Die veteraan-verregse partyleier, Jean-Marie Le Pen, het vandeesweek gesê dat hulle die geld dringend nodig het.
Van die Front National se bankrekeninge is bevries as gevolg van dispute met krediteure.
Le Pen het reeds sy koeëlvaste motor op 'n eBay-veiling verkoop om fondse in te samel voordat hy tot die verkoop van die hoofkwartier ingestem het.
Die party het die waarde van die gebou op die oewer van die Seinerivier op 20 miljoen euro oftewel R240 miljoen geskat.
Le Pen het nie gesê hoeveel die Chinese universiteit daarvoor gaan betaal nie.
