Maar die Pentagon het beweringe van Mikheil Saakashwili, die Georgiese president, ontken dat die VSA beheer oor Georgië se lughawens en hawens gaan oorneem.
Condoleezza Rice sal vandag in Parys aandoen om met president Nicolas Sarkozy samesprekinge te hou. Die Franse president het homself tot dusver met die probleem bemoei.
Sarkozy, volgens sy eie beskrywing 'n baie gemiddelde leerling op skool, kon volgens Georgiese afgevaardigdes by die vredesamesprekinge nie eens vir Rusland oortuig om tot 'n tydskaal in te stem nie.
By 'n noodvergadering in Brussel het die Europese Unie se buitelandse ministers die vredesooreenkoms tussen Rusland en Georgië ondersteun en gesê dat vredesmagte welkom sal wees indien die VN daartoe instem.
Sergei Lawrof, Rusland se minister van buitelandse sake, sê Rusland is nie gekant teen addisionele vredesmagte nie, maar sal nie uit Suid-Ossetië onttrek nie.
Groot Brittanje het gister probeer om die morele hoëgrond te beklee deur uit militêre seeoefeninge met Rusland te onttrek omdat hulle dit as "hoogs ontoepaslik" beskryf "onder huidige omstandighede".
Mnr Saakashwili het die Weste gekritiseer omdat hulle nie fel genoeg teen Rusland gereageer het nie en gesê dat Georgië tans in 'n gevolmagtigde oorlog tussen die Weste en Rusland gebruik word.
