Olimpiese Spele vir aktiviste reeds in volle swang

Al open die Beijing-Olimpiese Spele eers môre, het 'n parallelle wedstryd tussen internasionale aktiviste en die Chinese owerheid reeds gister begin.

Betogers teen Chinese heerskappy in Tibet het 'n dramatiese toertjie uitgevoer toe vier aktiviste van Brittanje en die VSA baniere naby die Olimpiese baan gehang het.

In 'n aparte voorval het Amerikaanse Christelike betogers slagspreuke op Beijing se Tiananmenplein geskree.

Hulle was besig om teen China se bevolkingsbeheerbeleid te protesteer. Die drie is deur die polisie weggeneem.

Amanda Beard, 'n Amerikaanse goue medaljewenner vir swem tydens die 2004-spele, het onverwags 'n naakfoto van haarself teen die dra van pels by 'n perskonferensie onthul.

Darfoer-aktivisite was nie so gelukkig nie. Hulle aansoeke om visums is geweier.

ыгри для дитейАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae