Hy meen die Weste het geen ander keuse as om verdere sanksies aan te vra ná Teheran se teleurstellende reaksie op aansporings om hul kernverrykingsprogram te staak nie.
Hy het gesê dat Iran 'n baie rojale pakket aangebied is, maar in gebreke gebly het om te reageer.
Om verdere sanksies teen Iran aan te vra, is deel van 'n tweebaanstrategie.
China en Rusland is onwillig om druk op Iran te verhoog, omdat hulle meen dit sal meer skade as goed doen.
