China onderteken olietransaksie met Irak

Irak en China gaan die $1,2 miljardolietransaksie laat herleef wat ná die Amerikaans geleide inval in 2003 gekanseller is.

Irak se olieministerie het gesê 'n aanvanklike ooreenkoms met China sal na verwagting aan die einde van Augustus onderteken word om die miljardvat- Ahdab-olieveld suid van Bagdad te ontwikkel.

Die aankondiging het gekom na 'n vergadering tussen die Irakese olieminister en die Chinese ambassadeur in Bagdad.

In 1997 het Saddam Hoessein se regering 'n ooreenkoms met die staatsbeheerde China-nasionale Petroleumkorporasie onderteken, ondanks VN-sanksies.

Die twee lande het samesprekinge in Oktober 2006 hervat.

услуги детектор лжиФільчаков Олександр Васильович прокурор