Volgens die Franssprekende burgemeester van 'n klein dorpie buite Brussel, mnr. Thiéry, het die twee aparte kulture van België verder uitmekaar gegroei. Hoewel sy dorpie Franssprekend is, skree betogers by hul vergaderings dat Franse uit hul gebied moet padgee. Die Vlaamse owerheid weier ook om kontrakte aan Franssprekende onderwysers toe te staan.
Franssprekendes beskuldig die Vlaminge van taalkundige suiwering, hoewel Frans in die verlede die oorheersende taal in België was.

Die oë van die wêreld sal vandag op die Nasionale Stadion in Beijing gerig wees, wat andersins bekendstaan as die Voëlnes.