Le Pen se hoofkwartier aan die Chinese verkoop

Die Franse anti-immigranteparty, die Front National, is besig om sy historiese hoofkwartier, bekend as die Passasiersboot, aan 'n Chinese universiteit te verkoop.
 

Die veteraan-verregse partyleier, Jean-Marie Le Pen, het vandeesweek gesê dat hulle die geld dringend nodig het.

Van die Front National se bankrekeninge is bevries as gevolg van dispute met krediteure.

Le Pen het reeds sy koeëlvaste motor op 'n eBay-veiling verkoop om fondse in te samel voordat hy tot die verkoop van die hoofkwartier ingestem het.

Die party het die waarde van die gebou op die oewer van die Seinerivier op 20 miljoen euro oftewel R240 miljoen geskat.

Le Pen het nie gesê hoeveel die Chinese universiteit daarvoor gaan betaal nie.casino onlineалександр лобановский харьков

Die nuwe Koue Oorlog in die verre Noorde

Die Amerikaanse kuswagkotter Healy gaan vandeesweek van Alaska na die Noordpool vertrek as deel van 'n resies teen Rusland.

Die Amerikaanse Geologiese Opname glo dat die arktiese streek 90 miljard vate olie bevat wat gereed is om geëksploreer te word, omtrent 15 persent van die wêreld se onontginde reserwes, en 'n derde van die wêreld se onontginde aardgas.

Al vyf Arktiese nasies ding mee om onderwaterse regte tot die seebed te verkry.

Die stormloop het verhewig sedert verlede Augustus toe 'n Russiese duikboot die land se vlag onder die Noordpool geplant het.

Dit het 'n haastige reaksie van die Kanadese regering ontketen wat binne dae aangekondig het dat dit twee nuwe militêre basisse in die arktiese wildernis gaan bou.

Die Healy sal vanaf 6 September deur 'n Kanadese ysbreker vergesel word.

In onlangse getuienis voor die Kongres, het Admiraal Thad Allen, die hoof van die Amerikaanse kuswag, gesê hulle verloor veld in die globale mededinging aangesien Amerika se ysbreekvermoëns sigbaar afgeneem het.медицинская справка 86Лобановский

Poligamie vir Moslems in Nederland

Image

Eg Nederlands…

Hoewel poligamie in die Nederland verbode is, word poligame Moslems met verskeie vroue nou deur die Nederlandse owerheid erken.

Poligame huwelike van lande soos Marokko word in sowel Amsterdam as Rotterdam aanvaar, het die koerant NRC Handelsblad berig.

Maar die Sentrale Buro vir Statistiek het bigame huwelike van sy lêers verwyder met die aanname dat administratiewe foute plaasgevind het.

Gevolglik is dit onbekend hoe algemeen die verskynsel in Nederland is.

Op dieselfde manier is huwelike wat veertienjariges insluit van die databasis verwyder.

casino slots games freeДанильченко Юрий прокурор

‘Die Nelson Mandela van die 21ste eeu’

ImageDat die veertigjarige Georgiese president sy hand oorspeel het, is seker. Die Russiese ambassadeur in Berlyn, Wladimir Kotenef,  het die arme Mikeil Saakashwili met hoon belaai en noem die aktivis van die Roserewolusie 'n "akteur" wat aan "grootheidswaan" ly. Die Russiese poniekoerant Pravda het onlangs 'n artikel die lig laat sien onder die titel "'n Ander Georgië wat aanstons op die VSA se kaart sal verskyn" met verwysing na die deelstaat in die Vereenigde State met dieselfde naam.

Die jong president se hefboomkrag het aansienlik getaan ná die Georgiese inval in Suid-Ossetië. Rusland het reeds aangedui dat hulle hom nie as 'n party in komende onderhandelinge sal ag nie en daarbenewens het hy homself skerp kritiek uit die Weste op die hals gehaal. Vir Navo is die krisis in die Kaukasus 'n afstootfaktor en sou die Verdragslande eerder 'n stabiele gebied met lidmaatskap toevertrou.

Saakashwili het trouens aan die Washington Post gesê dat hy heeltemal alleengelaat voel. "Toe Georgië aangeval is, moes ons onsself afvra: Aan wie se kant is die Weste, as hulle nie aan ons kant is nie?" het hy beskuldigend gesê. In antwoord daarop het Duitsland se minister van buitelandse sake, Frank-Walter Steinmeier, dit duidelik gemaak dat net 'n besonne politieke koers 'n krisis in die Kaukasus kan verhoed en die gebied kan stabiliseer.

In 'n meningspeiling in die Duitse koerant Die Welt stem die meerderheid teen Georgië wat hulle vir die inval verantwoordelik hou en nie teen Rusland nie. Saakashwili se Amerikaanse sikofansie tel kennelik teen hom by sy nadere bure, ten spyte daarvan dat hy Georgië graag as 'n oer-Europese land beskryf.

'n Franse onderhandelaar in Sarkozy se span sê Saakashwili het poker gespeel "en verloor". Indien 'n mens in gedagte hou dat Frankryk tot die einde van die jaar in die EU-presidentstoel sit, maak dit dié mededeling nog meer betekenisvol. Nick Grono van die International Crisis Group in Brussel toon selfs minder simpatie. Omdat die Georgiese president homself so "misreken" het, het hy die "toestand drasties laat versleg", sê hy.

Die president is nie iemand wat sy woorde graag tel nie. Sy inhuldigingstoespraak in 2004 is deur Amnesty Internationaal gekritiseer omdat hy die justisieminister aangespoor het om met alle geweld teen teenstanders op te tree en "hulle voor die voet te skiet en te vernietig" Hy het bygelas "dat geen koeëls gespaar sal word vir hierdie mense nie".

'n Nuwe mediawet wat in 2004 aangekondig is het 'n aantal prominente Georgiese skrywers genoop om 'n ope brief aan Saakashwili te rig waarin hulle die "intoleransie teenoor mense met ander opinies betreur wat in Georgiese politiek en ander sosiale sfere ingedring het" sedert hy aan die stuur van sake is.

Maar die president het sy volgelinge ook. Sy Nederlandse vrou, Sandra Roelofs, en Angela Merkel wat eersdaags samesprekinge met hom sal voer. En natuurlik die VSA omdat hy Georgiese troepegetalle na Irak verdubbel het. Dieselfde geld vir Georgiese soldate in Kosowo en Afghanistan wat steeds bly om "globale veiligheid" te verseker.

In 2004 het Sakaashwili Israel genooi na die opening van die moderne Energienavorsingsentrum en dr Brenda Schaffer, direkteur,  het na die president in gloeiende terme as "die Nelson Mandela van die 21ste eeu" verwys.

 
Vergete is egter die optimisme soos die vrolike bufferplakkers wat Amerikaanse diplomate in die Kaukasus graag uitgedeel het in die negentigerjare: "Happiness is multiple pipelines".

Хрустальные торшерыФильчаков прокурор

Alles of niks

Die Olimpiese Spele sorg hierdie jaar ook vir 'n goeie dosis drama. En in die halfeindrondte van die stoei vir die gewigklas onder 84kg was dit ook nie anders nie.

Uit pure frustrasie het die Sweedse stoeier Ara Abrahamian sy bronsmedalje op die stoeimat neergegooi Donderdag en die kryt verlaat. Abrahamian het tweede gekom in dieselfde nommer in Athene by die vorige Spele.

'n Aanhanger het later sy medalje gaan optel.

Hy sê hy dink sy nederlaag was totaal onregverdig. Die reëls was nie behoorlik toegepas volgens hom nie.

Abrahamian het gesê hy is nie geïnteresseerd in die derde plek nie, hy wil 'n goue medalje hê en daarna van die podium afgeklim.

mositaldentДанильченко Юрий прокурор

Die duurste stad in Afrika

ImageLagos, behalwe vir die onderskeidings in verkeersknope en meteoriese groei, is deesdae ook die duurste stad in Afrika.

Waar slawe eens die kontinent vaarwel geroep het, het die stygende olieprys kontant gebring wat daagliks meer opmerklik raak.

'n Lappie grond in Lagos is haas onbekombaar en die Amerikaanse konsultasiefirma Mercer sê die stad is nou duurder as Los Angeles, Miami en Washington. Terwyl alle stede in Afrika af beweeg het op die lys van duur stede, is Lagos sewe plekke hoër.

Selfs die duur Europese stede soos Stockholm en Barcelona is meer bekostigbaar. Die astronomiese pryse van goedere is des te meer skokkend omdat die gemiddelde inwoner van Nigerië op ongeveer R15 per dag oorleef.

'n Ete by 'n gewone restaurant kos R1 600 en 'n drankie kos R120. 'n Pak ontbytkos by die supermark sal jou R96 uit die sak jaag en 'n hotelkamer teen R3 200 is 'n winskopie.

'n Nuwe BMW, Mercedes of Bentley wat voortsukkel oor die klippe en gate in die paaie is geen snaaksigheid nie en horlosies teen R80 000 of selfone teen R40 000 by die blinknuwe inkopiesentrums wat oral floreer is alledaags. 'n Woonstel om te huur sal R48 000 per maand kos.

Maar hoë pryse beteken nie noodwendig goeie kwaliteit nie. Die stad was opgerig om 100 000 inwoners te kan huisves en vandag woon daar 'n geraamde 14 miljoen mense. Dit veroorsaak dat water- en elektrisiteitstoevoer onbetroubaar is, selfs vir die rykste inwoner.

Meer as 70% van Lagos se inwoners leef steeds in krotte en danksy die hoë vlak van korrupsie is nie eens 'n onderwyser seker van 'n salaris aan die einde van die maand nie.

медицинская справка дляФільчаков прокурор

Bush stuur hulp na Georgi

George W. Bush  het gelas dat die VSA se weermag 'n "energieke" humanitêre missie na Georgië lei. 'n Amerikaanse vragvliegtuig het gister op Tsibilisi geland en nog lug- en seemagte word eersdaags verwag.

Nadat die VSA eers 'n relatief onbekende bemiddelaar wou stuur om die geskilpunte aan te spreek, het Washington nou uiteindelik besluit om me. Rice in te span.

Maar die Pentagon het beweringe van Mikheil Saakashwili, die Georgiese president, ontken dat die VSA beheer oor Georgië se lughawens en hawens gaan oorneem.

Condoleezza Rice sal vandag in Parys aandoen om met president Nicolas Sarkozy samesprekinge te hou. Die Franse president het homself tot dusver met die probleem bemoei.

 
Nadat Sarkozy Woensdag aangekondig het dat hy die onmoontlike bereik het met sy sespuntvredesplan, het die Russe dieper in Georgië ingedring en reggemaak om Gori, die mees strategiese stad, binne te val.

Sarkozy, volgens sy eie beskrywing 'n baie gemiddelde leerling op skool, kon volgens Georgiese afgevaardigdes by die vredesamesprekinge nie eens vir Rusland oortuig om tot 'n tydskaal in te stem nie.

By 'n noodvergadering in Brussel het die Europese Unie se buitelandse ministers die vredesooreenkoms tussen Rusland en Georgië ondersteun en gesê dat vredesmagte welkom sal wees indien die VN daartoe instem.

Sergei Lawrof, Rusland se minister van buitelandse sake, sê Rusland is nie gekant teen addisionele vredesmagte nie, maar sal nie uit Suid-Ossetië onttrek nie.

Groot Brittanje het gister probeer om die morele hoëgrond te beklee deur uit militêre seeoefeninge met Rusland te onttrek omdat hulle dit as "hoogs ontoepaslik" beskryf "onder huidige omstandighede".

Mnr Saakashwili het die Weste gekritiseer omdat hulle nie fel genoeg teen Rusland gereageer het nie en gesê dat Georgië tans in 'n gevolmagtigde oorlog tussen die Weste en Rusland gebruik word.

освещением лестницыФильчаков Александр Васильевич

Amerikaanse milit?re instrukteurs in Georgi

Duisende huursoldate veg vir Georgië in Suid-Ossetië.

Hulle is deur Amerikaanse militêre instrukteurs beheer, volgens 'n Russiese offisier met 'n hoë rang.

Omtrent 2 500 tot 3 000 huursoldate het aan Georgië se kant geveg, het hy gesê.

Amerikaanse militêre instrukteurs beskik oor bevel en beheer van die huursoldate en koördineer hulle optrede sonder om self aan die geveg deel te neem.

'n Amerikaanse huursoldaat is deur die Russiese magte gevange geneem, tesame met 'n aantal Georgiese soldate, volgens die Russiese nuuswebwerf Izwestia.

Die huursoldaat is 'n Afro-Amerikaanse NAVO-instrukteur en 'n voorradespesialis. Hy is nou na die Russiese basis van Wladikawkaz oorgeplaas.

Izwestia het ook vorige berigte oor dooie swart Amerikaners in Tskhinwali, die hoofstad van Suid-Ossetië, bevestig.

игры для мальчика 6 летлобановский александр отзывы

China onderteken olietransaksie met Irak

Irak en China gaan die $1,2 miljardolietransaksie laat herleef wat ná die Amerikaans geleide inval in 2003 gekanseller is.

Irak se olieministerie het gesê 'n aanvanklike ooreenkoms met China sal na verwagting aan die einde van Augustus onderteken word om die miljardvat- Ahdab-olieveld suid van Bagdad te ontwikkel.

Die aankondiging het gekom na 'n vergadering tussen die Irakese olieminister en die Chinese ambassadeur in Bagdad.

In 1997 het Saddam Hoessein se regering 'n ooreenkoms met die staatsbeheerde China-nasionale Petroleumkorporasie onderteken, ondanks VN-sanksies.

Die twee lande het samesprekinge in Oktober 2006 hervat.

услуги детектор лжиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Castro word 82

ImageDie voormalige Kubaanse leier Fidel Castro het gister 82 geword.

Hy bly 'n wêreld- en nasionale figuur hoewel hy om gesondheidsredes nie meer staatshoof is nie.

Nadat hy vir byna 50 jaar geheers het, het sy broer Raul Castro in Februarie as president oorgeneem.

Raul gee vir sy broer vooraf sy toesprake om hulle na te sien.

Die broederlike verhouding hou Fidel Castro naby aan die mag, maar hoeveel invloed hy steeds uitoefen, is debatteerbaar.

Vele mense glo dat Fidel, deur te poog om Kuba op die pad van sosialisme te hou, die ekonomiese hervormings kortwiek wat Raul onderneem het toe hy aan die mag gekom het.

Ander sê weer hy is nie meer werklik 'n faktor nie.

pearl and crystaltopcargo