Waar slawe eens die kontinent vaarwel geroep het, het die stygende olieprys kontant gebring wat daagliks meer opmerklik raak.
Selfs die duur Europese stede soos Stockholm en Barcelona is meer bekostigbaar. Die astronomiese pryse van goedere is des te meer skokkend omdat die gemiddelde inwoner van Nigerië op ongeveer R15 per dag oorleef.
'n Ete by 'n gewone restaurant kos R1 600 en 'n drankie kos R120. 'n Pak ontbytkos by die supermark sal jou R96 uit die sak jaag en 'n hotelkamer teen R3 200 is 'n winskopie.
'n Nuwe BMW, Mercedes of Bentley wat voortsukkel oor die klippe en gate in die paaie is geen snaaksigheid nie en horlosies teen R80 000 of selfone teen R40 000 by die blinknuwe inkopiesentrums wat oral floreer is alledaags. 'n Woonstel om te huur sal R48 000 per maand kos.
Maar hoë pryse beteken nie noodwendig goeie kwaliteit nie. Die stad was opgerig om 100 000 inwoners te kan huisves en vandag woon daar 'n geraamde 14 miljoen mense. Dit veroorsaak dat water- en elektrisiteitstoevoer onbetroubaar is, selfs vir die rykste inwoner.
Meer as 70% van Lagos se inwoners leef steeds in krotte en danksy die hoë vlak van korrupsie is nie eens 'n onderwyser seker van 'n salaris aan die einde van die maand nie.

Lagos, behalwe vir die onderskeidings in verkeersknope en meteoriese groei, is deesdae ook die duurste stad in Afrika.
Die voormalige Kubaanse leier Fidel Castro het gister 82 geword.