praag.co.za

Montreal ervaar woedende immigrante

Onluste het Sondag uitgebreek tussen jeugdiges in Montreal-Noord, wat 'n oorwegend Haïtiaanse woonbuurt is.

Die geweld het uitgebreek ná 'n vreedsame gemeenskapsbetoging teen die polisie wat Saterdag drie mense geskiet het.

Mans en vroue van alle ouderdomme het deur die gebreekte vensters van 'n pandjieswinkel, 'n kruidenierswinkel en 'n slaghuis gekruip en alles gegryp wat hulle kon.

Hulle kon gesien word waar hulle straataf met televisiestelle, sigaretkartonne en stukke vleis hardloop.

Ongeveer 25 persent van Montreal-noord se inwoners is immigrante. Byna 15 persent is swart en 3,5 persent is Latyns-Amerikaners, volgens sensusdata.

In April vanjaar het 'n feesviering van 'n Nasionale Hokkieliga-uitspeelwedstryd gewelddadig geraak toe mense polisiemotors aan die brand gesteek het en winkels geplunder het. Die polisie het 56 mense in verband met die onluste in hegtenis geneem.

детские зимние комбинезоны для девочекДанильченко Юрий прокурор

Comments

Leave a Reply