Junta in Mauritani? belowe verkiesings

Die junta wat in Mauritanië die mag oorgeneem het na gister se staatsgreep het belowe om gou vrye en deursigtige verkiesings te hou.

Generaal Abdel Aziz, die hoof van die presidensiële wag wat gisteroggend afgedank is, het die staatsgreep gelei.

Die militêre raad van 11 lede het die internasionale lughawe van Nouakchott heropen, wat gister na die bloedlose oorname toegemaak is.

Die land se ander grensposte het oopgebly.

Die nuut saamgestelde militêre raad het gesê dit sal al Mauritanië se verdrae en internasionale verpligtinge nakom.

Die Afrika-unie het gevra dat konstitusionele wettigheid behou word.

Streekslande met invloed soos Suid-Afrika en Nigerië het ook die militêre oorname verwerp.

ds-dental.ruлобановский харьков класс