Die span het gisteroggend hul oorblykamp in Suid-Korea verlaat.
Na hul aankoms het die span begin uitpak en hul in hul Spelehuis begin tuismaak.
Die eenhede is drie- en vierslaapkamerwoonstelle wat net buite die Olimpiese stadion gesetel is en binne loopafstand van vele kompetisielokale.
Kajee sê die toestande is fantasties.
Toe hy gevra is wat hy dink, het Ryk Neethling eenvoudig gesê dis ontsagwekkend.
