Uitspraak teen Malema is ‘n eerste tree na balans – Pieter Mulder

Die VF Plus verwelkom regter Collin Lamont se uitspraak dat die woorde “Skiet die Boer” soos dit in die lied “Dubul ‘Ibhunu” deur Malema gesing is, haatspraak is en nou verbied word.

Die VF Plus hoop dat hierdie die eerste tree is in die rigting om Suid-Afrika uit die moeras van haatspraak en rassisme, wat die afgelope jaar al erger geword het, te neem. Die kontras tussen die Mandela-benadering na 1994 en die Malema-benadering die afgelope jaar, het vir ’n regstelling geskreeu. Hopelik is hierdie uitspraak ’n eerste tree, van baie wat nog gegee moet word, na die herstel van balans en die bevordering van goeie verhoudinge tussen alle groepe in Suid-Afrika.

Die VF Plus betreur dit wel dat dit nodig was om hof toe te gaan of ’n strafregtelike klagte by die polisie te gaan lê, soos die VF Plus gedoen het, ten einde hierdie rasse-uitbarstings te kon stop. In hierdie opsig is die regter se uitspraak ’n ernstige aanklag teen die ANC wat toegelaat het dat hierdie saak hand uitruk en so ver gevorder het, voordat daar ’n regstelling van buite die ANC gekom het.

My strafregtelike klag oor hierdie saak by die polisie is nou weer relevant en verwag die VF Plus van die polisie om nou die saak verder te neem.

In 2003 (17 Julie 2003) het die VF Plus daarin geslaag om Peter Mokaba se slagspreuk “Kill the Boer, Kill the Farmer” as haatspraak verklaar te kry. Teen hierdie agtergrond verwelkom ons die konsekwentheid waarmee die grondwet se artikel 16 oor haatspraak deur die Menseregtekommissie en nou deur die Gelykheidshof geïnterpreteer word.

Ons verwelkom ook die regter se verwysing na minderhede wat uitgelewer is aan die meerderheid en geen keuse het as om hulle op die hof te beroep vir die regstelling van so ’n onreg en diskriminasie teen hulle nie. Met die oog op ’n harmonieuse toekoms tussen almal in Suid-Afrika is meer debat hieroor in Suid-Afrika nodig.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae