewingstrategie. Daar is eenvoudig net een oplossing. Ons moet 'n Heimat ontwikkel. Daar is net een so 'n plek op dié stadium en dit is Orania. Ek was nooit 'n voorstander van die Orania-opsie nie, want die woestyn en gevolglike afstande het dit ekonomies geknou. Tog as jy besef dat ons werklik niks meer het nie en aanvaar dat ons  rondom Pretoria en die Oos-Transvaalgebied niks meer kan vermag nie, dan begin jy besef dat die woestyn en die gepaardgaande afstande ons vriend is en nie ons vyand nie. Die demografiese monster wat ons volk verslind het, gaan ons nie in die woestyn in volg op die kort duur nie. Dit gee ons genoeg tyd om ons Heimat te vestig om dan die demografie aan te spreek waneer dit nodig sal wees. En ek vermoed soos 'n volkstaat  gedy, gaan die monster al nader beweeg.

Dis belangrik om te begryp dat soos vir Israel, al die Afrikaners nie noodwendig binne in die Heimat geografies gebonde hoef te wees nie. Die wêreld is nou ons speelplek. Ons Heimat is ons oorlewingsmeganisme.

Daar is geen ander opsie nie. As daar is, laat weet my asseblief.

справка в тренажерныйалександр лобановский класс

Christi van der Westhuizen pleeg haatspraak

Image

Van der Westhuizen

Lees ook: Christi van der Westhuizen se Azaniese nihilisme deur Anton Barnard. 

Die halfgebakte skryfster, Christi van der Westhuizen, se stuk Jy kan Afrikaners uit apartheid haal…maar kan jy apartheid uit Afrikaners haal? is niks minder as haatspraak teen 'n minderheidsgroep nie.

Sy vereenselwig my taal met rassisme en verkramptheid sonder om onderskeid te tref en om te besef dat elkeen uniek is. Sy stereotipeer my en elke liewe persoon wat Afrikaans liefhet, en ek hoef u seker nie te herinner aan wat ons grondwet oor stereotipering sê nie.

Ek het 'n wrang smaak in my mond gekry toe ek hierdie stuk lees. Nooit in my lewe het ek ooit so van 'n ander gepraat nie; dit is teen my beginsels, die einste beginsels wat sy dan ook nou aanvat en verdraai om by haar sensasie in te pas. Ek is voorwaar geskok dat sulke haatspraak in die moderne pers geduld word siende dat daar reeds so baie spanning tussen verskillende groepe in ons land is.

Dit is moeilik genoeg om vrede te handhaaf sonder dat haatsprekers soos Christi van der Westhuizen ook nog moet kom onlus verwek net sodat julle 'n paar ekstra koerante kan verkoop. Ek verwag nie van haar om afgedank te word nie; inteendeel, sy moet aanhou skryf, maar ek verwag feite om haar subjektiewe kommentaar te staaf. Deon Maas was 'n goedkoop sensasiesoeker en Christi van der Westhuizen blyk dan ook nou dieselfde te wees. Wat het geword van joernaliste met murg in hul pype? Het hulle hul siel verkoop om aan een of ander duistere meester onderdanig te wees? Ek sê u dan nou, enige geweld of haatspraak wat teen my en my mense gerig word as gevolg van wat sy hier gesê het, hetsy direk of indirek, sal ek aan haar toedig en eis dat sy verantwoording doen hiervoor. Dit is hoog tyd dat die pers weer 'n instelling word waarna mens kan opkyk.

Hierdie vrou beskuldig my persoonlik van haatspraak en verkrampte sieninge, maar sy maak haarself skuldig aan hierdie einste sondes. Soos Christus gesê het: "Haal eers die balk uit jou eie oog" en "Laat hy wat nie sonde het nie, die eerste steen werp".

отбеливание зубов zoom ценаданильченко юрій броніславович

Diaspora vs. tuisland

Ek verwys na Leopold Scholtz se gebrekkinge hantering van die vergelyking tussen Israel en die RSA meer spesifiek die Afrikaner.

Dat daar ernstige vergelykings gemaak kan word is baie waar, maar Leopold mis die kernwaarheid naamlik dat die Jode tydens hul ballingskap hul geestelike tuiste behou het in die Bybel en toe hul fisieke tuiste en veiligheid teruggekry het in 1968 in 'n volkstaat. Net soos wat later die vrede in die Balkanstate gebring het.

Die Jode het volgens die Bybel meer as een keer hul tuisland verloor agv geestelike afvalligheid maar meer spesifiek hul eie Fariseërleierskap – ongeregtigheid ontrouheid en onbarmhartigheid. Onbeskryflike vervolging van die Jode in die diaspora is welbekend.

Daarteenoor egter put die Palestyne en die ganse Islam volgens die segsman van Hamas op die BBC alle motivering om voluit te gaan vir die wêreld-erkende, oop veelpartydemokrasie soos in die nuwe reënboog-SA.

Net soos wat die Amerikaners in Irak probeer doen.

Met dieselfde gevolg, naamlik skrikwekkende geweld en wetteloosheid.

Israel se les vir die Afrikaner behoort duidelik te wees – eers 'n geestelike tuiste en daarna om 'n fisieke tuiste moontlik te maak.

Maar die groot vraag is of daar beter veiligheid in die diaspora van ’n reënboognasie te vinde is.

 

коляски для кукол беби борнлобановский харьков класс

Illusie van Afrikaners in die NSA

Deel van die Afrikaner vandag se frustrasie is te wyte aan 'n onrealistiese verwagting in die NSA. Waaroor kla Afrikaners? Gebrek aan veiligheid is sekerlik die grootste bekommernis vir menige Afrikaner en veral plaasboere. Tog word daar uitgelig dat swart mense net soveel deurloop onder die  geweld. Die  verskil lê by die verwagtinge  onder  Afrikaners en blankes in die algemeen. Die Afrikaner onthou nog die ou Suid-Afrika waar 'n mens veilig was, ten minste buite die plakkerskampe en swart stede. Die geweld waarmee swart Suid Afrika nog altyd saamleef (so word ek vertel) het nou net oorgespoel na blank Suid-Afrika toe. Waarom sou ons dan op 'n veiliger omgewing aandring as dié in die gemiddelde swart stad? Die antwoord is omdat ons beter gewoond is en dus hoër verwagtinge koester. Is dit egter realisties in 'n NSA waar 'n Afrika-regering in al sy glorie die septer swaai? As die meerderheid tevrede is met hulle regering, wie is 'n klein minderheid dan om te kla!
Afrikaners verkeer onder 'n grootheidswaan en beoordeel hulle posisie vanuit die vorige Afrikaner-ryk waar hulle as 'n klein minderheid oor al die ander bevolkingsgroepe geregeer het. Hulle glo nog nie ten volle dat die NSA nie eintlik meer om die Afrikaner wentel nie. Die laaste Afrikanersimbool nl. Springbokrugby kom nou ook finaal onder die mes. Ek beskou die situasie simplisties soos volg: Toe ek die weermag was, was ons so ongeveer  twee en 'n half miljoen Afrikaners. Ek skat ongeveer 'n miljoen is tans in die buiteland. Uit die oorgeblewe een en 'n half miljoen skat ek so vyftig  persent rondom aftree-ouderdom en ouer. Dit laat ons met 750 000 waarvan kom ons sê vyftig persent op skool is. Dit laat ons met 375 000 waarvan tien persent op universiteit is.  Kom ons rond die syfers af. Hoe kan 40 000 Afrikanerstudente aandring op 'n eksklusiewe universiteit in Afrikaans in 'n land met miljoene ander wat Engelstalige universiteite verkies? Ek vermoed dis net 'n historiese vergryp, 'n onrealistiese verwagting. Dieselfde geld vir Afrikaanse skole. Alhoewel die getalle nie noodwendig klein is nie, is dit in verhouding met die demografiese werklikheid 'n onbenulligheid.

Sou Afrikaners kon beding op grond van 'n ander magsbasis as dit dan nie demografie kan wees nie? Ek hoor soms die argument van Afrikanerkapitaal en -koopkrag. Die swart diamante het hierdie gegewe ook nou omgekeer en groot besigheid spits hulle nou toe op die nuwe geld. Wat van ons kennis? Dis wel goed genoeg vir individue om 'n lewe in die NSA uit te kap, maar dit geld ook net vir die ouerwordende geslagte Afrikaners.

Die werklikheid moet insink sodat Afrikaners werklik hulle posisie kan begryp. Ons kan soos die Rhodesiërs in Zimbabwiërs verander,  en net as individue en families leef, of ons moet voor begin,  elders. Op dié stadium lyk Orania vir my na die enigste beginpunt. Dis klein en realisties en pas by ons nuwe status as 'n klein minderheid in swart Suid-Afrika. As Afrikaners dan regtig so vindingryk is, sal hulle dit kan laat werk, maar dié keer op hulle eie terme.

светодиодный уличныйлобановский политик

Afrikaner-Israel sal nie werk met vreemde arbeid

Ek is nou wel nie ʼn filosoof nie, en my geloof sowel as die uitlewing van my kultuur en taal dalk nie wat dit behoort te wees nie. En tog is ek ook ʼn voorstander van die Afrikaner-kort-’n-Israel-gedagte. Die enigste rasionele rede wat ek hiervoor kan gee, is dat ek dit bloot geniet om saam met my eie mense te wees, hetsy sosiaal hetsy in ʼn werkopset; dit is natuurlik. Soos wat die Nuwe Suid-Afrika oor die volgende tien jaar verafrikaniseer gaan word en die ANC homself gaan ontbloot as net nog ʼn korrupte, swak Afrikaregering gaan die vraag wat in die komende paar jaar al hoe meer gevra gaan word nie wees, óf nie, maar hóé en wáár moet die “Israel” dan gestig word?

Sedert die dood van Dr HF Verwoerd het die Afrikaner nog nie werklik weer probeer om langtermynpolitiek aan te pak nie, Die meeste van die staat se rigting- en ideologiese veranderings was aan die hand van praktiese oorwegings en die werklikhede wat ons “nóú” in die gesig staar. Nie dat ek glo ons nie daartoe in staat is nie; dis net ʼn geval van samehorigheid wat ons nie kan bewerkstellig nie, en om dit te verkry moet mens eers ʼn werkbare plan hê.

As u my die geleentheid sal gee, wil ek bloot die elemente noem wat nodig is; die meeste hiervan ken u reeds – en daarvan is ek seker – hulle is al tot vervelens toe opgenoem, besing en bespot. In die eerste plek ʼn grondgebied waarin die Afrikaner die onweerlegbare meerderheid is en daar's hy! As dit maar so maklik was! Die probleem is natuurlik arbeid. Ons kan baie lank hieroor redekawel maar as die Afrikaner in so ʼn “Israel” nie sy eie arbeid kan verrig nie, gaan en sal dit nie werk nie. Die rede hiervoor is: jy gaan weereens met ʼn ideologie sit wat jy nie kan verdedig nie. Die ander lande wat wel van “nie-burgerarbeid” gebruik maak, word nou nie soos die bose ou Apartheid verdoem nie maar op die ou end koop hulle tog vir hulself ʼn Trojaanse perd. Of hoe meer suksesvol jy is, hoe groter bou daai digbewoonde volksvreemde buurtes reg om jou op; jy gee hom werk later begin hy sy eie besighede en skep werksgeleenthede vir net nog meer en dan as jy deur ʼn resessie gaan, kom die gevolge, ʼn inploffing van alles wat jy opgebou het. As ons more ʼn onafhanklike Afrikanervolkstaat uitroep en ʼn honderdduisend Afrikaners kom daarheen sal hulle net ʼn week later werksgeleenthede wil skep vir vyfhonderdduisend volksvreemdes.

Die winde van politieke verandering begin tans in Wes-Europa waai en ons huidige toestand moet vir hulle ʼn aanduiding wees van wat immigrasie oor die lang termyn ʼn volk kan aandoen. Die Afrikaner was nooit die enigste volk in die ou Transvaal en Vrystaatse republieke nie maar ons was ongetwyfeld teen die uitbreek van die Angelo-Boereoorlog die meerderheid in daardie republieke. In dié lig gesien, was ons as’t ware nie regs nie maar seker die mees progressiewe liberale volk ooit al het dit diskriminasie teen immigrante beteken.

So baie webblaaie en Afrikanerorganisasies probeer tans ʼn oplossing vir die Afrikaner en sy huidige lot bedink. As ons weer langtermynpolitiek as ʼn volk aandurf, asseblief, kom ons doen dit ordentlik en deursigtig. Ons hoef dit nie eens in ʼn enkele generasie af te handel nie. Vandag bly maar ʼn derde van alle Jode in die staat Israel; die ander dink die klimaat is te rof en die bure te onbeskof. ʼn Volk moet hom vestig waar dit eerstens moontlik is en tweedens moet hy dit dan ekonomies vir homself lewensvatbaar kan maak. Dit is in hierdie lig wat die meeste se planne platval en van alle organisasies is daar slegs een wat dit presies reg het: die Oraniabeweging.

Alle Afrikanersakemanne is dit eens as dit by die volkstaatgedagte kom: “die Afrikaner het net te veel belange in die res van die land”. Dit is dan hier waar ek gewoonlik begin verduidelik dat hulle die hele ding misverstaan. Ek wil nie hê hulle moet soontoe trek nie; ek wil hê hulle moet sterf! Stilte volg gewoonlik op dié standpunt maar dan luister hulle ten minste beter. Dit is nie vir jou nie, dit is ook nie werklik vir my nie, dit is om Afrikaners drie/vier generasies in die pad af ʼn kans te gee, om hulle te los met probleme waarvan ek net kan droom. Ek verwag van niemand om te trek wat nie wil trek nie; wat ek wel verwag is dat ons begin saamspan om werksgeleenthede en industrie te help skep vir dié wat wel wil gaan, en moenie ʼn fout maak nie: daar is baie. Die mees afskuwelike ding wat my pla is natuurlik dat dit die liberale Afrikaners is wat so negatief teenoor die gedagte is en nie swart Afrika nie. Dit is die liberale Afrikaner wat iemand wat daarheen trek radikaal noem; tog word iemand wat land-uit trek nie radikaal genoem nie. Hulle is dan verbaas as ʼn miljoen blankes binne tien jaar die land verlaat het, draai na hul “swart imperiale meesters” toe en dié verduidelik eenvoudig dat hulle net rassiste was. Die ergste van alles is dat party regses hulle veroordeel wanneer dit ongetwyfeld die enigste uitweg is.

Ek sal eerder deel wil wees van ʼn volk wat hardnekkig vir hom ʼn bestaan in die dorre Karoo uitkerf met sy eie arbeid as deel van ʼn volk wat vir sy eie waansin en luiheid betaal deur uit te sterf weens emigrasie of integrasie. Arbeid is en bly die sentrale punt by die skepping van ʼn volkstaat. Vir dié wat dink dat die skepping van so ʼn volkstaat tot geweld sal lei, kan ek net sê: As daar geweld gaan wees – waarvan ek natuurlik glad nie ʼn voorstander is nie – en as dit van die ander kant af kom, kan dit nie vermy word nie. Indien ons nie as ’n massa in ʼn volkstaat woon nie, sien ek nie ʼn oorwinning nie. Daar moet in gedagte gehou word dat die regerende party die een is wat met die weermag sit, dat dit ons is wat gehate is onder die ander volke en om dit alles te kroon bykans geen politieke mag het nie. Nee in ’n geweldsituasie voorspel ek bykans ons totale uitwissing; nóg die VSA, nóg die VN gaan hardloop om ons te red nie. Die feit dat ons wel oor groot ekonomiese mag beskik, maak ons net nog ʼn aantrekliker teiken en die feit dat ons oor heelwat spesialiskennis beskik, maak die “African” naar. Wat klink tog soeter in die oor van die swartman as: dis die witman se skuld, dis apartheid se skuld?

Al was al die ander volke in die land ook blank sou ons nie kon oorleef nie; daar is nie ʼn enkele voorbeeld in die geskiedenisboeke van ʼn volk wat in diaspora sukses behaal het nie, Demografie is alles. Die swart volke in die land doen niks verkeerd nie; dis ons wat in ʼn onnatuurlike toestand leef. Daardie toestand gaan tot ʼn einde kom – op die een manier of die ander.

Dinge in die land is besig om in ʼn rigting te begin beweeg, almal weet dit. Ons fluister vir mekaar as die “ander” nie by is nie. Die retoriek wat die meeste na vore kom, is: “Dit gaan nog baie slegter gaan voor dit beter sal gaan”, maar hoeveel slegter wil ons hê moet dit gaan? Waar is die draaipunt soos ’n Angola, Zimbabwe, Mosambiek, Burundi, kies maar vir jou een? Nee wat, kom ons begin eenvoudig om ons ekonomiese mag te gebruik om Orania se behuising, industrieë, grondgebied en plase met volkseie arbeid uit te brei.

справка освобождениеФильчаков прокурор отзывы

Grootste joiner: Roelf Meyer

Motivering: In 'n koshuiskamer by die RAU, net voor die groot referendum, het Roelf Meyer ons klein groepie studente belowe dat ons nie hoef te worry nie,  ons vlag sal nooit verander nie en ons sal altyd die Stem behou as ons volkslied.

Een uit twee is seker nie te sleg nie… As ons maar net geweet het wat om te vra sou ons hom sekerlik tot 'n groter leuenaar kon maak.

грузовое шиномонтажное оборудованиеФильчаков прокурор

Johan Heyns het invloed teen ons gebruik

Na my mening is oorlede prof. Johan Heyns die grootste Afrikanerverraaier van alle tye omrede hy gesê het "Apartheid is sonde". Die vraag is hoe kan die Afrikaner vry wees as ons nie apart is nie?
As hoof van die NG Kerk het hy geweldige invloed gehad om ons volk te beïnvloed en het hy dit blatant op politieke gebied uitgeoefen.
Daarom nomineer ek hom.

free casino gamblingФільчаков Олександр Васильович прокурор