A24, Afrika deur die Afrikane

Salim Amin, 'n 38-jarige Keniaan, loods vandeesmaand A24.

A24 gaan 'n nuusportaal vir Afrika wees. Salim sê Afrika kan net deur Afrikane gedek word.

A24 sal tegnologie gebruik om die beste keuse van die vasteland se produsente en aanlynjoernaliste saam te stel.

Hulle wil die werk aan meer as 200 private en openbare televisiestasies in Afrika, die Midde-Ooste, Noord-Amerika en Europa verkoop.

Die A24-webwerf sal as agentskap vir 'n produk van hoë gehalte dien.

Die webwerf sal dokumentêre werk vertoon, asook sakenuus en reisinligting. Hulle gaan dit nie waag om riskante, hardekwasverslaggewing te lewer nie.

free spins noДанильченко Харьков