Dankie Malema

Ek is oor die laaste paar weke gereeld deur vriende gevra oor my opinie rakende die Malema-sage en ander stories rakende revolusie of burgeroorlog.

Om ‘n antwoord te kan gee het ek so bietjie ‘n paar senario’s nagegaan en nou kan ek my mal gedagtes deel. Ek het al baie gesê dat Malema die Boer se vriend is, want hy speel in die langtermyn so reg in ons guns, en hier doen hy dit nou weer.

Malema gaan die ANC skeur, ek kan dit nie anders sien nie. Sou hulle die disiplinêre klagtes laat vaar sal dit steeds nie die skeuring stop nie, dit sal net op ‘n ander plek skeur. Sou hy wel skuldig bevind word en die tugverhoor verloor, sal hy voortgaan op sy eie stoom en die party skeur.

As ek dan nou die laaste verkiesingsyfers so uit die kop onthou, kyk ons na sowat 65% ANC en so iets soos 22% DA, as ons in die verlede na skeurings in partye kyk dan is daar ‘n beslisde hoeveelheid wat tussen die twee verlore gaan, dit kan wissel tussen sowat 6% tot 15% maar op die oomblik baie moeilik om redelik akuraat te bepaal. Dit maak ook nie regtig saak op die oomlik nie.

Faktore wat wel vir my ‘n rol speel is dat daar tussen die aliansievernote ‘n ondersteuning vir Malema se gedagtes maar openlike haat teenoor die persoon, wat gunstig is vir ‘n groter persentasie wat ‘deurvallers’ sal wees.

As die ANC se steun dan eers afneem met so tien persentasiepunte en dit word primêr by die DA getel, dan kan ons sien dat die DA die volgende regerende party kan wees. (Baie geluk aan die Oppenheimers met die meesterstuk, ek sal ‘n briefie van gelukwense laat aflewer vir julle persoonlike versameling)

Bloemfontein is een van die faktore wat die pot kan laat oorkook, en ek sal nie verbaas wees as Motlanthe na die swart jeug vry om steun nie. Die belangrikste is egter dat tweedehandse bande dalk weer waarde sal begin kry, veral die jeugdige groepe sal nie skroom om die intimidasie-faktor te gebruik nie.

Die algemene verval van munisipaliteite gaan ook ‘n rol speel in die leë hande van die huidige ANC-regering voor die bloedorstige skares.

‘n Revolusie is altyd teen ‘n regering, en dus gaan die regerende party geen maklike tye binne nie, hulle eie feesmale met belastinggeld en onvermoë om behoorlike bestuur daar te stel sal deur die gepeupel nie gesien word as ‘n onvermoë van Afrikane om te bestuur nie maar bloot die selfhelp van amptenary, hierdie sal ‘n goeie paar stompies op die vuur sit wat die bestaande regering baie moeilik gaan blus.

Die skepping van meer werksgeleenthede deur regeringsinstansies help niks vir die ekonomie nie, want dit verhoog slegs die las van die belastingbetaler. Dit plaas die regering ook in onvermoë om groter verhogings te gee en sal nog ‘n paar stompies op die vuur plaas.

As ons kyk na die faktore van revolusies dan sien ons dat die ouderdomme van die bevolking samestelling baie daarmee te doen het, sou die groep wat krieties is tot ‘n revolusie is die groep tussen 16 en 29 jaar, sou hierdie groep meer as 40% van enige bevolking uitmaak is die klimaat vir ‘n revolusie baie gunstig, Suid Afrika staan op 63%(van die populasie wat tussen 16 en 29 is) en dus is die kans van ‘n revolusie uitermatig hoog.

Ek sien ‘n revolusie as onvermydelik, dit is nie ‘n vraag of dit sal plaasvind nie maar wanneer.

Die gedagte aan ‘n burgeroorlog word deur verskillende partyeaangeblaas, veral vanaf regeringskant, want om ‘n spesifieke deel van die bevolking te blameer vir hul eie onvermoë is ‘n weerligafleier. Die ongeletterde gepeupel koop maklik in op hierdie gedagte. Om hulle verder te laat glo dat die blankes wel oor die rykdomme beskik wat hulle kan deel vuur hierdie aan.

Elke vorm van burgeroorlog word reeds geveg teen die blankes in Suid-Afrika. Dit is dus nie ‘n vraag of dit sal plaasvind of nie, maar meer wie die uiteindelike wenner sal wees, en hoe die komende revolusie dit sal beinvloed.

Waar laat dit ons? Ek gaan nie met hierdie skrywe die oplossings uitspel nie, dit is in elk geval slegs verdere hipoteses en ek is van mening dat my opinie vir die meeste volksgenote nie so lekker verhaal sal wees nie.

Die belangrikste wat ek wel kan noem is: Neem fisies deel aan die stryd. Moet nie glo aan vinnige oplossings nie, dit gaan nie gebeur nie Ons moet ‘n ontsettende groot volksaanwas hê, ten minste vyf tot ses kinders per vrou.

Gee werk aan volksgenote, om dit vir hulle moontlik te maak om hierdie kinders groot te maak. Stuur jou kinders na volkseie skole.

Данильченко Юрий Харьков

‘n Kritiese kyk na selfbeskikking

Die gesprekke om braaivleisvure begin die laaste tyd al meer draai om selfbeskikking vir die Afrikaner. Debatte oor die haalbaarheid daarvan of nie het al menige bure in ons omgewing kwaaivriende.

Dis miskien toepaslik die krities na die hele proses te kyk.

Die eerste vraag is waarom die strewe na selfbeskikking?

Met die politieke oorgang (noem dit oorgawe, verbreding van demokrasie of bevryding, of net wat jy wil) was die regse blankes nie bereid om aan die verkiesing deel te neem nie. Baie van ons onthou nog die voorbereidings vir oorlog en sommiges sit nou nog met kerse en boeliebief wat daardie tyd opgegaar is.

Genl Viljoen het die Vryheidsfront kort voor die verkiesing gestig en aan die verkiesing deelgeneem. Hy het gevra dat almal wat in selfbeskikking glo vir die Vryheidsfront moet stem en meer as een miljoen stemme gekry. Die verkiesing was vreedsaam en wettig en die NSA was gebore.

Gerugte van CIA betrokkenheid is gou gesmoor.

Die Vryheidsfront se manifes verbind hom onlosmaaklik tot die verkryging van ‘n selfregerende gebied. Hierdie strewe word dan ook in die nuwe grondwet ingeskryf.

Soos die jare aanstap word leiers vervang en ou doelwitte word minder beklemtoon.

Met die aanstelling van Dr Pieter Mulder as adjunkminister word ‘n politieke dobbelspel gespeel. Aan die een kant is landbouers wat die strooihalm wat na hulle uitgesteek word, verwelkom en aan die ander kant is diegene wat verraad sien.

Dit bring nietemin ‘n mate van gerustheid en nuwe verdraagsaamheid teenoor die landbou in die algemeen.

As die bedoeling egter was om verdeeltheid onder Afrikaners te bring, was dit ‘n hoogs geslaagde politieke maneuver.

Die steun vir die VF+ daal merkbaar en persepsie is dat die sterwe na selfbeskikkiging besig is om te taan.

En die VF+ verwerf die besondere eer om op Wikileaks te beland.

Intussen is ander buite-parlementere groepe ook volstoom besig met hul eie planne. Die Oraniabeweging demonsreer op ‘n praktiese wyse dat moontlik is om met eie arbeid ‘n homogene samelewing in stand te hou, die VVK werf landwyd lede vir ‘n verkiesing en laatkommer OASE stel ‘n nuwe variasie van ‘n ou kaart bekend vir ‘n volkstaat. Afriforum gebruik die howe om hulle standpunt te versterk.

Dit bring ons by die volgende vraag. Wie is die Afrikaner? Wie gaan ingesluit word en wie gaan ingesluit word? Wie gaan besluit wie is aanvaarbaar en wie nie?

Voorheen bevoordeelde persone van Europese herkoms, of Afrikaanssprekend of enigeen wat die vryheidsideaal ondersteun is enkele omskrywings.

Omdat Salamo nie meer met ons is nie kan ons maar net hoop vir wysheid.

Die laaste vraag is : Waar is die gebied en hoe groot is dit?

SA is rofweg twee miljoen vierkante km groot met 50 miljoen inwoners. Dit gee ons vier hektaar per persoon. As ons die 30 000 gerigestreerde kiesers van die VVK as maatstaf gebruik kan ons aanspraak maak op 120000 hektaar. Ek ken boere wat alleen op groter grond boer.

Ten slotte sal ons moet begin saamstaan. Ons sal ons doel net kan bereik as ons saamstaan. Die reg op selfbeskikking is in die grondwet vervat. Ons moet egter self die wie , wat en waar bepaal.

Rassisme sal nie die saak bevorder nie. Die sukseskans van die geweldopsie vervaag ook soos die tyd aanstap. Baie van ons sal nie meer lekker in die ratels inpas nie. Dus bly net onderhandeling en die regsproses oor.

Dis waarom dit so belangrik is om onsself van rassisme en neerhalende opmerkings te weerhou. Ek en jyself en jou ma weet hoe wonderlik ons is. Jy gaan egter met mense moet onderhandel oor vryheid wat ander dinge op skool geleer het.

Ek hoop dit kan bydra tot die debat

депутат лобановский

Onderhoud onderstreep agteruitgang van rasseverhoudinge

Met die lees van dié onderhoud met Alexander Strachan het ‘n waarheid my getref oor rasseverhoudinge in Suid-Afrika. Veral die onderstaande antwoord van Strachan was insiggewend omdat dit wys hoe rasseverhoudinge agteruit gegaan het sedert die afskaffing van apartheid!

Rassespanning was destyds algemeen in Amerika, insluitend in die Amerikaanse gewapende magte. In konfliksituasies was wit en swart soldate verantwoordelik vir mekaar se lewens, maar in hul basissie was daar volop uitbarstings. Swart en wit soldate het ook in die Grensoorlog sy aan sy (aan Suid-Afrikaanse kant geveg). Daar is dikwels gesê dat daar (in teenstelling met Viëtnam) geen rassisme aan die destydse Suidwes/Angola-front was nie – inteendeel. Stem jy saam? Hoe is dit moontlik dat wit soldate met ‘n rassistiese agtergrond en opvoeding sáám met swart soldate kon veg? Is dit moontlik dat om saam met soldate van ‘n ander ras te veg, rassisme kan teenwerk, ten spyte van ‘n rassistiese bestel soos apartheid?

Dit hang seker af van in watter eenheid jy destyds gedien het. In Spesmagte het wit en swart van meet af saam die harde, gespesialiseerde opleiding meegemaak en is daar vroeg al ‘n onderlinge band gesmee. Hoogs opgeleide operateurs het mekaar deur lewe en dood gedra en was te alle tye bereid om hul lewens vir mekaar te gee. Ons het nooit sulke rasse-uitbarstings in die basisse beleef nie, seker omdat almal dieselfde voordele geniet het en nie gedwing was om daar te wees nie. Gevolglik was die frustrasie min. In Spesmagte is jy op grond van jou vaardighede aangeslaan en niks anders nie, daarom kon wit en swart saamveg.

Лобановский

Tien gebooie vir regte Afrikaners

1. Wees trots op wat tot stand gebring is. Om in Afrika so uitsonderlik te presteer, is nie maklik nie.

2. Moenie skuldig voel nie. Die verlede dra swaar aan die goeie en dit het ‘n groot oorwig oor die slegte.

3. Moenie verskoning vra nie. Dit is die brekers, nie die bouers nie, wat apologie moet aanteken.

4. Moenie aanvaar dat almal gelyk of eenders (bv ewe kundig) is nie. Sedert mense (potensieel) eerders verklaar is, word beweer dat ‘n groep net weens uitbuiting (en nie danksy gehalte nie) bo ‘n ander kan uitstyg.

5. Benut Afrikaans altyd en oral. Beveg diegene wat Afrikaans misken en met Engelse woorde besoedel.

6. Onthou die geskiedenis. Diegene met ‘n misdadige en geweldadige verlede, wat toegelaat word om nou welgesteld en sonder hulle skaduwees in die lig te wandel, moet nie geag of vereer word nie.

7. Vertroetel die herinneringe aan wat hierdie land eens was en diegene wat dit moontlik gemaak het. Ten spyte van die huidige voortgesette agteruitgang kan herinneringe as spoorslag dien vir wat moontlik is.

8. Bly kompromisloos op die pad van beskawing. Daar is geen heil in die brutalisering van die samelewing nie.

9. Wees geestelik weerbaar. Innerlike krag kan nie geplunder en deur propaganda verswelg word nie.

10. Besef dat vryheid van denke die enigste vryheid is wat sedert die sogenaamde politieke bevryding oorgebly het. ‘n Vrye gees is ‘n vesting wat nie ingeneem kan word nie.

Фильчаков прокурор отзывы

Uitspraak teen Malema is ‘n eerste tree na balans – Pieter Mulder

Die VF Plus verwelkom regter Collin Lamont se uitspraak dat die woorde “Skiet die Boer” soos dit in die lied “Dubul ‘Ibhunu” deur Malema gesing is, haatspraak is en nou verbied word.

Die VF Plus hoop dat hierdie die eerste tree is in die rigting om Suid-Afrika uit die moeras van haatspraak en rassisme, wat die afgelope jaar al erger geword het, te neem. Die kontras tussen die Mandela-benadering na 1994 en die Malema-benadering die afgelope jaar, het vir ’n regstelling geskreeu. Hopelik is hierdie uitspraak ’n eerste tree, van baie wat nog gegee moet word, na die herstel van balans en die bevordering van goeie verhoudinge tussen alle groepe in Suid-Afrika.

Die VF Plus betreur dit wel dat dit nodig was om hof toe te gaan of ’n strafregtelike klagte by die polisie te gaan lê, soos die VF Plus gedoen het, ten einde hierdie rasse-uitbarstings te kon stop. In hierdie opsig is die regter se uitspraak ’n ernstige aanklag teen die ANC wat toegelaat het dat hierdie saak hand uitruk en so ver gevorder het, voordat daar ’n regstelling van buite die ANC gekom het.

My strafregtelike klag oor hierdie saak by die polisie is nou weer relevant en verwag die VF Plus van die polisie om nou die saak verder te neem.

In 2003 (17 Julie 2003) het die VF Plus daarin geslaag om Peter Mokaba se slagspreuk “Kill the Boer, Kill the Farmer” as haatspraak verklaar te kry. Teen hierdie agtergrond verwelkom ons die konsekwentheid waarmee die grondwet se artikel 16 oor haatspraak deur die Menseregtekommissie en nou deur die Gelykheidshof geïnterpreteer word.

Ons verwelkom ook die regter se verwysing na minderhede wat uitgelewer is aan die meerderheid en geen keuse het as om hulle op die hof te beroep vir die regstelling van so ’n onreg en diskriminasie teen hulle nie. Met die oog op ’n harmonieuse toekoms tussen almal in Suid-Afrika is meer debat hieroor in Suid-Afrika nodig.

Фильчаков прокурор

Afrikaners deur die Angelsaksiese bril beskou

Rebecca Davies is in haar boek, Afrikaners in the new South Africa: Identity politics in a globalised economy (London: IB Tauris, 2009, 200p), gepreokkupeer met die woord “hegemony”, wat volgens ‘n woordeboek “the power excercised by one social group over another” beteken. Davies gebruik die woord so dikwels en soms onnodig dat dit die leser kan irriteer. Daar is myns insiens ook ‘n oorbeklemtoning van die invloed wat globalisering op die oorgang na die nuwe Suid-Afrika gehad het, al is dit waar dat dit as ‘n argument gebruik is (bv “die val van die Berlynse muur”), Suid-Afrikaanse maatskappye sedert 1994 vryelik na die buiteland kan uitbrei (en omgekeerd) en baie Suid-Afrikaners, veral wittes, verstrooid oor die wêreld woon.

Wat ek bevraagteken, is hierdie oorbeklemtoning: “Globalisation is considered here as one of the foremost explanations for the structural realignment and possible reconfiguration of Afrikaner identity” (p 9). Haar optimistiese slot, “A bleak future for Afrikanerdom … has not materialised” (p 130), kan kwalik deur diegene aan die ontvangkant onderskryf word. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die teks voor die Zuma-era geskryf is.

Die outeur is goed ingelig oor Suid-Afrika, maar buitelanders sal die teks moeilik in afdoende mate kan verstaan. Pleks van die nodige inligting te verskaf, word te veel kennis van plaaslike toestande by lesers veronderstel. Haar teks berus eensydig op Engelstalige bronne. Davies het onderhoude met elf Afrikaanssprekendes gevoer (p 191), maar sy het geen toegang tot Afrikaanse publikasies (bv koerante) nie tensy die inligting in vertaalde vorm in Engelse bronne herpubliseer is.

Sy kan kwalik daarop aanspraak maak dat sy Afrikaners werklik ken en verstaan. Dit is soos om oor bv Duitsers te skryf sonder om Duits magtig te wees. Die Afrikaanse name van die ATKV, FAK (p 82, 89) en APK (p 104) word verkeerd gespel. Voëlvry word as “feel free” vertaal (p 108). Swart gevaar word “swaartgevaar” (p 128). Sy kan geen begrip hê van die agteruitgang van die gehalte van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika nie, al noem sy “young pioneers are using a far from suiwer (pure) Afrikaans” (p 119).

Oor Afrikaans as spreektaal word gesê dat sy oorlewing “is assured by its status as the mother-tongue of the growing Afrikaans speaking coloured community” (p 83). Maar dit is juis by veral verstedelikte bruines dat Afrikaans enersyds al hoe meer deur Engelse woorde besoedel word en andersyds voorkeur aan Engels bo Afrikaans gegee word. Daar is die absurde situasie dat ‘n tradisioneel Afrikaanse universiteit by voorkeur bruin studente en personeel lok wat tot dislojaliteit teenoor Afrikaans geneig is, maar dan word daar terselfdertyd hoog opgegee oor hoedanig die universiteit Afrikaans bevorder. Afrikaanssprekende bruin intellektuele is nie bereid om vir die voortbestaan van Afrikaans te stry nie (p 84). Dit is bekend dat verloopte Afrikaners dit ook nie wil doen nie; nie net omdat dit nie politiek-korrek is nie, maar ook omdat hulle nie geassosieer wil wees met (die politiek van) die “taalbulle” wat dit wel doen nie.

Hoe uit voeling Davies is met wat in Afrikaans gepubliseer word, blyk uit die volgende stelling: “The authority of the taalstryders to voice the concerns of Afrikaans speakers and their implicit interpretation of Afrikanerness are rarely addressed” (p 87). ‘n Voormalige personeellid beweer Die Burger is “protecting Afrikaans for moral reasons” (p 85), terwyl ek meen dit gaan veral om finansiële oorwegings; ‘n stelling wat onderskryf word deur die hibridiese “Afrikaans” wat van pas vir die koerant Son geag word.

Naas ‘n terloopse verwysing na die NG Kerk (p 39) kom die Afrikanerdom se kerkgenootskappe net in ‘n enkele paragraaf ter sprake (p 104). Die buitelander Davies toon as buitestaander geen insig in die rol wat godsdiens in Afrikaners se lewe in die ou Suid-Afrika gespeel het en die mate waarin dit in die nuwe Suid-Afrika afgeskaal is nie.

Soos ‘n mens van ‘n (Britse) universiteitsdosent verwag, gebruik sy akademiese en nie aktivistiese taal nie, alhoewel haar politiek-korrekte vooroordeel duidelik sigbaar is. Die vorige regering word telkens ‘n “regime” genoem; ‘n enkele keer gebeur dit darem ook met die ANC-regering (p 57). Negatiewe, emosiebelaaide woorde word dikwels ingespan soos: coterie (p 18), tentacles (p 28), perverse, unhealthy (p 32), immorality (p 33), cynical (p 34), cabal (p 87) en ugly head (p 127).

Die onderwerpe wat aangespreek word en die tendense wat uitgewys word, behoort aan ingeligte Suid-Afrikaners en veral Afrikaners bekend te wees: die rol van kultuur, afkoms en taal – soos by Britte die gebruik is, word klas oorbeklemtoon (al het die outeur ook ‘n Australiese agtergrond); die afsydigheid of vyandigheid van die ANC teenoor wittes en veral Afrikaners; die herverdeling van rykdom – neem van die wittes en gee dit aan die swartes; die toename in wit armoede; die verlies aan mag en nasionalisme by wittes; die benadeling, marginalisering, onttrekking en emigrasie van wittes; die vervreemding van wittes en bewustheid dat verraad met die oorgang na die nuwe politieke bedeling gepleeg is; die nog groter gebrek aan eensgesindheid as voorheen in Afrikanergeledere; die prominensie van die verskynsel verloopte Afrikaner, maar ook die herbekering (ten minste in ‘n mate) van sommige verlooptes; “diasporic pluralism, cultures of hybridity and transnational solidarities” (p 5); die gebrek aan “kapasiteit” in die nuwe Suid-Afrika vanweë rasgebaseerde werkreservering; ens.

Davies verwys na die grondwet wat deur die ANC-regering vertolk word asof dit gelyke regte aan almal verskaf en dat daar groepregte is (p 67). In werklikheid is daar geen groepregte waarop Afrikaners hulle kan beroep nie. Sodra hulle dit doen, word gesê dat hulle net individuele regte het. Nie-wittes het wel groepregte, want daar mag maar suiwer rassisties ten gunste van hulle gediskrimineer word. Die nie-wit indiwidu hoef nie van verdienstelike gehalte te wees nie. Hy word bevoordeel omdat hy lid van ‘n groep is. Dit word nie die voortsetting van rassediskriminasie genoem nie, maar in mooiklinkende woorde aangebied, bv regstelling, diversivisering, demografieweerspieëling, transformasie en bemagtiging.

Michael MacDonald beweer dat “culturalism” en “racialism” in Suid-Afrika identies is (p 67). Davies wys egter tereg daarop dat “culture is integral to any understanding of the dynamics of identity politics” (p 73). Will Kymlicka sluit hierby aan met sy standpunt dat multikulturalisme “differing rights for different minority groups” vereis (p 76). “Cultural spaces are perceived as being one of the few remaining areas where Afrikanerdom is intact or can at least be recreated” (p 81). “Afrikaans [eerder: Afrikanerdom?] has become very much a language-centred culture, albeit commonly synonymous with race” (p 82). “Afrikanerness … retains strong links with race and a European heritage” (p 83).

Wat Afrikaners betref, noem Herman Wasserman dat “culture was privatised and commodified” in die nuwe Suid-Afrika (p 96). Dit is die noodwendige gevolg van die owerheid se gebrek aan ondersteuning en sy vyandigheid teenoor Afrikaners. In soverre dit Afrikaanse kunstefeeste betref, word van die “festivilisation of Afrikanerdom” en selfs van “ethnic nesting” gepraat (p 121). Maar etnisiteit word by bv die KKNK deur sowel die bestuur as die borge bestry. Davies haal aan dat die KKNK “Africa’s largest arts festival” is (p 120).

Die vorige aanhaling is ‘n Botmanisme in sy suiwerste vorm. (Russel Botman was jare lank die voorsitter van die KKNK.) Daarvolgens is enige plaaslike entiteit, bv universiteit (natuurlik met die uitsondering van sy finansiering), nie van Suid-Afrika nie, maar van Afrika. Naas oorwegings soos politieke korrektheid en ANC-gedienstigheid kan meertaligheid in onderrig, multikulturaliteit en inklusiwiteit myns insiens net uit ‘n hibridiese oogpunt entoesiasties omarm word, dus deur diegene wat nie histories of andersins ‘n eie kulturele swaartepunt het nie.

данильченко юрій Харків

Mnr Titus se rassistiese onderrok hang uit

Dit was onmoontlik by die lees van mnr Titus se skrywe in Die Burger en Beeld vandag om nie die totale ignorering van die blanke ras op te merk nie, verwysende na sy bydrae by die konferensie van die RGN: “Die land waarin ons wil woon – beleid, praktyk en wetgewing oor haatmisdaad”. Hierdie artikel van Titus moet met alle erns bejeën word aangesien dit gil van die gesindheid teenoor blankes in die nuwe Suid-Afrika.

Mnr Titus praat net oor rassemisdaad t.o.v. swart lesbiese vroue en diskriminasie teen swart Afrika-migrante, en nie een woord oor die swart-op-wit moord word gerep nie. Trouens, dit is so onbelangrik dat benewens die feit dat hierdie situasie asook die bestaan van die blanke nie genoem word nie, stel hy voor dat al hierdie vergrype selfs as sekondêr beskou moet word teenoor onderwys en opvoeding.

Ons blanke Afrikanervolk wat hierdie land uit die rou aarde opgebou het, het geen bestaansreg meer nie, wil dit nou voorkom. Buitelanders vanuit ander Afrikalande het tans in die gedagtes van die nuwe Suid-Afrikaners alleenreg. Dit laat ons as Afrikanervolk met geen ander opsie as om weer van vooraf te begin veg vir ons volk se voortbestaan nie.

Daarom is die vergadering op die 3de September in Centurion so belangrik ons het net nie meer tyd oor om apaties op die kantlyn te sit en kyk nie.

topcargo развод

Tutu se aflaat vir wittes

Desmond Tutu, gesteun deur politiek-korrektes, wil nou die welvaart van wittes verdun deur hulle op ‘n rassegrondslag ekstra te belas. Daar word voorgestel dat teen wit presteerders gediskrimineer word deur hulle materieel af te skaal, selfs tot op die vlak van nie-presterende nie-wittes. Pleks van welvaart breed te versprei, kan die uiteindelike resultaat die herverdeling van armoede wees.

Wat my in die huidige stadium van die debat hinder, is dat daar nog nie die moeite gedoen is om deeglik na te gaan uit watter oord die voorstel kom nie. Die aangewese plek om te begin, is om die omvattendste (en skynbaar grootliks betroubare) inligtingsbron te raadpleeg, naamlik John Allen se boek, Rabble-rouser for peace: the authorized biography of Desmond Tutu (London: Rider, 2006, 483p).

Van jongs af was Tutu ‘n betreklik bevoordeelde. Hy was die enigste kind in sy woonbuurt wat ‘n fiets gehad het (p 23) en as jongmens het hy ‘n pak klere en ‘n das gedra (p 50). Hy het studeer om onderwyser te word, maar wou nie geskiedenis en Engels (wat sy geliefkoosde vakke was en waarin hy onderwys gegee het) as hoofvakke aanbied nie omdat hulle te veel leeswerk vereis het (p 50). Hy het in politiek belanggestel en glad nie in teologie nie, maar hy het besef dat hy teologie as ‘n voertuig vir sy politiek kon gebruik (p 53).

Wittes soos Harry Oppenheimer (p 62) en John Rockefeller (p 81) het hom finansieel ondersteun. “Tutu had … little hesitation … in asking people for money … Leah [sy vrou] often joked that he was a professional beggar” (p 241). Hy wou in Engeland teologie studeer en het vir paspoortdoeleindes skaamteloos gelieg dat daar nie sodanige onderrig plaaslik vir swartes aangebied word nie en dat sy vrou ‘n opgeleide verpleegster is wat oorsee kon werk terwyl hy studeer (p 80). In Engeland het die Tutus (man, vrou en mettertyd vier kinders) huurvrye, gemeubileerde huisvesting gekry (p 84). Die kinders het ‘n kleuterskool bygewoon (p 84, 94) en daar was vir die gesin tyd en geld om te reis en vakansie te hou (p 88, 89, 93, 98).

Na voltooiing van ‘n graad in die teologie het Tutu ‘n pos in ‘n gemeente gekry. Van hom is werk op Sondag en op twee weeksdae verwag. Naas gemeubileerde huisvesting en vergoeding het hy ook ‘n bromponie ontvang(p 93-94). Ná jare in die buiteland was die hoogste kwalifikasie wat hy verwerf het ‘n eenjarige magistergraad (p 92). Daarvoor is nie ‘n volwaardige verhandeling vereis nie, maar ‘n essay van 10 000 woorde (sowat 50 bladsye). Sy onderwerp was Islam, al was sy kennis van Arabies baie beperk (p 95, 145).

Terug in Suid-Afrika het hy teologie doseer; veral die Ou Testament (p 104, 116), al het sy kennis van Hebreeus veel te wense oorgelaat (p 92-93). Voor en tydens sy studie in Engeland en daarna was hy geneig om bo sy inkomste en weelderig te leef (p 62, 63, 82, 90-91). Wanneer hy daarna plaaslik (en ook in Lesotho) ‘n kerklike pos gekry het, het hy vereis dat die woonplek volgens sy voorskrifte verbeter word (p 146, 160, 269). Op Fort Hare is ‘n huis spesiaal vir die Tutus gebou (p 104). Tydens die rukkie wat hy in Lesotho was, is ‘n viertrekvoertuig vir hom aangekoop (p 235). In Johannesburg het hy die gebruik van die amptelike biskopswoning gehad, asook ‘n huis in Orlando-Wes (p 222), wat hy danksy ‘n twyfelagtige kerklike lening ter waarde van R14 000 gekoop het (p 169, 194).

Tutu wou nie sy kinders aan Bantoe-onderwys blootstel nie. Hulle het skole en universiteite in buurlande (Swaziland, Botswana) en in Engeland en Amerika bygewoon (p 105, 146, 170, 222, 232, 272). Tutu vlieg graag eersteklas (p 232) en het die Atlantiese Oseaan in die peperduur Concorde oorgesteek (p 212). Hy was die voorsitter van die Waarheids- en versoeningskommissie (WVK). Daar is geen onkoste ontsien nie. Meer as 300 persone is in diens geneem (p 346). Die buitensporige vergoeding wat hom as voorsitter toegeval het, het hom in staat gestel om sedertdien blykbaar sonder verdere persoonlike finansiële probleme sy weelderige lewenstyl vol te hou. Hy het ‘n huis in Milnerton gekoop en dié in Orlando-Wes verbeter (p 371). Vandat hy as jeugdige vir studie na Engeland vertrek het, kan hy ongetwyfeld as ‘n bevoordeelde beskou word, danksy die rojale finansiële ondersteuning van hoofsaaklik wittes. Maar Tutu “railed against those who lived in privilege” (p 135).

Die populêre beeld wat van Tutu geskep word, is dié van ‘n vredemaker of versoener. Tydens die sogenaamde bevrydingstryd het hy beweer dat hy teen geweld gekant is, maar in werklikheid het hy geweld aangestook en nie veroordeel nie. “When people pick up arms … I would not condemn them” (p 212). “Do not abandon us even when, perhaps particularly when, [the] struggle for various reasons becomes violent” (p 174). “Unlike Mahatma Gandhi and Martin Luther King, Jr, he did not on principle reject the use of force under all circumstances” (p 184).

Nêrens word melding gemaak van ‘n enkele siel wat hy religieus bekeer het nie. Sy bevrydingsteologie word gemotiveer deur politiek. Tutu het bv aangekondig “his primary objective as archbishop, overriding all others, was the fight against apartheid … liberation would be the major priority on the church agenda” (p 281). Ten spyte van besware het hy as voorsitter van die WVK daarop aangedring om sy kerklike purper rok en ‘n kruis om sy nek te dra (p 351). Hoewel hy donkiejare gelede en daarby net enkele jare ‘n aartsbiskop was, wil hy steeds so genoem en aangespreek word. Ongelukkig het mense in sowel die ou as die nuwe Suid-Afrika en wêreldwyd hulle deur die orator Tutu laat mislei; onder andere weens hulle religieuse geloof. Tutu gee voor en wil die indruk wek dat hy die buikspreker van God is.

Plaaslik was Tutu se hoofbydrae tot die sogenaamde bevrydingstryd die aanstoking van onrus, insluitende geweld. In die buiteland was sy hoofoogmerk om sanksies teen die sogenaamde apartheidsregime ingestel te kry. As staatshoofde soos Ronald Reagan, Margaret Thatcher en Helmut Kohl nie dadelik gedoen het wat hy wou hê nie, het hy hulle rassiste genoem en hulle en die Weste tot die hel verdoem (p 255, 257, 261, 265). Helen Suzman en Alan Paton het sterk met die sanksiedrywer Tutu verskil (p 203). Paton: “I do not understand how your Christian conscience allows you to advocate disinvestment” (p 214). Tutu het egter nie omgegee hoeveel skade hy Suid-Afrika aandoen nie. Hy is die land sekerlik meer skadevergoeding verskuldig as enige witte wat by apartheid gebaat het.

In die Rooms-Katolieke Kerk het aflaat ‘n groot rol gespeel. Teen betaling kon ‘n lid kwytskelding van straf, dus vergewing van sondes, kry. Selfs al sou wittes buitensporige bedrae aan sogenaamde regstellende belasting betaal, sal dit myns insiens nooit as genoeg aanvaar word nie en sal daar steeds met die veldtog teen wittes voortgegaan word. Daarteenoor pleit Tutu dat al die buitelandse skuld van Afrika-lande afgeskryf moet word (p 377).

As daar wittes is wat in so ‘n mate skuldig voel dat hulle nog meer as tans belas wil word, behoort hulle dit op ‘n vrywillige grondslag te doen. Daar is wittes vir wie dit prestigewaarde het om hulle bevoordeling te bely en om verskoning te vra. Maar Tutu weier om sy veel groter skuld te bely en verskoning te vra. Volgens hom was sy gedrag die voorbeeldige vervulling van sy profetiese roeping (p 180). Afhangende van die geleentheid, skuil hy alternatiewelik agter religie of politiek. In werklikheid is daar by hom geen onderskeid nie. Dit gaan om net een ding en dit is politiek.

Alles in ag genome kan Tutu se jongste oproep neerkom op haat vir wittes: “It will be extremely difficult to love the white man” (p 101). Hy is blykbaar besig met ‘n voortsetting van sy geesgenoot Trevor Huddleston se “virtues of hatred” (p 331). Jare gelede al is beweer dat Tutu “soundness of judgement” kortkom (p 73). Wat ek hom nie kan vergewe nie is die subtiele of slinkse manier waarop hy wenke vir misdadige optrede teen wittes aan sy mede-vryheidstryders gegee het: Tutu “raised the prospect of attacks on white South African schoolchildren and of black servants poisoning their employers’ morning coffee” (p 263). Myns insiens is dit Tutu wat ‘n selektiewe gewete of geheue het, maar hy beweer dat wittes teen sy voorgestelde regstellende belasting gekant is omdat hulle skuldige gewetes het (Die Burger, 25 deser, p 4).

 

Фильчаков Александр Васильевич

Mnr Hoskin ontevrede oor wit rugby

Die onlangse uitsprake deur die rugbybaas Oregan Hoskin, waarin hy die rugby-unies aanspreek oor die leliewit Currybekerspelers tesame met al die diskriminerende wette van die regering en nog meer, die ongebakerde volksmoord deur die swartes  op die Boereafrikaners, grondroof wat op die regering se horison gluur, laat ‘n mens weereens opnuut besef besef dat die Boereafrikaner geen ander keuse meer gelaat word, as om sy eie potjie te gaan krap nie.

Die mense van kleur het n probleem met die blanke se velkleur en dit gaan nie verander nie, eerder net eskaleer soos ‘n mens dit toenemend ervaar.

 

Met ons welvaartskepping en kundigheid hou ons hierdie brutale diskriminerende regering in die posisie om die Boereafrikaner al hoe meer te onderdruk en ons bestaan te tot dié van ‘n slaaf te verlaag.

 

Hierdie situasie kom daarop neer dat daar sonder meer deur die Boereafrikaner ‘n besluit geneem moet word oor sy voortbestaan en die opoffering wat dit van ons gaan verg.

 

Ons bloed is duur – hoe duur beskou u dit?

 

Ons kinders se toekoms is kosbaar – hoe kosbaar beskou u dit?

 

Ons volk se toekoms is op die spel – hoeveel waarde plaas u daarop?

 

Wat gaan ons daaromtrent doen en wanneer?

яхта мореФильчаков прокуратура харьков

Wat sit agter Naspers se spel?

Geagte dr. Scholtz,

Wat weet u van die APK behalwe dat hulle nie bereid was om deur die nuwe SA geassimileer te word nie?

Dat daar “regses” in die APK is, is ‘n feit maar kop vir kop is daar seker tien maal soveel regses in die NGK wat steeds meer as 900 000 lidmate tel. Van die APK-lidmate skep soms ook verleenthede maar om hul lidmaatskap van die APK te gebruik en juis dit (veral so “onskuldig” en subtiel) as ‘n meewerkende rede vir hulle optrede aan te bied, is nogal skokkend.

Ek weet dat u broer ‘n NGK predikant was en u is seker ook nog ‘n “gaatjie ponner”, die historiese NGK bynaam, net soos doppers en stoepsitters vir die GKSA en die NHK gebruik word.

As die APK “regs” is, is die NGK natuurlik “links”, ‘n skeldnaam wat Naspers natuurlik nooit enige NG-lidmaat sal toevoeg nie, want hulle pas tans goed in die prentjie van hoe Naspers besig is om ‘n nuwe geslag Afrikaners te kloon.

Het u al die APK se Skriflig op Kerk en Volk gelees? Waarskynlik nie. Dit is net ‘n deegliker beredeneerde standpunt as wat die NGK 330 jaar lank gehuldig het en waarskynlik nog steeds heimlik deur die meeste van hulle lidmate onderskryf word.

Die NG Kerkleiding is natuurlik nie meer gereformeerd nie en ‘n aardse multi-kulti-geloofsgemeenskap is volgens hulle ‘n sine qua non waarsonder ‘n Bybelse geloof onmoontlik is. “For the sake of the Gospel you will have to lose your culture and your language”, soos ‘n gereformeerde Britse Amerikaner nou die dag na ‘n lesing aan my gesê het.

In die Afrikanervolk loop ‘n goue lyn deur sy kerkgeskiedenis en vandag is dit meer as ooit sigbaar. Na die landing van Jan van Riebeek het die Hervormde Kerk van Nederland tot 1842 bekend gestaan as die Kaapse kerk. Toe verander die Nederlandse Hervormde Kerk in Nederland sy naam na die Nederlandse Gereformeerde Kerk. Die Kaapse Kerk doen toe presies dieselfde hier. Na ‘n verdere 10 jaar het die Nederlanders egter hul naam terug verander maar die NGK naam het hier behoue gebly. Hierdie kerk se predikante se salarisse is vir dekades deur die staat betaal. Dit was inderdaad ‘n staatskerk waarop die staat ook sitting gehad het tydens sy sinodes. Die gewraakte sinodebesluit om die Voortrekkers te verdoem in 18 37 bevestig net weer dié kerk se staatsheid.

Toe die NHK in 1852 in Transvaal gestig is omdat hulle nie ‘n predikant wou beroep uit dié kerk wat hulle in die steek gelaat het, het nog ‘n ander kerk tot stand gekom en het die NGK die bestaande kerkgeskiedenis geërf. Die NH Kerk het hulle spesifiek ‘n volkskerk genoem om hulle van die staatsgesindheid van die NGK te onderskei. Later het die staatskerk verander in ‘n staatsgesinde kerk (NGK) en die NHK na ‘n volksgesinde kerk (NHK)

Die NGK was sedertdien bykans altyd staatsgesind, m.a.w. regeringsgesind. Tydens die NP jare toe die regering volksgesind was met oa Hertzog, dr. Malan en Verwoerd het dit skynbaar gelyk of die NGK volksgesind was, in werklikheid het hulle maar net weer by die staat gestaan wat toevallig volksgesind was!

Die APK het gekies vir ‘n volkseie kerk en ortodokse gereformeerdheid. Hulle het ook nie die vrou in die amp nie, kinders moet eers katkiseer voor hulle nagmaal gebruik, hulle dink die beoefening van homoseksualiteit is verkeerd volgens die Bybel en gebruik die Dordtse Kerkorde. Hulle dink ook nie Christene moet sienderoë toelaat dat ‘n klein volkie deur miljoene ander geassimileer word en verdwyn nie, selfs ook nie in sy eie gemeentes en samelewing nie. Hulle sal ook sendingwerk doen as die mense aanvaar dat dit net oor die verkondiging van die evangelie gaan.

Die ander Afrikaanse kerke en Naspers hou nie van hulle nie en indien iemand uit hierdie kerkie oortree sal hulle via die vermeende oortreders die kerk in die naam van “geregtigheid” en “ware” geloof swartsmeer en verketter. Dit is presies wat julle gedoen het. U en Naspers weet immers watter magtige instrumente julle in die land van die blindes is!

pro100casinoлобановский александр игоревич

Foeitog, arme Ferial

Ferial Haffajee, redaktrise van die City Press, voel gekrenk, seergemaak en gekwes. ‘n Rubriekskrywer wat me Haffajee voorheen bewonder het, het haar in ‘n Sowetan as ‘n agent van blanke kapitaal bestempel en geskimp-skimp dat sy Mama Winnie se buiteband-terapie moet ontvang. Vreemd, terloops, hoe die gewraakte rubriek eers gepubliseer is, maar die skrywer eers afgedank is nádat die bruin goed die waaier getref het. Het die Sowetan se redaksie dan nie die rubriek vóór sy publikasie gelees nie? Hoe dit ook al sy, die “arme” me Haffajee voel tans bleek, bewerig en huilerig.

Jammer, Ferial, maar my hartjie bloei nou nie juis te veel vir jou nie. Was dit nie jy wat tog so hard probeer het om jou anti-blanke “Struggle credentials” met hierdie rubriek van jou te poets nie? 

Wys jou net. Niemand hou van ‘n gekruipery nie. Ook nie eens diegene by wie jy kruip nie. Die slag as dinge in Afrika hande wil uitruk, is en bly jou etnisiteit en ligter velkleur jou uniform, maak nie saak hoeveel gate jy probeer soen het nie. Vra gerus vir die Indiërs wat deur Idi Amin verjaag is.

архитектурные светильники светодиодные линейныеАлександр Фильчаков прокурор

Redes vir Afrikaner-ellende

In Rapport woed die debat rondom die Abel-Malan-Anton-van-Niekerk-debakel voort. Maar die werklikheid is veel erger as enige ideologiese verskille tussen Afrikaners.

Die volksmoord op Afrikaners is sowat drie weke gelede opgegradeer na vlak 6 uit ‘n statistiese maksimum van agt.

Daar word teen die Afrikaner deur die swart regering by alle werksgeleenthede en poste gediskrimineer.

Ons kinders se vermoë bly onontwikkeld as gevolg van die agteruitgang in opvoedkundige standaarde aan skole en universiteite.

Ons Afrikaners woon in staalhokke terwille van veiligheid en selfs dan is dit nie altyd genoeg om ons veilig te hou teen die swart moordenaars nie.

Niemand kan dit in veiligheid waag om meer ‘n brood te gaan koop in die aand vir more se toebroodjies nie.

Ons kan nie meer ‘n vleisie braai saam met ons vriende by ons huis sonder om vermoor te word nie.

Ons kan nie petrol in ons voertuie gooi of by ‘n verkeerslig stop of na enige plek te ry sonder om bang te wees ons gaan gekaap en/of vermoor word nie.

Ons kinders se fietse hang teen die muur in ons motorhuise want fietsry het weens onveiligheid uitgedien geraak.

Die regeringstrukture verkeer in totale verval – paaie onbegaanbaar, hospitale vuil en gevaarlik, munisipaliteite se drinkwater onhigiënies en riool wat in die strate vloei, vernielde geboue met vuil strate, sypaadjies en parke, onopgeleide polisie vir wie ons meer bang is as vir die duiwel self. Ook polisie wat blankes soms sonder enige rede arresteer en dan toelaat dat hulle in aanhouding deur swartes verkrag word voor hulle more vrygelaat word.

Sommiges is gekondisioneer om hierdie werklikheid te aanvaar. Daar is egter nog mense wat nie hulle eerstewêreldstandaard prysgegee het nie omdat hulle sterk was en nie gekapituleer het nie. Gewoonlik word hulle as “regses” uitgekryt, maar ek noem hulle die eerbares.

watch thunderstruck onlineтопкарго кидалы

SA op pad na ‘n bloedbad en dis blankes se skuld

Sommige mense blameer die ANC vir die huidige misdaadsituasie. Ek dink hulle is verkeerd; die eintlike skuldiges is niemand anders as die meerderheid blankes wat die Nuwe Suid Afrika gepropageer het nie!

As jy ‘n driejarige kind aan die stuur van ‘n bus plaas en hy ry met die passasiers die afgrond oor, wie is te blameer, die bus, die afgrond, die kleuter of die persoon wat die kleuter agter die wiel geplaas het?

Is dit moontlik om die misdaad te stop of selfs net onder beheer te kry? Néé!

1. Karaktereienskappe

Karaktereienskappe is grootliks ‘n geneties oordraagbare, onsigbare werklikheid. Om dit makliker te kan verduidelik, gebruik ek graag honde as voorbeeld. ‘n Rotweiler is swart en die algemene persepsie is dat hy kwaai is. Die agressie lê egter nie in die feit dat hy swart is nie; die swartheid van sy vel het eintlik niks daarmee te doen nie. So kry jy dan ook ‘n Labrador wat waardeer word vir sy sagte geaardheid. Hulle is gewoonlik lig van kleur of bruin. Ons kan mos nou nie sê dat swart honde kwaai is en bruin honde saggeaard nie? Doodeenvoudig omdat ons weet dat die karakter of, anders gestel, die maniere van die hond nie in sy vel setel nie. Hoekom weet ons dat ‘n Rotweiler ‘n kwaai hond is? Omdat ons gesien het dat oor jare baie Rotweilers kwaai honde is. DIt maak nie alle Rotweilers mensvreters nie, maar die algemene persepsie word gevorm deur die meerderheid Rotweilers se gedrag.

So het verskilende volke ook verskilende eienskappe, en hierdie eienskappe is nie net kleurverskil nie. As ek sou vra wat is die eienskappe van ‘n Jood? Wat sou jou antwoord wees? As ek sou vra wat die eienskap van ‘n Duitser is, wat sou jy sê? Of ‘n Italianer? En so kan ons aangaan. Die meeste volke het hul eie unieke karaktereienskappe.

1.2 Karaktereienskappe van Afrikane

Deur die loop van eeue het die Afrikane op ‘n plek gebly waar hulle basiese materiale gebruik het as beskutting en grootliks van die veld gelewe het. Hulle sal die bome in so ‘n omgewing afkap vir brandhout en die diere opeet. Weldra sou siektes uitbreek (vanweë gebrekkige sanitasie) en dan sou die stam na ‘n nuwe plek toe trek. Soos wat stamme groei, het hulle doodeenvoudig ander stamme uitgemoor en hul vroue en kinders vir hulle gevat, asook die vee, dan raak hulle ryker of groter. Daar was geen Westerse gedagte aan grense nie. Jy mag trek net waar jy wil en swakker stamme moes doodgewoon verder wegtrek van groter stamme af om nie slagoffers te word van die “groei” van die groter stam nie. Om so ‘n kleiner stam aan te val, uit te moor en te buit wat hulle kon, sou nie gesien word as krimineel nie, maar as vooruitgang.

Met die kolonisering van Afrika het die Westerling grense bepaal en hulle wette laat geld. Tegnologie soos riolering en mediese dienste het die Afrikane se getalle ontsettend laat groei. (Dink maar net daaraan dat die Indiërs en ook Chinese net so 150 jaar gelede hierheen ingevoer is omdat hier nie genoeg arbeiders beskikbaar was vir die vraag nie.)

Dit het baie probleme geskep, veral omdat die Afrikaan nie meer kon trek nie. Die beginsel van die sterkste oorleef, het nie meer gegeld nie, want die grense was bepaal.

Met die beëindiging van die kolonies het die Afrikaan ‘n sisteem oorgeneem wat hy nie binne sy karakter kan bedryf nie. Hy verstaan ook nie demokrasie nie. Oor eeue heen is daar nooit gestem nie. (DIe Westerling verstaan ook nie demokrasie heeltemal nie.) Terloops, kan iemand vir my ‘n demokrasie in Afrika wys?

Wanneer die Afrikaan onder druk is, skop die karakter in en dit lei tot geweld, burgeroorloë, ens. Hier is dit ook nie anders nie. Jy kan ‘n ou polisieman vra: Baie Afrikane word in hegtenis geneem vir diefstal of iets dergliks en hy weet nie hoekom hy hierdie daad gepleeg het nie. Dit is nie dat hy eers besluit het of ‘n redenasie gevoer het nie, dit gebeur outomaties. Gaan kyk maar in elke land waar daar Afrikane en Westeringe saam is. Die tronke sal vir jou uitwys dat dit beslis nie in balans met die bevolkingsamestelling is nie. In die VSA is 50% van alle gevangenes swart, terwyl die Afro-Amerikaners as groep maar 12% van die bevolking uitmaak.

Soos wat die druk groter word, gaan die diefstal, moord, ens. vermeerder. In die afwesigheid van Westerse regstelsels sal dit vererger totdat daar niks oor is nie en dan begin ‘n oorlog tussen hulle om te bepaal wie die sterkste is.

Dit is dus nie dat hy steel omdat hy swart is nie. Dit is bloot ‘n karaktereienskap waaroor niemand beheer het nie, want dit is geneties.

2. Straf vir misdaad

Westerse beskawings pas gevangenskap as straf al duisende jare toe. Afrikane ken nie dié stelsel nie. In hulle bestaan van duisende jare het hulle leiers doodeenvoudig iemand vir ‘n oortreding van kant gemaak. Baie stamme het gevorderde stelsels gehad. Al die oortredings regverdig die doodstraf! Die metodes wissel: ‘n vrou wat ontrou was, sou in ‘n paal gedruk word en die paal geplant word; ‘n verraaier sou vet gesmeer gewees het en by ‘n miernes geplaas word vir ‘n stadige marteldood, ens.

Tans het ons die probleem dat ‘n misdadiger se bestaan in baie gevalle beter is binne die gevangenis as daarbuite. Dit bring mee dat hy geen straf ontvang nie en boonop ‘n beter ete as wat hy self sou kon verdien.

Hoe kan jy ooit misdaad beveg as jy die misdadigers beloon?

3. Hoekom beskuldig ek die blanke kiesers?

Voor die ’94-fiasko het ons tuislande getoets. Die RSA-regering het miljoene bly bydra en alles het weens korupsie en wanbestuur in duie gestort. Dit was ook nie anders in enige ander land in Afrika nie. Die ’92-referendumstemmers het dus etlike vorbeelde gehad wat dit bewys het. Steeds het hulle alle kennis verwerp! Kennis kom uit ondervinding, jou eie of iemand anders s’n. Die ja-stemmers het bloot teen die velkleur vasgekyk en verklaar dat alle mense eenders is.

Daar is geen keer nie: SA is op pad na ‘n bloedbad en die blanke op pad na uitwissing. Indien dieselfde tendense voortgaan as die afgelope 17 jaar sal dit ons slegs 42 jaar neem om nie meer te bestaan nie!

комплектующие ктопкарго отзывы

Plaasmoorde: wat skuil daaragter?

Ons weet dat die meeste Afrikarevolusies aangehits word deur buitepartye, en ook dat hierdie revolusies en burgeroorloë gefinansier was en is deur partye wat voordeel daaruit wil trek. Om te gaan krap na wie agter so revolusie sit is baie moeilik sonder goeie intelligensiebronne. Ná afloop van so revolusie of burgeroorlog is dit egter baie makliker, want dan kan mens sien wie voordeel daaruit getrek het.

Kom ons kyk nou na byvoorbeeld die twee Vryheidsoorloë: Die ZAR het baie goud en diamante gehad, en voor die oorloë het dit reeds aan die lig gekom dat CJ Rhodes agter die Jameson-inval gesit het en dat immigrante meegewerk het binne Johannesburg. Ná die oorlog kon ons sien wie die werklike bevoordeelde partye was. Dus was die Britse soldate net die uitvoerders van die uiteindelike bevoordeeldes se planne. Daar is vandag natuurlik talle bronne om dit te staaf.

In Mosambiek het die Portugese wel in die slag gebly, maar vir baie jare het die Afrikane met mekaar baklei vir onsinnige redes wat albei kante vandag steeds nie mooi verstaan nie, want albei kante was van buite befonds. Tans word derduisende hektare beplant met uitheemse woude, suikerriet en Mosambiek is maar te dankbaar dat hulle inheemse plantegroei verwoes word vir die privaatbeleggers se “hulp”.

Die gas wat deur Sasol vandaar gepomp word, sien die Mosambiekers ook nie veel van nie. Sasol behoort ook nie meer slegs aan die SA-regering nie. Gaan doen maar gerus navorsing daaroor. Wie is die begunsdigdes? Ek laat dit aan die nuuskierige leser oor.

Wat is nodig om ‘n land te kan beheer sonder die verantwoordelikheid daarvan?
1. Daar moet verkieslik chaos heers, politieke onrus of burgeroorlog
2. Die betrokke land mag nie oor ‘n gesonde voedselproduksie beskik nie, want hoe op aarde gaan jy ‘n wortel voorhou as jy met versadigde mense wil onderhandel?

Ek het reeds verduidelik dat ‘n revolusie of burgeroorlog onafwendbaar is en dit is slegs ‘n kwessie van tyd voordat dit losbars. Dit is egter belangrik om te verstaan dat hierdie nie soseer ‘n aanval op blankes is nie maar eerder die destabilisering van die land wil bewerkstellig.

Die landbou word geteiken met plaasmoorde, die syfer, vir 2009 ten minste, beloop 315/100 000 sterftes. In vergelyking met Irak – wat amptelik in ‘n staat van oorlog verkeer – se 147/100 000 sal enige leser dadelik onder die onuitwisbare indruk bring dat dit een van die dodelikste oorloë in ons huidige wêreldgeskiedenis is.

m dit te ontken en af te maak as misdaad strook nie lekker met realiteit nie, veral as in ag geneem word dat die plaasmoorde presies uitgevoer word soos wat dit in MK-kampe aan jong rekrute ingedril is. Jakob Zuma weet dit eerstehands want hy was self vir baie jare in sulke kampe gewees. ‘n Kuiertjie aan Eugene de Kok behoort dit te bevestig.

Wie het die opleiding gefinansier? Google gerus Oppenheimer and the ANC en iewers sal jy ‘n artikel raakloop van die Times van 1994 waar Harry verklaar het dat hy vir baie jare die finansiële rugraat van die ANC was. Gaan Google ook die Rivoniasaak en jy sal sien wie die meesters was, veral die eienaar van die lelieplaas.

Terug na die realiteit: Om ‘n land van buite te kan manupileer moet jy die duur sisteem van regering en munisipaliteite afskaf, en net ‘n gevreesde diktator en ‘n sterk polisiemag oorhou. Die diktator gee jy ‘n goeie lewe (Jy spaar immers miljarde), met ‘n groot gevolg van toeters en liggies wat sy belangrikheid beklemtoon en verder laat jy hom sweet omdat hy afhanklik is van jou vir sy mense se kos.

Wanneer jy ‘n land het met ‘n behoorlike voedselproduksie het, kan jy nie die leier so maklik manupileer nie. Sonder kos maak jy almal jou slawe in ‘n japtrap.
Hierdie probleem is dus groter as wat baie van ons besef, elke plaasmoord veroorsaak ook ‘n boedel wat reuse boedelbelasting vir die staat inbring en BTW, en hereregte ens.

Die volk moet tesame hierdie probleem aanpak. My eie voorstel is om volkseie arbeid, indien dit nie ‘n arbeidsintensiewe boerdery is nie, te gebruik, of bou dan ‘n fabriek op die plaas sodat volksgenote daar kan werk.

Dié strategie sal die landelike gebiede beveilig en vir heelwat arm blankes ‘n probleem oplos. Reeds 80% van alle misdaad word deur swart werkers gepleeg en die res verskaf inligting aan voornemende boosdoeners. Dis die beste manier van om die ou seer tand ontslae te raak.

Deur hierdie skema te propageer en ten uitvoere te bring sal ons voedselsekuriteit sonder twyfel bevorder.

Wetgewing bestaan reeds vir hierdie Agri-dorpies en dit moet net gebruik word.
Só ‘n dorpie kan soos ‘n koöperasie bedryf word en baie van die slim mense kan die gedagtes verfyn indien daar ‘n wil bestaan. Dit word nie volkstate nie, maar volksplase.

Ek het so paar jaar gelede probeer om dit te doen, maar het misluk omrede ek van jong seuns gebruik gemaak het. Die fout was om nie gesinne te in te voer nie. Ten tye het ek ondersoek of dit vir die jong seuns finansieel lewensvatbaar sou wees teen die selfde tarief as Afrikane te werk.

‘n Afrikaan het ten tye ‘n koste tot die onderneming gehad van R1600,00 per maand, en sy nettoinkomste was sowat R1200,00 nadat kos en verblyf reeds gedek was. Ek het vergelyk wat hulle in die stad sou verdien en wat die koste van verblyf sou wees. Tot my groot verbasing was daar duisende gesinne wat baie minder as dit oor gehad het nadat hulle kostes betaal is.

Die boer het wel die uitgawe om effe beter akkomodasie te voorsien as wat hy aan gewoond is, maar dit opsigself het nie oor ‘n tien jaar termyn ‘n groot impak nie.

As ek sien hoe swaar baie van die gesinne kry in die plakkerskampe, is daar sin in hervestiging. Daar is egter twee vereistes: Die boer moet die wil hê om te oorleef en sy plaas te beveilig en sy eie volksgenote te voorsien van werk, en die werkers moet verstaan dat dit ‘n realiteit is soos in Australië, Amerika of enige ander plek dat handearbeid nie sonde is nie.

Ek sal graag volksgenote se insette wil oor die kwessie sien.

бани фотоФільчаков Олександр Васильович прокурор